Lied 154
Jehovah, ons Skepper
1. Jehovah het die aarde met groot sorg gemaak.
Hy stel toe die mens aan om daaroor te waak.
Die leërskare engele was opgetoë.
Die eindproduk is steeds ’n lus vir die oë.
2. God sal ’n paradys op die aarde herstel,
Want hy het dit lankal in sy Woordvoorspel.
Die sonde is die oorsaak van siekte en dood.
Maar nou gaan Jehovah ons red uit ons nood.
3. Die koms van God se Koninkryk maak alles wel.
Ons kan nie meer wag vir sy nuwe bestel.
Die goeie nuus vertel ons met vreugde en moed
Om soekers na waarheid met GodsWoord te voed.
4. Ons oëis gevestig op God wat al’s sien,
Want hy is ons Skepper wat hulde verdien.
Sy hande werk getuig van sy wysheid en mag.
Ons loof hom en dien hom met hart,siel en krag.