Lied 137
Die vasgestelde tyd kom nader
1. O Jehovah,heil’ge God,
Ons Rots so onversaag.
Gou sal u uit Sion brul;
U oordeel is nie traag.
En al sou dit ook vertoef,
Verhaas ons daardie dag.Ja,
Wyl die einde nader spoed,
Sal ons geduldig wag.
2. Weldra sal Jehovah God
Die stryd vir waarheid stry.
Hier op aard’sien ons oplaas
Rein godsdiens weer gedy.
Boos- aards kan te kere gaan
En ons oorlaai met hoon;
U Vasgestelde tyd is hier
Om u grootkrag te toon.
3. God Almagtig,Soewerein,
Jehovah is u naam.
Laat die ganse mensdom swyg
En leer van u groot faam.
Deur u Seun se Koninkryk
Sorg u dat reg geskied.
En Met die Vredevors oor ons
Sal mense rus geniet.
4. Vreugdevol sing ons tot u;
Geen mens kan ons belet.
Saam met Christus trek u uit;
U gaan die mensdom red.
U oorwinning strek tot eer
Van u groot majesteit.
Ja, Ons het nou gekom by
God Se vasgestelde tyd.