Prente van die wêreldhoofkwartier en vername takkantore van Jehovah se Getuies
WÊRELDHOOFKWARTIER VAN JEHOVAH SE GETUIES
[Prente op bladsy 352, 353]
Die wêreldwye bedrywigheid van Jehovah se Getuies word sedert 1909 uit Brooklyn, New York, VSA, gerig. Die hoofkwartier se kantore is sedert 1980 in hierdie geboue
[Prent op bladsy 352]
Wagtoring-opleidingsentrum, by Patterson, New York (in aanbou in 1992)
[Prent op bladsy 353]
Party van die woongeboue vir die duisende wat by die wêreldhoofkwartier dien
[Prente op bladsy 354]
Vroeëre hotelle in Brooklyn is opgeknap om huisvesting aan nog 1 476 vrywilligers te verskaf
[Prente op bladsy 354]
Huisvesting vir Bethelgesinslede in Wallkill, New York
[Prente op bladsy 354, 355]
In hierdie fabrieksgeboue (in Brooklyn, New York) word Bybels, boeke en brosjures in 180 tale vir wêreldwye verspreiding gedruk
[Prente op bladsy 356]
Miljoene oudiokassette met Bybelmateriaal word elke jaar in hierdie fabriek in Brooklyn vervaardig. Die versending word ook van hier af gekoördineer. Meer as 15 000 ton Bybellektuur en ander materiaal word jaarliks na alle wêrelddele versend
[Prente op bladsy 356]
In hierdie fabriek by Watchtower Farms, naby Wallkill, New York, word daar jaarliks honderdmiljoene eksemplare van “Die Wagtoring” en die “Ontwaak!” in 14 tale gedruk
Jehovah se Getuies en die wetlike korporasies wat deur hulle gebruik word, het kantore en drukkerye in baie wêrelddele. Prente op die volgende bladsye toon baie van hierdie fasiliteite, maar nie almal nie. Waar nuwe geboue in 1992 in aanbou was, word ontwerptekeninge getoon. Gegewe statistiek geld vir 1992.
NOORD-AMERIKA EN DIE WES-INDIESE EILANDE ALASKA
[Prent op bladsy 357]
Besoekers aan die Genootskap se takkantoor word hartlik verwelkom. Hier in Alaska, soos elders, preek Jehovah se Getuies van huis tot huis, hoewel die temperatuur soms tot -50° C daal
[Prent op bladsy 357]
Vliegtuig wat gebruik word om Koninkryksverkondigers na afgeleë dele van die gebied te neem
BAHAMAS
[Prent op bladsy 357]
Wagtoringpublikasies het die Bahamas teen 1901 bereik. Gereelde getuieniswerk is in 1926 vir die eerste keer hier gedoen. Sedertdien is daar baie meer as 4 600 000 stukke Bybellektuur op die eilande versprei waaroor hierdie kantoor nou toesig hou.
BARBADOS
[Prente op bladsy 358]
Meer as 140 godsdiensgroepe in Barbados beweer dat hulle Christene is. Sedert 1905 help Jehovah se Getuies mense hier om self te sien wat die Bybel sê.
BELIZE
[Prente op bladsy 358]
Ongeveer die helfte van die bevolking van Belize woon op die platteland. Om sekere binnelandse dorpies te bereik, onderneem Jehovah se Getuies elke jaar ’n reis te voet met rugsakke en aktetasse.
COSTA RICA
[Prent op bladsy 358]
Die Genootskap het in 1944 ’n takkantoor in Costa Rica gestig. Sedert die vyftigerjare is daar duisende Costaricane wat die ware godsdiens beoefen.
DOMINIKAANSE REPUBLIEK
[Prente op bladsy 359]
Wagtoringlektuur is reeds in 1932 hier versprei. Maar persoonlike onderrigting van belangstellendes het in 1945 begin toe die sendelinge (links) hier aangekom het. In onlangse jare, toe tienduisende mense gretig begin word het om die Bybel saam met die Getuies te studeer, moes hierdie takfasiliteite gebou word.
EL SALVADOR
[Prente op bladsy 359]
’n Bietjie getuieniswerk is in 1916 hier gedoen. Maar dit was eers in 1945 dat ten minste een persoon in El Salvador gereed was om Christenwaterdoop te ondergaan (soos hier getoon word). Sedertdien het nog duisende knegte van Jehovah geword.
GUADELOUPE
[Prente op bladsy 359]
Die verhouding van verkondigers tot die bevolking in hierdie takkantoor se gebied is een van die beste ter wêreld. Baie mense in Guadeloupe ontvang die goeie nuus met waardering.
KANADA
[Prente op bladsy 360, 361]
Die Genootskap se kantoor in Kanada hou toesig oor die verkondiging van die goeie nuus in die tweede grootste land ter wêreld. Daar is ver oor die 100 000 Koninkryksverkondigers in hierdie land bedrywig.
Administrasiegebou (met ’n foto wat die huidige takkantoorkompleks oorvleuel)
[Prent op bladsy 360]
Noordwestelike gebiede
[Prent op bladsy 360]
Houtkapperskampe van Brits-Columbië
[Prent op bladsy 360]
Beesplase van Alberta
[Prent op bladsy 361]
Frans-Quebec
[Prent op bladsy 361]
Kusprovinsies
GUATEMALA
[Prente op bladsy 360]
Hoewel Spaans die amptelike taal in Guatemala is, word ’n verskeidenheid ingewikkelde Indiaanse tale hier gepraat. Die Genootskap se kantoor probeer seker maak dat elkeen die geleentheid kry om van God se Koninkryk te hoor.
HAÏTI
[Prente op bladsy 361]
Dit verskaf Jehovah se Getuies in Haïti groot vreugde om Jehovah te dien ten spyte van die dikwels moeilike omstandighede waarmee hulle te kampe het.
HONDURAS
[Prente op bladsy 362]
Sedert 1916 is daar al baie meer as 23 000 000 uur daaraan gewy om inwoners van hierdie land in die Bybel te onderrig. Soms moes Jehovah se Getuies mense ook leer lees en skryf (soos hier gesien kan word) sodat hulle self God se Woord kan bestudeer.
JAMAIKA
[Prente op bladsy 362]
Honderde in Jamaika het toegewyde knegte van Jehovah geword toe die toekomstige erfgename van die hemelse Koninkryk ingesamel is. Sedert 1935 het nog duisende begin om die Koninkryksboodskap te verkondig. Hierdie takkantoor word gebou om in hulle geestelike behoeftes te help voorsien.
BENEDEWINDSE EILANDE (ANTIGUA)
[Prent op bladsy 362]
Die goeie nuus is reeds in 1914 op die eilande verkondig wat nou onder toesig van hierdie kantoor is. Mense in hierdie wêrelddeel is sedertdien keer op keer genooi om ‘die water van die lewe verniet te neem’.—Openb. 22:17.
MEXIKO
[Prent op bladsy 363]
Nuwe sentrum vir Bybelonderrigting wat deur Jehovah se Getuies in Mexiko opgerig word.
[Prent op bladsy 363]
Kantoorfasiliteite wat in 1992 in gebruik was
[Prente op bladsy 363]
Bybellektuur wat hier gedruk word, voorsien in die behoeftes van meer as 410 000 ywerige Getuies in Mexiko en ander nabygeleë Spaanssprekende lande
[Prent op bladsy 363]
Van 1986 tot 1992 is ruim 10 persent van die tuisbybelstudies wat deur Getuies wêreldwyd gehou is in Mexiko gehou, en baie daarvan met gesinne
[Grafiek op bladsy 363]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Bybelstudies in Mexiko
500,000
250,000
1950 1960 1970 1980 1992
MARTINIQUE
[Prente op bladsy 364]
Saadjies van waarheid is reeds in 1946 hier gesaai. Maar toe Xavier en Sara Noll (op die foto) in 1954 van Frankryk af gekom het, kon hulle hier aanbly en die belangstellendes help. Teen 1992 het meer as 3 200 mense die Koninkryksboodskap saam met hulle verkondig.
NEDERLANDS-ANTILLE (CURAÇAO)
[Prent op bladsy 364]
Drie-en-twintig sendelinge het al in hierdie takkantoor se gebied gedien. Twee van die oorspronklike groep (op die foto) wat in 1946 hier aangekom het, was in 1992 steeds besig met die werk.
NICARAGUA
[Prent op bladsy 364]
Jehovah se Getuies in Nicaragua het van 1945 af begin toeneem toe die sendelinge daar aangekom het. Teen 1992 was daar meer as 9 700. Die mense wat wil hê dat die Getuies hulle in die Bybel moet onderrig, is nou baie meer as die plaaslike Getuies.
PANAMA
[Prente op bladsy 365]
Sedert die einde van die 19de eeu word die mense in Panama gehelp om van God se vereistes vir die ewige lewe te leer.
PUERTO RICO
[Prent op bladsy 365]
Sedert 1930 is daar meer as 83 000 000 stukke Bybellektuur in Puerto Rico versprei, en 25 000 000 herbesoeke is gedoen om belangstellendes verder te help. Die vertaalwerk wat hier gedoen word, help om Bybellektuur aan sowat 350 000 000 Spaanssprekende mense regoor die wêreld beskikbaar te stel.
TRINIDAD
[Prente op bladsy 365]
Die goeie nuus is in 1912 reeds intensief in Trinidad verkondig. Baie Getuies, onder andere hierdie drie wat by die Gileadskool opgelei is, het hulle voltyds aan hierdie werk gewy.
SUID-AMERIKA
ARGENTINIË
[Prente op bladsy 366]
’n Koninkryksverkondiger is die eerste keer in 1924 na hierdie land toe gestuur. Baie hulp is later deur Gileadopgeleide sendelinge verleen, onder andere Charles Eisenhower (op die foto), wat in 1948 saam met sy vrou hier aangekom het. Teen 1992 is daar vanuit hierdie fasiliteite algemene toesig gehou oor asook Bybellektuur voorsien aan meer as 96 000 Getuies van Jehovah in Argentinië. Lektuur word ook hiervandaan aan die meer as 44 000 Getuies in Chili gestuur.
BOLIVIA
[Prente op bladsy 367]
Boliviane hoor die Koninkryksboodskap al sedert 1924. Duisende ontvang Bybellektuur met waardering en vind baat by gereelde tuisbybelstudies.
CHILI
[Prente op bladsy 367]
Wagtoringlektuur het Chili teen 1919 bereik. Die predikingswerk waaroor hierdie kantoor toesig hou, strek nou van die winderige skaapplase in die suide tot by die afgeleë mynkampe in die noorde, van die Andes tot by die oseaan.
ECUADOR
[Prente op bladsy 367]
Meer as 870 Getuies (soos die twee hierbo) wat hulle geboorteland verlaat het om te dien waar hulp nodig is, het ’n vername bydrae tot die verkondiging van die goeie nuus in Ecuador gelewer. Hierdie tak voorsien nou hulp aan meer as 22 000 ywerige lowers van Jehovah.
BRASILIË
[Prente op bladsy 368, 369]
In 1992, toe die Genootskap se takkantoor, drukkery en Bethelhuis tot hierdie grootte vergroot is, het Jehovah se Getuies in Brasilië meer as 335 000 getel en meer as 27 000 dissipels jaarliks gedoop. Die drukkery hier voorsien ook lektuur vir verspreiding in Bolivia, Paraguay en Uruguay.
[Prente op bladsy 369]
Twee groot stadions wat vir ’n internasionale byeenkoms van Jehovah se Getuies in 1990 in Sao Paulo gebruik is; meer as 100 bykomende byeenkomste is ook gereël
[Grafiek op bladsy 369]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Koninkryksverkondigers in Brasilië
300,000
200,000
100,000
1950 1960 1970 1980 1992
GUYANA
[Prente op bladsy 368]
Die Genootskap het sedert 1914 ’n takkantoor in Guyana. Die Getuies het reeds ver in die binneland ingegaan en almal die geleentheid probeer gee om die goeie nuus te hoor. Hoewel die land se bevolking nou nog nie eens ’n miljoen is nie, het die Getuies al meer as 10 000 000 uur in hierdie land aan die predikings- en onderrigtingswerk gewy.
PARAGUAY
[Prente op bladsy 369]
Die goeie nuus is in die middel-twintigerjare reeds in Paraguay verkondig. Sedert 1946 het 112 Gileadopgeleide sendelinge gehelp om die getuieniswerk te doen. Ander Getuies het ook aangebied om van ander lande af te kom sodat ander taalgroepe buiten die plaaslike Spaanse en Guarani-groepe bereik kan word.
Uit Japan
Uit Korea
Uit Duitsland
COLOMBIA
[Kaart/Prente op bladsy 370, 371]
Reeds in 1915 is ’n Wagtoringpublikasie aan ’n belangstellende man in Colombia gepos. Teen 1992 is Bybellektuur wat in hierdie fasiliteite gedruk word, versend om in die behoeftes te voorsien van meer as 184 000 evangeliedienaars in Colombia, Ecuador, Panama, Peru en Venezuela.
[Kaart]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
COLOMBIA
PERU
ECUADOR
PANAMA
VENEZUELA
PERU
[Prent op bladsy 370]
’n Besoekende Bybelstudent het reeds in 1924 Bybellektuur in Peru versprei. Die eerste gemeente is 21 jaar later hier gestig. Nou is daar meer as 43 000 bedrywige verkondigers van God se Koninkryk in Peru.
[Prent op bladsy 370]
Pioniers doen die predikingswerk hoog in die Andes
SURINAME
[Prente op bladsy 371]
Die eerste studiegroep is in ongeveer 1903 hier gevorm. Vandag hou hierdie tak toesig oor gemeentes wat deur die hele land versprei is—in primitiewe gebiede, die platteland en die stad.
URUGUAY
[Prente op bladsy 372]
Sedert 1945 het meer as 80 sendelinge tot die verkondiging van die Koninkryk in Uruguay bygedra. Dié wat hier verskyn, dien sedert die vyftigerjare in Uruguay. Teen 1992 het meer as 8 600 plaaslike Getuies saam met hulle gedien.
VENEZUELA
[Prent op bladsy 372]
’n Paar stukke Wagtoringlektuur is in die middel-twintigerjare in Venezuela versprei. ’n Dekade later het ’n pionierspan, ’n ma en dogter, uit die Verenigde State ’n tydperk van ywerige predikingswerk hier begin en die hoofstad herhaaldelik gedek asook dorpe deur die hele land besoek. Nou is daar meer as 60 000 bedrywige Getuies in Venezuela.
[Prent op bladsy 372]
Arena in Valencia met ’n skare van 74 600 vir ’n spesiale byeenkoms in 1988
EUROPA EN DIE MIDDELLANDSE SEE-STREEK
OOSTENRYK
[Prent op bladsy 373]
Sommige mense in Oostenryk is reeds in die 1890’s die geleentheid gegee om by die goeie nuus baat te vind. Sedert die 1920’s was daar ’n matige maar bestendige toename in die aantal lowers van Jehovah in hierdie land.
[Prent op bladsy 373]
Meer as 270 gemeentes kom in Koninkryksale dwarsdeur Oostenryk bymekaar
BELGIË
[Prente op bladsy 373]
België het een van die kruispaaie van die wêreld geword. Om na die uiteenlopende bevolking hier om te sien, versprei hierdie tak Bybellektuur in meer as 100 tale.
BRITTANJE
[Prente op bladsy 374]
Die bedrywigheid van meer as 125 000 Getuies van Jehovah in Brittanje word onder toesig van hierdie takkantoor gedoen. Getuies uit Brittanje het ook toewysings in ander Europese lande sowel as in Afrika, Suid-Amerika, Australië, die Ooste en eilande van die see aanvaar om die Koninkryksboodskap te verkondig.
IBSA House
Watch Tower House
[Prente op bladsy 374]
Bybellektuur word hier in Engels, Maltees, Goedjarati en Swahili gedruk
[Prent op bladsy 374]
Die Diensafdeling sien om na meer as 1 300 gemeentes in Brittanje
[Prente op bladsy 374]
Lektuurvoorrade word na alle dele van Engeland, Skotland, Wallis, Ierland en Malta, asook plekke in Afrika en die Karibiese Eilande, gestuur
FRANKRYK
[Prente op bladsy 375]
Die vertaal- en fotosetwerk van al die Wagtoringpublikasies wat wêreldwyd vir Franssprekendes gedruk word, word by die tak in Frankryk gedoen. (Meer as 120 000 000 mense praat Frans.) Lektuur word hier gereeld in ’n verskeidenheid tale gedruk en na lande in Europa, Afrika, die Midde-Ooste, die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan versend.
Drukkery/kantoor in Louviers
Vertaalwerk
Fotosetwerk
[Prent op bladsy 375]
Kantoor/woongebou in Boulogne-Billancourt
[Prent op bladsy 375]
Woongebou in Incarville om die Bethelgesin te huisves
DUITSLAND
[Prente op bladsy 376, 377]
Ondanks wrede pogings gedurende die Nazi-tydperk om Jehovah se Getuies in Duitsland uit te wis, het hulle nie hulle geloof prysgegee nie. Sedert 1946 het hulle meer as 646 000 000 uur daaraan gewy om Bybelwaarheid dwarsdeur die land te verkondig.
Groter fasiliteite by Selters/Taunus
[Prent op bladsy 376]
Benewens die vertaling van Bybellektuur in Duits druk hierdie tak in Selters/Taunus lektuur in meer as 40 tale
[Prent op bladsy 377]
Groot hoeveelhede lektuur wat hier gedruk word, word gereeld na meer as 20 lande versend; tydskrifte word in baie tale gedruk en na meer as 30 lande gestuur
[Prent op bladsy 377]
Die Genootskap se eie vragmotors word gebruik om lektuur deur die hele Duitsland af te lewer
CIPRUS
[Prent op bladsy 376]
Kort ná Jesus Christus se dood is die goeie nuus aan die mense van Ciprus verkondig (Hand. 4:32-37; 11:19; 13:1-12). In hedendaagse tye is daardie predikingswerk hervat, en ’n deeglike getuienis word steeds onder leiding van hierdie takkantoor gegee.
DENEMARKE
[Prente op bladsy 377]
Sedert die 1890’s word daar uitgebreide getuieniswerk in Denemarke gedoen. Bybellektuur word hier nie net in Deens nie, maar ook in Faroëes, Groenlands en Yslands gedruk.
Lugfoto van die tak (ingang op inlas)
ITALIË
[Prente op bladsy 378, 379
Italiaanse Bybellektuur word hier vertaal en gedruk. Hierdie tak druk en bind boeke vir gebruik in veral Italië en ander nabygeleë lande.
Verskillende aansigte van die takfasiliteite naby Rome
[Prent op bladsy 379]
Tienduisende wat gesien het wat die Bybel werklik sê, het begin om saam met Jehovah se Getuies te vergader
[Prent op bladsy 379]
Ten spyte van die volgehoue vyandigheid van die Rooms-Katolieke Kerk het Jehovah se Getuies in Italië sedert 1946 meer as 550 000 000 uur daaraan gewy om hulle bure persoonlik te besoek en die Bybel met hulle te bespreek. Gevolglik is 194 000 mense in Italië nou bedrywige aanbidders van Jehovah
FINLAND
[Prent op bladsy 378]
Bybelwaarheid het Finland in 1906 uit Swede bereik. Sedertdien is dit in elke uithoek van die land verkondig, selfs tot ver bo die Noordpoolsirkel. Baie wat hiervandaan kom, het die Gileadskool bygewoon om opgelei te word om te dien waar hulle ook al in die wêreldveld nodig is. Ander het op hulle eie verhuis om in lande te dien waar hulp nodig is.
YSLAND
[Prent op bladsy 379]
In Ysland, wat maar ’n bevolking van ongeveer 260 000 het, is meer as 1 620 000 stukke Bybellektuur versprei om mense te help om die lewe te kies. Nou dien meer as 260 Jehovah, die ware God, hier.
[Prent op bladsy 379]
Georg Lindal, wat van 1929 tot 1953 hier pionierdiens gedoen het; hy was die meeste van daardie tyd die enigste Getuie in die land
GRIEKELAND
[Prent op bladsy 380]
Die apostel Paulus was die eerste persoon wat die goeie nuus in Griekeland verkondig het (Hand. 16:9-14; 17:15; 18:1; 20:2). Hoewel die Grieks-Ortodokse Kerk die Getuies baie jare lank hewig vervolg het, is daar nou meer as 24 000 getroue knegte van Jehovah in hierdie land. Die takkantoor op die foto is sowat 64 kilometer noord van Athene.
[Prent op bladsy 380]
Getuieniswerk in Athene
[Prent op bladsy 380]
Foto wat in 1990 geneem is toe geestelikes ’n betoging teen die Getuies gelei het
IERLAND
[Prent op bladsy 380]
Daar was jare lank in Ierland baie min wat gunstig op die Bybel se boodskap gereageer het. Groot teëstand is deur die geestelikes gebied. Maar ná 100 jaar van volgehoue getuieniswerk is daar nou ’n groot geestelike oes.
Takkantoor in Dublin
[Prent op bladsy 380]
Twee pioniers wat al lank velddiens doen
POLE
[Prent op bladsy 381]
Hierdie fasiliteite word gebruik om die meer as 100 000 Getuies in Pole te help. Van 1939 tot 1945 is hulle godsdiens verbied, maar hulle het van 1 039 in 1939 tot 6 994 in 1946 toegeneem. Toe hulle werk weer in 1950 verbied is, het hulle 18 116 getel; maar kort nadat daardie verbod in 1989 opgehef is, het verslae getoon dat daar meer as 91 000 is.
[Prente op bladsy 381]
Hulle het jare lank klein byeenkomste in die woude gehou; nou vul hulle byeenkomste die land se grootste stadions —en meer as een op ’n slag
Poznan (1985)
LUXEMBURG
[Prent op bladsy 382]
Luxemburg is een van die uiters klein nasies van Europa. Maar die Koninkryksboodskap word ook al sowat 70 jaar hier verkondig. Hulp is veral voor die Tweede Wêreldoorlog verleen deur Getuies wat uit Duitsland, Frankryk en Switserland gekom het.
NEDERLAND
[Prente op bladsy 382]
Vanuit hierdie tak in Emmen word daar toesig gehou oor die bedrywigheid van meer as 32 000 ywerige Getuiesin Nederland. Die vertaling van alle publikasies in Hollands word in hierdie geboue gedoen. Baie van die reproduksie van Bybelse videokassette in Europese tale word ook hier behartig.
NOORWEË
[Prente op bladsy 383]
Honderd jaar gelede het ’n Noorweër wat na Amerika verhuis en Bybelwaarhede daar geleer het daardie goeie nuus na sy tuisdorp teruggebring. Sedertdien het Jehovah se Getuies elke deel van Noorweë keer op keer besoek om met mense oor God se Koninkryk te praat.
PORTUGAL
[Prent op bladsy 383]
Nadat die regering ’n konkordaat met die Vatikaan onderteken het, het die polisie dekades lank Getuies in hegtenis geneem en hulle sendelinge gedeporteer. Maar die oorblywende Getuies het steeds hulle vergaderinge gehou, vir ander gepreek en toegeneem. Hulle is eindelik, in 1974, wetlik erken.
Hierdie kantoor hou toesig oor die bedrywigheid van meer as 40 000 Getuies in Portugal. Dit het ook die Afrikalande wat sterk bande met Portugal gehad het baie gehelp
[Prent op bladsy 383]
Internasionale byeenkoms wat in 1978 in Lissabon gehou is
SWEDE
[Prent op bladsy 383]
Jehovah se Getuies preek al meer as 100 jaar in Swede. Die afgelope tien jaar het hulle meer as 38 000 000 uur aan hierdie bedrywigheid gewy. Baie gemeentes in Swede praat nou enige van ’n stuk of twaalf tale buiten Sweeds.
[Prent op bladsy 383]
Om alle soorte mense in Swede te help, word publikasies hier in 70 tale in voorraad gehou
SPANJE
[Prent op bladsy 384]
Hierdie tak sien om na meer as 92 000 Getuies in Spanje. “Die Wagtoring” en die “Ontwaak!” vir Spanje asook vir Portugal word hier gedruk. Ten spyte van die meedoënlose pogings van die Katolieke geestelikes om die Staat te gebruik om Jehovah se Getuies te keer, verkondig die Getuies Bybelwaarhede al sedert 1916 aan die Spanjaarde. Eindelik, in 1970, toe Jehovah se Getuies in Spanje meer as 11 000 getel het, het hulle wetlike erkenning verkry. Sedertdien het hulle getalle omtrent agtvoudig toegeneem.
[Prent op bladsy 384]
Meer as 1 100 gemeentes kom nou vryelik bymekaar in Koninkryksale wat regoor die land aangetref word
SWITSERLAND
[Prent op bladsy 384]
Die Wagtoringgenootskap het sedert 1903 ’n kantoor in Switserland. Hierdie land het een van die Genootskap se eerste Europese drukkerye gehad. Die tak hier in Thun het baie jare lank tydskrifte vir gebruik in talle ander lande gedruk.
AFRIKA
BENIN
[Prent op bladsy 385]
Benin bestaan uit sowat 60 etniese groepe 50 dialekte praat. Toe duisende van hierdie mense hulle bande met hulle vorige godsdienste verbreek het, het dit die fetisjpriesters asook die geestelikes van die Christendom woedend gemaak. Maar herhaaldelike vlae van vervolging het nie die groei van ware aanbidding in hierdie land gekeer nie.
[Prent op bladsy 385]
Byeenkoms wat in 1990 gehou is
SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK
[Prent op bladsy 385]
Mense is hier reeds in 1947 met die Koninkryksboodskap bereik. ’n Man wat iewers anders ’n paar Getuievergaderinge bygewoon het, het aan ander vertel wat hy geleer het. Spoedig was daar ’n studiegroep, en diegene wat dit bygewoon het, het gou getuieniswerk begin doen, en die aanbidders van Jehovah het toegeneem.
CÔTE D’IVOIRE
[Prente op bladsy 386]
Gileadopgeleide sendelinge het gehelp om ware aanbidding in 1949 in hierdie Wes-Afrikaanse land in te bring. Daar het al meer as honderd sulke sendelinge hier gedien. Jaarliks word daar nou baie meer as ’n miljoen uur daaraan gewy om mense wat na die waarheid honger en in die gebied woon wat deur hierdie takkantoor bedien word te soek.
GHANA
[Prent op bladsy 386, 387]
Daar is in 1924 met die verkondiging van die goeie nuus in Ghana begin. Nou hou hierdie kantoor in Akkra toesigoor meer as 640 gemeentes in Ghana. Hulle sorg ook vir die vertaling en druk van Bybellektuur in Ewe, Ga en Twi.
[Prent op bladsy 387]
Vergadering in die Koninkryksaal langs die takkantoor
KENIA
[Kaart/Prent op bladsy 387]
In 1931 het twee Getuies van Jehovah van Suid-Afrikaaf gereis om in Kenia te preek. Sedert 1963 het die Genootskap se kantoor in Kenia, op verskillende tye, toesig gehou oor die evangelisasiewerk in baie ander lande in Oos-Afrika (soos hieronder getoon word). Internasionale byeenkomstein Kenia in 1973, 1978 en1985 het bygedra tot diegetuienis wat gegee is.
[Kaart]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
KENIA
UGANDA
SOEDAN
EHIOPIË
DJIBOUTI
SOMALIË
JEMEN
SEYCHELLE
TANZANIË
BURUNDI
RWANDA
[Prente op bladsy 387]
Byeenkoms in Nairobi (1978)
NIGERIË
[Prente op bladsy 388, 389]
Die goeie nuus word sedert die vroeë twintigerjare in hierdie land verkondig. Evangeliedienaars is ook uit Nigerië na ander dele van Wes-Afrika gestuur, en Bybellektuur wat hier gedruk word, voorsien steeds in die behoeftes van nabygeleë lande. In Nigerië self het Jehovah se Getuies meer as 28 000 000 stukke lektuur onder die mense versprei om hulle God se Woord te help verstaan.
[Prent op bladsy 388]
Van die Diensafdeling af word daar toesig gehou oor ruim 160 000 Koninkryksverkondigers in Nigerië
[Prent op bladsy 389]
Byeenkoms in Calabar, Nigerië (1990)
LIBERIË
[Prent op bladsy 388]
Die geloof van diegene wat hier Getuies van Jehovah geword het, is dikwels beproef—wanneer hulle van plaaslike bygelowe moes wegbreek, wanneer hulle poligamie moes opsê, wanneer hulle vervolg is deur amptenare aan wie leuens oor hulle vertel is en wanneer hulle hulle tussen vegtende politieke en etniese groepe bevind het. Tog verenig ware aanbidding steeds alle soorte mense in hierdie land.
MAURITIUS
[Prente op bladsy 389]
Reeds in 1933 het ywerige Getuies uit Suid-Afrika hierdie eiland in die Indiese Oseaan besoek. Daar is nou meer as duisend Getuies in Mauritius wat hulle bure aanspoor om Jehovah te soek sodat hulle sy guns mag geniet wanneer hy die teenswoordige goddelose stelsel vernietig.—Sef. 2:3.
SUID-AFRIKA
[Prent op bladsy 390]
Die Wagtoringgenootskap het al meer as 80 jaar ’n takkantoor in Suid-Afrika. Ywerige evangeliedienaars van hier af het al baie gedoen om die Koninkryksboodskap in ander lande in Suider- en Oos-Afrika te verkondig. In die gebied watvoorheen onder hierdie tak geval het (waar daar 14 674 Koninkryksverkondigers in 1945 was), is daar nou meer as 300 000 bedrywige Getuies van Jehovah.
[Prente op bladsy 391]
Meer as 110 vertalers werk onder leiding van hierdie tak om Bybellektuur in 16 Afrikatale voor te berei
[Prent op bladsy 391]
Drukwerk word hier in meer as 40 tale gedoen
SENEGAL
[Prente op bladsy 390]
Hoewel hier min Getuies is, het die takkantoor probeer toesien dat elke stad, elke etniese groep en die mense van alle godsdienste, nie net in Senegal nie, maar ook in omliggende lande, die geleentheid kry om die Bybel se hartverblydende boodskap te hoor.
SIERRA LEONE
[Prent op bladsy 391]
Die verkondiging van die goeie nuus het in 1915 in Sierra Leone begin. Die groei was soms maar stadig. Maar toe diegene wat nie aan Jehovah se hoë standaarde vasgehou het nie, verwyder is, en diegene wat nie met die regte beweegredes gedien het nie hulle aan die organisasie onttrek het, het dié wat aan Jehovah lojaal was geestelik vooruitgang gemaak.
ZAMBIË
[Prent op bladsy 392]
Hierdie takkantoor hou toesig oor die bedrywighede van meer as 110 000 Getuies in suidelike Sentraal-Afrika. Die Genootskap se eerste kantoor hier is in 1936 gestig. Sedertdien het Jehovah se Getuies in Zambië meer as 186 000 000 herbesoeke gedoen om belangstellendes verder te help. Hulle het ook talle geleer lees sodat hulle die Bybel self kan bestudeer en dit aan ander kan bekend maak.
[Prent op bladsy 392]
’n Reeks byeenkomste in Zambië in 1992 is deur 289 643 bygewoon
ZIMBABWE
[Prente op bladsy 392]
Jehovah se Getuies is sedert die twintigerjare in Zimbabwe bedrywig. Gedurende die daaropvolgende jare is hulle lektuur en hulle byeenkomste verbied en is sendelinge toestemming geweier om onder die swart bevolking te preek. Struikelblokke is geleidelik oorkom, en hierdie kantoor sien nou om na meer as 20 000 Getuies.
DIE OOSTE
HONGKONG
[Prente op bladsy 393]
Wagtoringpublikasies word hier in Chinees vertaal, wat, in sy talle dialekte, deur meer as ’n miljard mense gepraat word. In Hongkong self het die verkondiging van die goeie nuus begin toe C. T. Russell in 1912 ’n toespraak in die stadsaal gehou het.
INDIË
[Prent op bladsy 393]
Hierdie tak hou toesig oor die verkondiging van die Koninkryksboodskap aan meer as ’n sesde van die wêreldbevolking. Tans rig hierdie kantoor vertaalwerk in 18 tale en drukwerk in 19. Hieronder is Hindi (wat deur 367 miljoen mense gepraat word) asook Assamees, Bengaals, Goedjarati, Kanarees, Malabaars, Mahratti, Nepalees, Orija, Panjabi, Tamil, Teloegoe en Oerdoe (wat elk deur tienmiljoene gepraat word).
[Prente op bladsy 393]
Getuies wat in Malabaars preek
. . . in Nepalees
. . . in Goedjarati
JAPAN
[Prente op bladsy 394]
Jehovah se Getuies in Japan is, soos elders, ywerige verkondigers van God se Koninkryk. In 1992 alleen het hulle meer as 85 000 000 uur aan die verkondiging van die goeie nuus bestee. Gemiddeld ongeveer 45 persent van die Japannese Getuies neem elke maand aan die pionierdiens deel.
[Prent op bladsy 394]
Bybellektuur word hier in baie tale gedruk, onder andere Japannees, Chinees en Filippynse tale
[Prent op bladsy 394]
’n Streekingenieurskantoor help met die werk aan takfasiliteite in verskeie lande
[Grafiek op bladsy 394]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Pioniers in Japan
75,000
50,000
25,000
1975 1980 1985 1992
REPUBLIEK VAN KOREA
[Prente op bladsy 395]
Sowat 16 miljoen stukke Bybellektuur, benewens traktate, word jaarliks hier gedruk om in die behoeftes van die meer as 70 000 Getuies in die Republiek van Korea te voorsien. Ongeveer 40 persent van die Koreaanse Getuies is in die pionierdiens.
MYANMA
[Prente op bladsy 395]
Toe die Wagtoringgenootskap in 1947 ’n takkantoor hier geopen het, was daar net 24 Getuies van Jehovah in die land. Die meer as 2 000 Getuies wat nou in Myanma bedrywig is, probeer nie net om die inwoners van die stede te bereik nie, maar ook die talryker plattelandse bevolking.
FILIPPYNE
[Prent op bladsy 396]
In 1912 het C. T. Russell in Manila se Groot Operahuis oor die onderwerp “Waar is die dode?” gepraat. Sedertdien het Jehovah se Getuies meer as 483 000 000 uur daaraan gewy om vir mense op die naastenby 900 bewoonde eilande van die Filippyne te getuig. Hierdie tak hou algemene toesig oor meer as 110 000 Getuies in 3 200 gemeentes. Drukwerk word hier in agt tale gedoen om in die plaaslike behoeftes te voorsien.
[Prente op bladsy 396]
Getuies van sommige van die hooftaalgroepe in die Filippyne
SRI LANKA
[Prente op bladsy 397]
Die goeie nuus is voor die Eerste Wêreldoorlog in Ceylon (nou Sri Lanka), ten suide van Indië, verkondig. ’n Studiegroep is gou gevorm. Sedert 1953 het die Genootskap ’n takkantoor in die hoofstad om die Singalese, die Tamils en die ander etniese groepe in hierdie land die geleentheid te gee om die Koninkryksboodskap te hoor.
TAIWAN
[Prent op bladsy 397]
’n Bietjie getuieniswerk is in die twintigerjare hier gedoen. Maar dit het eers in die vyftigerjare op ’n vaster grondslag op dreef gekom. Nou word hierdie nuwe takfasiliteite gebou om as ’n sentrum vir groter bedrywigheid in hierdie wêrelddeel te dien.
[Prent op bladsy 397]
Gemeente in Taipei
THAILAND
[Prent op bladsy 397]
Gedurende die dertigerjare het pionier-Getuies uit Brittanje, Duitsland, Australië en Nieu-Seeland gekom om Bybelwaarheid aan die mense van Thailand (wat toe as Siam bekend gestaan het) te verkondig. Byeenkomsgangers uit baie lande het internasionale byeenkomste hier in 1963, 1978, 1985 en 1991 bygewoon om die plaaslike Getuies aan te moedig en die verkondiging van die Koninkryksboodskap te stimuleer.
[Prent op bladsy 397]
Byeenkoms in 1963
[Prent op bladsy 397]
Byeenkomsgangers uit ander lande in 1991
EILANDE VAN DIE STILLE OSEAAN
FIDJI
[Prent op bladsy 398]
Die kantoor in Fidji is in 1958 gestig. Dit het ’n tyd lank oor die werk in 12 lande en 13 tale toesig gehou. Nou spits die tak in Fidji hom toe op die naastenby eenhonderd bewoonde eilande van die Fidjiaanse eilandgroep.
[Prent op bladsy 398]
Internasionale byeenkomste wat in 1963, 1969, 1973 en 1978 hier gehou is, het gehelp om plaaslike Getuies nader aan dié in ander lande te bring
GUAM
[Prent op bladsy 398]
Die kantoor in Guam rig die verkondiging van die goeie nuus op eilande wat oor sowat 7 770 000 vierkante kilometer van die Stille Oseaan versprei is. Dit hou toesig oor die vertaling van Bybellektuur in nege tale.
[Prent op bladsy 398]
Die kringopsiener reis dikwels per vliegtuig tussen die eilande
[Prent op bladsy 398]
Plaaslike Getuies (soos dié hier in Mikronesië) gebruik soms boteom hulle gebied te bereik
HAWAII
[Prent op bladsy 399]
Die Wagtoringgenootskap het sedert 1934 ’n takkantoor in Honolulu. Sommige uit Hawaii het nie net aan die evangelisasiewerk op die Hawaise eilande deelgeneem nie, maar ook in Japan, Taiwan, Guam en eilande van Mikronesië.
NIEU-CALEDONIË
[Prent op bladsy 399]
Jehovah se Getuies het die boodskap van God se Koninkryk ondanks hewige teëstand van godsdiensteenstanders na Nieu-Caledonië gebring. Baie mense het met waardering geluister. Die eerste gemeente is in 1956 gestig. Nou is daar meer as 1 300 lowers van Jehovah hier.
NIEU-SEELAND
[Prent op bladsy 399]
In 1947 het die Wagtoringgenootskap ’n takkantoor in Nieu-Seeland geopen om beter toesig oor die verkondiging van die goeie nuus hier te hou.
[Prent op bladsy 399]
Die vertaalwerk wat by hierdie tak gedoen word, stel die inwoners van Samoa, Rarotonga en Niue in staat om gereeld geestelike opbouing te ontvang.
[Prent op bladsy 399]
Vertalers en proeflesers werk saam om publikasies van hoë gehalte te voorsien
AUSTRALIË
[Prente op bladsy 400]
Die Wagtoringgenootskap het sedert 1904 ’n takkantoor in Australië. In die verlede het die Australiese tak toesig gehou oor die Koninkrykspredikingswerk in byna ’n kwart van die aarde, onder andere China, Suidoos-Asië en eilande van die Stille Suidsee.
[Prent op bladsy 400]
Streekingenieurskantoor help met die takkantoorbouwerk in die Stille Suidsee en Suidoos-Asië
[Prent op bladsy 400]
Tans druk hierdie tak Bybellektuur in 25 tale. Die drukkery hier help om lektuur te voorsien aan sowat 78 000 Getuies wat in gebiede woon waaroor agt takke in die Stille Suidsee toesig hou.
[Kaart/Prent op bladsy 400]
Lande wat deur die Australiese tak van lektuur voorsien word
[Kaart]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
AUSTRALIË
PAPOEA-NIEU-GUINEE
NIEU-CALEDONIË
SALOMON-EILANDE
FIDJI
WESTELIKE SAMOA
TAHITI
NIEU-SEELAND
PAPOEA-NIEU-GUINEE
[Prente op bladsy 400]
Jehovah se Getuies in hierdie land het ’n spesiale uitdaging—die mense praat sowat 700 tale. Getuies uit ten minste tien ander lande het hierheen verhuis om aan die werk deel te neem. Hulle het moeite gedoen om die plaaslike tale te leer. Belangstellendes vertaal vir diegene wat ’n ander taal praat. Prente word ook doeltreffend gebruik wanneer Bybelgebeure vertel word.
SALOMON-EILANDE
[Prente op bladsy 401]
’n Bybelstudie wat per pos uit die buiteland gehou is, het die Koninkryksboodskap in die vroeë vyftigerjare na die Salomon-eilande gebring. Die Bybelwaarheid het ondanks groot hindernisse versprei. Met behulp van internasionale samewerking, groot plaaslike vindingrykheid en ’n oorvloed van Jehovah se gees is hierdie takkantoor asook die ruim Byeenkomssaal opgerig.
TAHITI
[Prente op bladsy 401]
Teen die vroeë dertigerjare het Jehovah se Getuies Tahiti met die Koninkryksboodskap bereik. Hier, in die middel van die Stille Oseaan, word daar ’n deeglike getuienis gegee. Gedurende die afgelope vier jaar alleen is daar soveel getuieniswerk gedoen dat dit gelyk is aan gemiddeld meer as vyf uur se predikingswerk vir elke man, vrou en kind op hierdie eiland.
WESTELIKE SAMOA
[Prent op bladsy 401]
Westelike Samoa is een van die kleinste nasies ter wêreld, maar Jehovah se Getuies het ook hier ’n takkantoor. Dit is in 1992 gebou om na die bedrywigheid hier en op nabygeleë eilande, onder andere Amerikaanse Samoa, om te sien.