Lied 76
Jehovah, ons beste Vriend
1. Jehovah God,die Opperheer,
Is nog ons beste Vriend.
Die aard’het hy aan ons gegee—
’n Gawe onverdiend.
Al het ons eerste ouers ook
Sy rein gebod oortree,
Bly Hy die Vriend van iedereen
Wat hom met liefde klee.
2. Deur sterk geloof het Abraham
Sy God as vriend verkry.
Want toe Jehovah hom beproef,
Het hy getrou gebly.
Hy’t vas geglo dat God sy seun
Kon opwek uit die dood.
God was dus lief vir Abraham
En het hom nooit verstoot.
3. God stuur vir Jesus aarde toe
Uit liefde vir die mens.
Deur hom raak ons met God versoen,
Want dit was God se wens.
Die Duiwel wou hom graag oorreed
Om God nie meer te dien.
Maar Jesus was lojaal aan God.
Net Een het hy ontsien.
4. Geen groter vriende kan ons hê
As God en sy trou Seun.
Groot liefde het hul reeds bewys.
Op hulle kan ons steun.
Die vriendskap van die wêreld is
Weer vyandskap met God.
Laat ons dus God se vriende bly
En leef na sy gebod.