Lied 52
Ons Vader se naam
1. Onse Vader in die hemel,
Laat u naam geheilig word.
Laat u Koninkryksbewind kom
Om u seën uit te stort.
Dan word u groot naam verheerlik
Deur die Armageddonslag.
Na u glorieryke sege
Word u naam nooit weer verag.
(Refrein)
2. Ons soek altyd na maniere
Om u grote naam te eer.
Ons sal aanhou om vrymoedig
Ander u gebod te leer.
Met geloof en moed en liefde
Sal ons spreek oor u groot faam.
Heil’ge Vader,ons wil reg leef
Juis ter wille van u naam.
(Refrein)
3. O Jehovah,so verhewe,
U’s die Allerhoogste Heer.
Daar’s vir ons geen hoër roeping
As om u groot naam te eer;
Want u naam is soos ’n toring
Wat aan mense skuiling bied.
U is doelbewus en magtig,
Daarom sal u wil geskied.
(Refrein)
Soewereine Heer Jehovah,
Heel die skepping kom van u.
U’s ons doelbewuste Maker
Wat die aarde gaan hernieu.
O Jehovah,God Almagtig,
U bly steeds ons krag en lied.
Deur die Koninkryk sorg Jesus
Dat u wil ook hier geskied.