-
Die seëninge van Jehovah se diensKoninkryksbediening — 1985 | Februarie
-
-
hulppionierdiens doen? Hoe bemoedigend was dit verlede jaar toe 1 273 in Maart en 4 934 in April dit in Suid-Afrika gedoen het! Kom gerus as ’n gesin bymekaar en bespreek biddend watter reëlings getref kan word sodat soveel moontlik weer hierdie wonderlike diensvoorreg gedurende daardie twee maande kan smaak. Die hele gesin sal miskien nie aan die pionierdiens kan deelneem nie, maar as almal saamwerk, sal dit vir party in die gesin moontlik wees. Die hele gesin sal dus voel dat hulle ’n “lofoffer” aan Jehovah God bring (Hebr. 13:15; Ps. 44:9). Jehovah seën inspanning! Een van die grootste seëninge wat ons sal geniet as ons ‘volop saai’, sal ’n daadwerklike deelname aan die insameling van opregte persone gedurende hierdie tyd van die einde wees (2 Kor. 9:6; Matt. 9:37). Dit sal aanleiding gee tot ’n ander verdienstelike doel: om ’n nuwe Bybelstudie te begin!
6 Hou jy ’n Bybelstudie buiten jou gesinstudie? Bid daaroor en beywer jou daarvoor, en spits jou veral toe op intekenaars of persone wat andersins belangstelling getoon het. Rig hierdie nuwe belangstellendes dadelik na Jehovah se organisasie wanneer jy ’n Bybelstudie begin. Daar is ’n paar baie goeie wenke hieroor in die Ons bediening-boek, bladsye 91 en 92.
7 Het jy ’n goeie rooster vir persoonlike studie? Dit is noodsaaklik ten einde Satan se aanslae om ons geloof te vernietig te weerstaan. Party vind dat dit help as hulle vroeg in die oggend opstaan en lees terwyl dit stil en hulle wawyd wakker is. Ander het sekere aande gedurende die week vir studie opsygesit. Wat jou rooster ook al is, moenie dat ander belange of bedrywighede daarop inbreuk maak.
8 Dit sal opoffering verg as jy die doelwitte wil bereik wat jy vir jouself gestel het, maar as ons in ag neem dat die dinge van hierdie wêreld ‘verbygaan’, moet teokratiese sake die voorkeur in ons lewens geniet (1 Joh. 2:17). “Laat ons in elk geval, in die mate waarin ons vordering gemaak het, voortgaan om in dieselfde roetine ordelik te wandel.” —Filip. 3:16, NW.
-
-
Vind ten volle baat by die Teokratiese BedieningskoolKoninkryksbediening — 1985 | Februarie
-
-
Vind ten volle baat by die Teokratiese Bedieningskool
1 Ons het in Januarie met die nuwe rooster vir vanjaar se Teokratiese Bedieningskool begin. As jy dit nog nie gedoen het nie, sal dit goed wees as jy die inleidende materiaal aandagtig deurlees en ook noukeurig aandag skenk wanneer dit in die Diensvergadering gedek word.
2 Die Bybelboeke 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings en 1 en 2 Kronieke sal in hierdie rooster gedek word. Daar sal instruksietoesprake oor elkeen van hierdie boeke gehou word wanneer ons hulle begin lees. Die toesprake oor hierdie boeke sal nie net gebaseer word op die inligting in die boek “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” nie. Aanvullende inligting oor hierdie Bybelboeke kan verkry word uit artikels wat vroeg genoeg in Die Wagtoring sal verskyn sodat broers wat die instruksietoesprake hou gepaste gedagtes daaruit kan insluit. Hierdie artikels behoort die instruksietoesprake oorspronklik en baie leersaam te maak.
3 Skoolopsieners moet ook besondere aandag aan die volgende punte skenk: Hulle moet ten eerste seker maak dat hulle die gedagtes dek wat in die skriftelike hersiening sal verskyn as die sprekers dit nie doen nie. Ten tweede moet hulle die studente opbouende en praktiese raad gee voordat hulle interessante gedagtes meld wat nie in die studentetoespraak gebruik is nie. Derdens moet skoolopsieners bewus wees van die tyd, sodat hulle nie self die tydgrens oorskry nie, en hulle moet die broers wat die instruksietoespraak hou privaat raad gee as hulle die tydgrens oorskry.
4 Dit sal goed wees as die presiderende opsiener en die skoolopsiener kan saamwerk wanneer vergaderingroosters uitgewerk word sodat een ouere man, waar moontlik, nie op een aand ’n toewysing op albei vergaderinge sal hê nie. Bekwame bedieningsknegte kan ook, waar nodig, vir instruksietoesprake en glanspunte uit die Skrifgedeelte gebruik word.
-
-
Gemeentelike BoekstudieKoninkryksbediening — 1985 | Februarie
-
-
Gemeentelike Boekstudie
Rooster vir gemeentelike studies in die boek Verenig in die aanbidding van die enigste ware God:
3 Februarie: Bladsy 46 tot 52 ¶11
10 Februarie: Bladsy 52 ¶12 tot 57
17 Februarie: Bladsy 58 tot 65 ¶8
24 Februarie: Bladsy 65 ¶9 tot 69
-
-
Diensrapport vir OktoberKoninkryksbediening — 1985 | Februarie
-
-
Diensrapport vir Oktober
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 384 13 21
Lesotho 758 15 43
St. Helena (Sept.) 102 7 -
SWA 331 4 13
Swaziland 724 24 17
Suid-Afrika 34 637 887 1 652
-
-
VraebusKoninkryksbediening — 1985 | Februarie
-
-
Vraebus
• Hoe kan ons aandag skenk aan die veiligheid van Koninkryksale?
Met die oog op hierdie swaar tye moet ons goeie oordeel aan die dag lê met betrekking tot die veiligheid van Koninkryksale. Net soos ons voorsorgmaatreëls tref om ons huise te beveilig, wil ons dieselfde met ons Koninkryksale doen. Dit is die ouere manne se verantwoordelikheid om toe te sien dat elke Koninkryksaal voldoende sekuriteit het. Die behoefte hieraan blyk duidelik uit verslae van al hoe meer vandalisme en dietstal by Koninkryksale in verskeie plekke.
’n Grondvereiste vir goeie sekuriteit is dat al die deure, hekke en vensters elke keer sorgvuldig toegemaak en gesluit word nadat die Koninkryksaal gebruik is. Verantwoordelike, betroubare broers moet elke keer wat die saal gebruik word vir sulke sekuriteitsmaatreëls verantwoordelik wees. Dit sluit tye in wanneer die saal vir geleenthede buiten gereelde gemeentelike vergaderinge gebruik word, soos met ’n troue of wanneer daar skoongemaak word.
As ’n Koninkryksaal ’n parkeerterrein het, stel ons voor dat dit op gepaste tye goed verlig moet wees. Dit sal vandalisme aan motors en die moontlikheid dat broers en susters beseer word wanneer hulle die saal verlaat, verminder. Party gemeentes het dit raadsaam gevind om saalwagters buite die saal te hê wat gedurende vergaderinge om die beurt ’n ogie op geparkeerde motors hou om diefstal en vandalisme te voorkom.
Koninkryksaal-Instandhoudingskomitees kan die wenke in die memorandum oor die beskerming van Koninkryksale en onlangse wenke oor die gereelde inspeksie van julle saal vir skade en moontlike probleemgebiede nagaan.
Ons wil hê dat die broers en nuwe belangstellendes veilig moet voel wanneer hulle vergaderinge by die Koninkryksaal bywoon en ons wil die eiendom teen vandalisme en diefstal beskerm. Die ouere manne in elke gemeente moet dus plaaslike omstandighede in ag neem en dan in ooreenstemming daarmee optree ten einde eiendom te beskerm en te help verseker dat die vergaderingbywoners veilig is.
-