Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 3/1 bl. 32
  • ’n Katoliek geniet dit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Katoliek geniet dit
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 3/1 bl. 32

’n Katoliek geniet dit

Een van Jehovah se Getuies het ’n pap band gehad in ’n plattelandse gebied in Virginië, VSA. Sy het na ’n huis daar naby gegaan en aan die deur geklop. Die huisvrou het haar ingelaat sodat sy ’n motorhawe kon bel. Later het die Getuie vir die vrou ’n dankiebriefie gestuur, met ’n geskenkeksemplaar van die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe. Hier volg ’n uitreksel uit die antwoord wat die Getuie ontvang het:

“Ek sal baie openhartig en eerlik met jou wees. Ek is ’n Rooms-Katoliek. En wanneer iemand na my deur toe kom met die Wagtoring of enige ander traktaat, probeer ek om dit van die hand te wys. As dit aan my opgedwing word, gooi ek dit in die vuilgoedblik. Katolisisme is in my van kleins af diep ingeprent.

“Ek is egter na julle boek aangetrek omdat dit ‘Paradys’ in die titel gehad het en omdat dit duidelik en maklik was om te lees. Die vrae onderaan die bladsye het lees aangemoedig, en die prente was vir my mooi. Ek het veral van bladsy 11 gehou omdat ek hier so ’n paradys vir die voëls en die diere probeer skep. Ek het takbokke, hasies, eekhorinkies, wilde tarentale en allerhande voëls. . . .

“Jy het regtig ’n prestasie behaal deur ’n Katoliek sover te kry om ’n boek van ’n ander godsdiens te lees. Ha! Ek twyfel of ek ooit na ’n ander godsdiens bekeer sal word. Maar ek het die boek gelees, en nou lees my man dit. Nogmaals dankie!”

Hierdie uitstekende publikasie met 256 bladsye, dieselfde grootte as dié van hierdie tydskrif, het meer as 150 illustrasies, waarvan die meeste in pragtige kleur is. Stuur slegs R4,50; klein formaat R2,25.

Stuur asseblief die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe posvry aan my. (Dui asseblief in die betrokke blokkie aan of jy die grootformaat-uitgawe vir R4,50 [ ] of die kleinformaat-uitgawe vir R2,25 [ ] wil hê, en sluit die korrekte bydrae in.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel