Sy móés net weet
’n Vyftienjarige meisie van Mobile, Alabama, skryf: “Toe julle die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! uitgegee het, het ek geweet dat ek dit die een of ander tyd sou lees.
“Een aand toe ek nie goed kon slaap nie, het ek die boek opgetel en net na die prente gekyk. Op bladsye 75, 78 en 86 het ek prente gevind wat my geboei het. Ek het nie geweet wat hulle beteken nie, en ek moes net weet. Ek kon nie sommer in die middel begin nie, want dan sou niks anders sin maak nie. Ek het dus daardie selfde aand die eerste hoofstuk gelees.
“Die daaropvolgende aand het ek die volgende hoofstuk gelees en ek het gevind dat ek dit net nie wou neersit nie. Ek het dus voortgegaan en die volgende een ook gelees.
“Dit is een van die boeiendste boeke wat ek ooit gelees het! Nou het ek ’n vaste gewoonte om ten minste een hoofstuk per aand te lees. Soms lees ek tot eenuur in die oggend! . . . Ek wens dat alle jongmense hierdie boek sal lees.”
Ons is seker daarvan dat jy ook verheug sal wees oor die dinge wat jy in Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! sal leer. Hierdie hardebandboek se bladsye is net so groot soos die van hierdie tydskrif. Dit bevat ’n vers-vir-versbespreking van die hele Bybelboek Openbaring, en voorsien ’n duidelike verklaring van die talle visioene en simbole daarin. Bestel die boek vandag. Dit is slegs R6, posvry.
Stuur asseblief die boek met 320 bladsye Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! aan my. Ek sluit R6 in.