-
Opvoeding in BybeltyeDie Wagtoring – 1992 | November 1
-
-
van mense is’ (Mattheüs 15:1, 6, 9). Dit is geen wonder dat nie Jesus of die meeste van sy dissipels in die rabbynse skole onderrig is nie.—Johannes 7:14, 15; Handelinge 4:13; 22:3.
20. Wat het ons uit hierdie hersiening van opvoeding in Bybeltye geleer, en wat toon dat Jehovah se knegte opvoeding en opleiding moet ontvang?
20 Hierdie oorsig van opvoeding in Bybeltye toon dat Jehovah die Groot Onderrigter van sy volk is. God het deur middel van Moses ’n doeltreffende opvoedingstelsel in Israel georganiseer. Maar na ’n lang tyd het ’n stelsel van Joodse hoër onderrig ontwikkel waar dinge geleer is wat strydig met die Woord van God was. Hoewel Jesus nie in sulke Joodse skole onderrig is nie, was hy nietemin ’n weergalose Leermeester (Mattheüs 7:28, 29; 23:8; Johannes 13:13). Hy het sy dissipels ook opdrag gegee om ander te leer, selfs tot aan die voleinding van die stelsel van dinge (Mattheüs 28:19, 20, vgl. NW). Om dit te kon doen, moes hulle goeie onderrigters wees en sou hulle gevolglik opvoeding en opleiding moes ontvang. Watter beskouing behoort ware Christene dus vandag van opvoeding te hê? Hierdie vraag sal in die volgende artikel bespreek word.
’n Geheuetoets
◻ Waarom kan ons seker wees dat Jehovah in die opvoeding van sy knegte belangstel?
◻ In watter opsigte het Israel se opvoedingstelsel van die ander nasies s’n verskil?
◻ Watter opvoeding het Israelitiese kinders ontvang?
◻ Watter onderrigtingsmetodes is in Israel gebruik?
◻ Waarom het Jesus en sy dissipels nie aan Joodse skole van hoër onderwys geleer nie?
-
-
Opvoeding met ’n doelDie Wagtoring – 1992 | November 1
-
-
Opvoeding met ’n doel
“Leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.”—SPREUKE 9:9.
1. Wat verwag Jehovah van sy knegte aangaande kennis?
JEHOVAH is ‘’n God van kennis’ (1 Samuel 2:3). Hy voed sy knegte op. Moses het voorspel dat destydse nasies die volgende van Israel sou sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk” (Deuteronomium 4:6). Ware Christene moet eweneens goed ingelig wees. Hulle moet uitstekende studente van God se Woord wees. Die apostel Paulus het getoon wat die doel van sulke studie is toe hy geskryf het: “Daarom hou ons ook nie op . . . om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die [“juiste”, NW] kennis van God mag groei.”—Kolossense 1:9, 10.
2. (a) Wat is nodig sodat juiste kennis van God opgedoen kan word? (b) Hoe het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies hierdie saak gehanteer?
2 Studie met die doel om juiste kennis van God en sy voornemens te verkry, vereis ten minste ’n bietjie geleerdheid. Maar baie mense wat die waarheid van God se Woord leer ken het, woon in lande waar hulle min of geen geleentheid gehad het om ’n behoorlike skoolopleiding te ontvang nie. Hulle het ’n agterstand gehad. Om hierdie probleem te oorbrug, het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies reeds etlike jare lank ’n reëling dat daar lees-en-skryf-klasse in dié gemeentes gehou moet word waar daar so ’n behoefte bestaan. Die Brasiliaanse koerant Diário de Mogi het meer as 30 jaar gelede ’n artikel gepubliseer met die titel “Jehovah se Getuies beveg ongeletterdheid”. Dit het gesê: “’n Bekwame onderrigter stel hom dit ten doel . . . om ander geduldig te leer lees en skryf. . . . Die studente, aangespoor deur die feit dat hulle bedienaars van God is, moet hulle kennis van die taal ontwikkel sodat hulle toesprake kan hou.” Duisende mense is wêreldwyd op hierdie wyse gehelp om goeie studente van God se Woord te word. Hulle het hierdie basiese opleiding met ’n verhewe doel voor oë ondergaan.
Vaardighede wat bekwame bedienaars moet hê
3, 4. (a) Waarom stel ware Christene in geleerdheid belang? (b) Wat was die situasie in Israel, en watter basiese kennis is onontbeerlik in ons hedendaagse gemeentes?
3 Ware Christene stel in geleerdheid belang, nie ter wille van die geleerdheid self nie, maar sodat hulle bekwamer knegte van Jehovah kan word. Christus het alle Christene dié opdrag gegee: “Maak dissipels van al die nasies, . . . en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mattheüs 28:19). Om ander te kan leer, moet hulle self eers leer, en dit verg goeie studiemetodes. Hulle moet die Skrif noukeurig kan ondersoek (Handelinge 17:11). As hulle hulle opdrag wil uitvoer, moet hulle ook vlot kan lees.—Sien Habakuk 2:2; 1 Timotheüs 4:13.
4 Soos ons in die vorige artikel gesien het, is daar goeie rede om te glo dat selfs die jong kinders in eertydse Israel gewoonlik kon lees en skryf (Rigters 8:14; Jesaja 10:19). Hedendaagse Christenbedienaars moet netjiese aantekeninge kan maak wanneer hulle van huis tot huis getuig. Hulle skryf briewe, maak aantekeninge by vergaderinge en skryf verklarende aantekeninge by hulle studiemateriaal. Hiervoor het ’n mens ’n leesbare handskrif nodig. Boekhouding wat in die Christengemeente gedoen moet word, vereis ten minste ’n basiese kennis van rekenkunde.
Die voordele van behoorlike skoolopleiding
5. (a) Wat is die oorsprong van die woord “skool”? (b) Watter geleentheid moet jongmense ten volle benut?
5 Dit is interessant dat die woord “skool” van die Griekse woord skho·leʹ afgelei is, wat oorspronklik “vrye tyd” beteken het of die gebruik van vrye tyd vir die een of ander ernstige bedrywigheid, soos om te leer. Later het dit die plek aangedui waar sulke leerdery plaasgevind het. Dit dui daarop dat dit eens op ’n tyd slegs die bevoorregte klas—in Griekeland en in die meeste ander lande—was wat die vrye tyd gehad het om te leer. Die werkersklas het oor die algemeen onkundig gebly. Vandag word kinders en jongmense in die meeste lande die tyd gegee om te leer. Jong Getuies moet beslis die tyd uitkoop om ingeligte en bekwame knegte van Jehovah te word.—Efesiërs 5:15, 16.
6, 7. (a) Wat is sommige van die voordele van behoorlike skoolopleiding? (b) Waarom kan dit nuttig wees om ’n vreemde taal aan te leer? (c) Wat is vandag die situasie onder talle jongmense wanneer hulle hulle skoolopleiding voltooi?
6 ’n Basiese kennis van geskiedenis, aardrykskunde, wetenskap, ensovoorts sal jong Getuies help om afgeronde bedienaars te word. Hulle skoolopleiding sal hulle nie net van baie onderwerpe leer nie, maar ook hoe om te leer. Ware Christene hou nie op om te leer en te studeer wanneer hulle die skool verlaat nie. Die mate waarin hulle by hulle studie baat vind, sal egter baie afhang van hulle kennis van hoe om te studeer. Sekulêre sowel as gemeentelike onderrig sal hulle help om hulle denkvermoë te ontwikkel (Spreuke 5:1, 2, NW). Wanneer hulle lees, sal hulle makliker kan onderskei wat belangrik is, waarop hulle moet let en wat hulle moet memoriseer.
7 As jongmense byvoorbeeld ’n vreemde taal aanleer, sal dit nie net hulle verstandelike vermoë ontwikkel nie, maar hulle sal ook meer in Jehovah se organisasie gebruik kan word. By sommige takke van die Wagtoringgenootskap het etlike jong broers dit nuttig gevind om Engels vlot te kan praat of lees. Daarbenewens moet alle Christenbedienaars daarna streef om hulle moedertaal goed te kan praat. Die goeie nuus van die Koninkryk verdien om op ’n duidelike, grammatikaal korrekte wyse oorgedra te word. Die feite toon dat wanneer talle jongmense in die wêreld vandag hulle skoolopleiding voltooi hulle nog sukkel om reg te skryf en te praat en om selfs die eenvoudigste rekenkunde te doen; en hulle het net ’n vae begrip van geskiedenis en aardrykskunde.
Genoegsame geleerdheid
8. Watter tekste het betrekking op die onderwerp van sekulêre geleerdheid en ’n persoon se vermoë om homself te onderhou?
8 Dit lyk dus nou na ’n geskikte tyd om die Christen se gesindheid teenoor sekulêre geleerdheid te ondersoek. Watter Bybelbeginsels hou met hierdie onderwerp verband? Eerstens vereis behoorlike onderdanigheid aan “die keiser” in die meeste lande dat Christenouers hulle kinders skool toe stuur (Markus 12:17; Titus 3:1). Jong Getuies moet Kolossense 3:23 met betrekking tot hulle skoolwerk in gedagte hou. Dit sê: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” ’n Tweede beginsel wat hierby betrokke is, is dat Christene hulleself moet kan onderhou, al is hulle voltydse pionierbedienaars (2 Thessalonicense 3:10-12). As ’n man getroud is, moet hy behoorlik vir sy vrou kan sorg en vir enige kinders wat dalk gebore word, en nog ’n bietjie ekstra oorhê om aan die behoeftiges te gee en die plaaslike en wêreldwye predikingswerk te ondersteun.—Efesiërs 4:28; 1 Timotheüs 5:8.
9, 10. (a) Wat is blykbaar die neiging in baie lande? (b) Wat kan ’n pionierbedienaar as ’n aanvaarbare besoldiging beskou?
9 Hoe geleerd moet ’n jong Christen wees sodat hy hierdie Bybelbeginsels kan respekteer en sy Christelike verpligtinge kan nakom? Dit verskil van land tot land. Maar oor die algemeen lyk dit asof die neiging in baie lande is dat die vlak van geleerdheid wat vereis word om ’n aanvaarbare besoldiging te ontvang nou hoër is as wat dit ’n paar jaar gelede was. Verslae wat van takkantore van die Wagtoringgenootskap in verskillende wêrelddele ontvang is, toon dat dit in baie plekke moeilik is om werk met ’n aanvaarbare besoldiging te vind as ’n mens net die minimumskoolopleiding voltooi het wat deur die wet vereis word, en in sommige lande selfs nadat ’n mens jou sekondêre of hoërskoolopleiding voltooi het.
10 Wat word bedoel met ’n “aanvaarbare besoldiging”? Dit dui nie op ’n werk met ’n groot salaris nie. In hierdie konteks beteken “aanvaarbaar” bloot “toereikend, bevredigend”. Wat kan “aanvaarbaar” genoem word vir diegene wat byvoorbeeld graag pionierbedienaars van die goeie nuus wil wees? Oor die algemeen moet sulke persone deeltyds werk sodat hulle nie “’n duur las” vir hulle broers of hulle gesin is nie (1 Thessalonicense 2:9, NW). Hulle besoldiging kan “toereikend” of “bevredigend” genoem word as dít wat hulle verdien hulle toelaat om ordentlik te lewe terwyl hulle nog genoeg tyd en krag het om hulle Christelike bediening te vervul.
11. Waarom het sommige jongmense die pionierdiens verlaat, en watter vraag laat dit ontstaan?
11 Wat is vandag dikwels die geval? Volgens berigte uit sommige lande het talle welmenende jongmense die skool verlaat nadat hulle die minimum- vereiste skoolopleiding voltooi het sodat hulle die pionierdiens kon betree. Hulle het geen ambag of sekulêre kwalifikasies gehad nie. Dié wat nie finansieel deur hulle ouers gehelp is nie, moes deeltydse werk vind. Sommige moes werk aanvaar waar hulle lang ure moes swoeg om genoeg te verdien sodat hulle met hulle geld kan uitkom. As gevolg hiervan het hulle fisies uitgeput geraak en die pionierdiens verlaat. Wat kan sulke persone doen om hulleself te onderhou en hulle pionierdiens weer te hervat?
’n Gebalanseerde beskouing van geleerdheid
12. (a) Watter twee uiterste beskouings sal ’n Christen in verband met geleerdheid vermy? (b) Watter doel moet geleerdheid vir toegewyde knegte van Jehovah en hulle kinders dien?
12 ’n Gebalanseerde beskouing van geleerdheid kan help. Geleerdheid is vir baie jongmense in die wêreld ’n statussimbool, iets wat hulle kan help om die hoogste sport te bereik, die sleutel tot ’n welvarende, materialistiese lewenswyse. Vir ander is skoolopleiding iets wat so gou moontlik afgehandel moet word. Nie een van hierdie beskouings is vir ware Christene gepas nie. Wat kan ’n mens dan “’n gebalanseerde beskouing” noem? Christene moet geleerdheid as ’n middel tot ’n doel beskou. Hulle doel in hierdie laaste dae is om Jehovah soveel en so doeltreffend moontlik te dien. As dit in die land waar hulle woon nie moontlik is om met ’n minimum- of selfs ’n hoërskoolopleiding werk te kry wat ’n toereikende inkomste voorsien om hulleself as pioniers te onderhou nie, kan aanvullende onderrig of opleiding oorweeg word. Dit sou met die spesifieke doel wees om uiteindelik die voltydse diens te betree.
13. (a) Hoe was dit vir ’n suster in die Filippyne moontlik om haar pionierdiens voort te sit terwyl sy haar gesinsverantwoordelikhede nagekom het? (b) Watter waarskuwing is tydig?
13 Party het opleidingskursusse gevolg wat werkgeleenthede gebied het wat dit vir hulle moontlik gemaak het om die voltydse diens te betree of te hervat. ’n Suster in die Filippyne was die gesin se broodwinner, maar sy was vasbeslote om as ’n pionier te dien. Die takkantoor berig: “Sy kon dit doen omdat sy bykomende opleiding ontvang het en as ’n boekhoudster gekwalifiseer het.” Dieselfde takkantoorverslag het gesê: “Ons het etlike jongmense wat studeer en terselfdertyd hulle sake só kon reël dat hulle aan die pionierdiens kan deelneem. Oor die algemeen word hulle beter verkondigers aangesien hulle leergieriger is, mits hulle nie te ambisieus raak in die najaging van wêreldse belange nie.” Die laaste opmerking moet ons tot nadenke stem. Die doel van ekstra opleiding, waar dit dalk nodig is, moet nie uit die oog verloor word of in ’n materialistiese strewe verander nie.
14, 15. (a) Waarom moet geen vaste reëls in verband met geleerdheid gemaak word nie? (b) Watter sekulêre opleiding het party verantwoordelike broers gehad, maar wat het hiervoor vergoed?
14 In ’n paar lande voorsien sekondêre skole beroepsopleiding wat ’n jong Christen vir die een of ander ambag of werk kan voorberei teen die tyd dat hy sy skoolloopbaan voltooi. Selfs wanneer dit nie die geval is nie, vind vindingryke jongmense met net ’n basiese skoolopleiding in sommige lande deeltydse werk waarmee hulle genoeg verdien om in die pionierdiens te bly. Daar behoort dus geen vaste reëls gemaak te word om mense wat verder wil leer aan te moedig of te ontmoedig nie.
15 Baie wat nou in verantwoordelike posisies as reisende opsieners by die Genootskap se hoofkwartier of by een van die takkantore dien, het net ’n basiese skoolopleiding gehad. Hulle was getroue pioniers, het nooit opgehou leer nie, is opgelei en groter verantwoordelikhede is aan hulle toevertrou. Hulle is nie spyt oor die keuses wat hulle gemaak het nie. Sommige van hulle tydgenote het daarenteen besluit om ’n universiteitskursus te volg en het geestelik agteruitgegaan, omdat hulle voor die geloofsvernietigende filosofieë en “die wysheid van hierdie wêreld” geswig het.—1 Korinthiërs 1:19-21; 3:19, 20; Kolossense 2:8.
Bereken die koste
16. (a) Wie besluit of meer opleiding wenslik is of nie, en wat moet die hoofoorweging wees? (b) Wat moet in aanmerking geneem word?
16 Wie besluit of ’n jong Christen verder moet leer of meer opleiding moet ontvang? Die Bybelbeginsel van hoofskap geld in hierdie geval (1 Korinthiërs 11:3; Efesiërs 6:1). Op grond hiervan wil ouers hulle kinders tog sekerlik lei in hulle keuse van ’n ambag of ’n beroep en gevolglik in hoeveel opleiding hulle nodig sal hê. In baie lande moet opleidings- en beroepskeuses vroeg gedurende sekondêre opleiding gemaak word. Dit is dán wanneer Christenouers en jongmense Jehovah om leiding moet vra sodat hulle ’n verstandige keuse kan maak, een waar Koninkryksbelange die hoofoorweging is. Jongmense verskil wat aanleg en talente betref. Verstandige ouers sal dit in aanmerking neem. Alle werk is eerbaar, of dit nou handearbeid of kantoorwerk is. Hoewel die wêreld dalk kantoorwerk hoog ag en daarop neersien as ’n mens met jou hande werk, doen die Bybel dit gewis nie (Handelinge 18:3). Wanneer ouers en jong Christene dus vandag, nadat hulle die voor- en nadele versigtig en biddend teen mekaar opgeweeg het, ten gunste van of teen naskoolse studies besluit, moet ander in die gemeente hulle nie kritiseer nie.
17. Watter keuse maak sommige Getuie-ouers vir hulle kinders?
17 As Christenouers op verantwoordelike wyse besluit om hulle kinders ná matriek verder te laat leer, is dit hulle reg. Die duur van hierdie opleiding sal afhang van die tipe ambag of beroep waarop hulle besluit het. Baie Christenouers het om finansiële redes en sodat hulle kinders die voltydse diens so gou moontlik kan betree op korttermyn studiekursusse by beroeps- of tegniese skole besluit. In sommige gevalle moes jongmense ’n vakleerlingskap voltooi, maar dit is altyd met ’n vol lewe in Jehovah se diens as doelwit.
18. Wat moet in gedagte gehou word as bykomende kursusse gevolg word?
18 As bykomende kursusse gevolg word, moet die beweegrede beslis nie wees om akademies te presteer of om ’n belangrike wêreldse beroep na te jaag nie. Kursusse moet versigtig gekies word. Hierdie tydskrif het tereg die gevare van wêreldse geleerdheid beklemtoon, want hoër onderwys is in ’n groot mate teenstrydig met die “gesonde leer” van die Bybel (Titus 2:1; 1 Timotheüs 6:20, 21). Daarbenewens het baie skole vir gevorderde opleiding sedert die sestigerjare broeineste van wetteloosheid en onsedelikheid geword. “Die getroue en verstandige dienskneg” het jongmense ten sterkste ontmoedig om daardie soort milieu te betree (Mattheüs 24:12, 45). Daar moet egter erken word dat jongmense vandag op hoërskool, in tegniese kolleges en selfs by die werkplek met hierdie selfde gevare te doen kry.—1 Johannes 5:19.a
19. (a) Watter voorsorgmaatreëls moet diegene tref wat besluit om aanvullende kursusse te volg? (b) Hoe het sommige hulle opleiding ten beste benut?
19 As daar op aanvullende opleiding besluit word, sal dit goed wees as ’n jong Getuie, indien dit enigsins moontlik is, hierdie verdere opleiding ondergaan terwyl hy nog by sy ouers inwoon, sodat hy met sy gewone Christelike studiegewoontes, vergaderingbywoning en predikingsbedrywighede kan volhou. Van die begin af moet hy ook die regte standpunt vir Bybelbeginsels inneem. Ons moet onthou dat Daniël en sy drie Hebreeuse metgeselle in ballingskap was toe hulle verplig was om gevorderde studies in Babilon te onderneem, maar hulle het hulle onkreukbaarheid deurgaans gehandhaaf (Daniël, hoofstuk 1). In etlike lande het jong Getuies, terwyl hulle geestelike belange eerste gestel het, kursusse gevolg om hulle vir deeltydse werk te bekwaam as boekhouers, ambagsmanne, onderwysers, vertalers, tolke of vir ander werk wat hulle op ’n aanvaarbare wyse in hulle vernaamste beroep, die pionierdiens, onderhou het (Mattheüs 6:33). Etlike van hierdie jongmense het later reisende opsieners of Bethelwerkers geword.
’n Verenigde, opgevoede volk
20. Watter wêreldse onderskeid hoort nie onder Jehovah se volk nie?
20 Onder Jehovah se volk moet almal goeie studente van die Bybel en bekwame onderrigters wees, of hulle nou in ’n kantoor werk, handearbeid doen, boer of dienste lewer. Vaardighede wat deur almal in lees, studie en onderrigting aangeleer word, is geneig om die onderskeid uit die weg te ruim wat die wêreld tussen handearbeiders en kantoorwerkers tref. Dit dra by tot die eenheid en onderlinge respek wat veral duidelik is onder die vrywillige werkers in Bethelhuise en by bouprojekte van die Wagtoringgenootskap, waar geestelike eienskappe van die allergrootste belang is en van almal verwag word. Hier werk ervare kantoorpersoneel vreugdevol saam met vaardige handearbeiders, en almal toon waarderende liefde vir mekaar.—Johannes 13:34, 35; Filippense 2:1-4.
21. Wat moet jong Christene hulle ten doel stel?
21 Ouers, help julle kinders om hulle dit ten doel te stel om nuttige lede van die nuwewêreld-gemeenskap te word! Jong Christene, gebruik julle geleenthede om geleerdheid te verkry as ’n manier waarop julle julle beter kan toerus om ’n stewiger greep op julle voorregte in Jehovah se diens te verkry! Mag julle almal, as mense wat geleer is, toon dat julle goed toegeruste lede van die teokratiese gemeenskap is—nou en tot in ewigheid in God se beloofde “nuwe aarde”.—2 Petrus 3:13; Jesaja 50:4; 54:13; 1 Korinthiërs 2:13.
[Voetnoot]
a Sien ook Die Wagtoring van 1 Desember 1975, bladsye 550-2.
Toets jou geheue
◻ Waarom stel ware Christene in geleerdheid belang?
◻ Watter uiterste beskouings van geleerdheid wil ware Christene vermy?
◻ Watter gevare wat met verdere opleiding verband hou, moet in ag geneem word, en watter voorsorgmaatreëls moet getref word?
◻ Watter wêreldse onderskeid hoort nie onder Jehovah se volk nie?
[Prent op bladsy 16]
As jong Christene vlytig studeer, kan hulle nuttiger lede van die nuwewêreld-gemeenskap word
[Prent op bladsy 19]
As iemand besluit om verder te leer, moet sy beweegrede ’n begeerte wees om Jehovah beter te dien
-
-
’n Geleerde manDie Wagtoring – 1992 | November 1
-
-
’n Geleerde man
“LET op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie” (1 Korinthiërs 1:26). Soos hierdie woorde aandui, hou beheptheid met wêreldse wysheid of die genieting van hoë sosiale aansien gevaar in. Sulke dinge kan verhinder dat ’n mens die goeie nuus aanneem.—Spreuke 16:5; Markus 10:25.
In Paulus se dag het sommige wyses na die vlees nietemin die waarheid aangeneem, en Paulus was self een van hulle. Paulus, wat ’n goeie geleerdheid gehad het en blykbaar uit ’n vooraanstaande familie gekom het, was ’n ywerige evangelis. Hy het sodoende gewys dat bevoorregtes in hierdie wêreld Jehovah kan dien mits hulle hartsgesindheid reg is. Hulle kan selfs hulle sekulêre bekwaamhede in Jehovah se diens gebruik.—Lukas 16:9.
’n Boorling van Tarsus
Paulus is gebore in Tarsus, ‘geen onvermaarde stad nie’ soos hy dit later beskryf het (Handelinge 21:39). Dit is moontlik daar waar hy ’n kennis van tale opgedoen het—in die besonder Grieks goed magtig geword het—wat van onskatbare waarde in sy sendingwerk was. Die lewe in Tarsus het Paulus nie net met die Joodse lewenswyse in aanraking laat kom nie maar ook met nie-Joodse kulture, ondervinding wat hom in latere jare as die apostel van die nasies goed te pas gekom het. Hy het geweet hoe om die waarheid só oor te dra dat hulle dit kon verstaan (1 Korinthiërs 9:21). Neem byvoorbeeld sy redevoering voor die Atheners soos opgeteken in Handelinge hoofstuk 17. Daar het hy met bedrewenheid verwysings na die Atheners se godsdiens en selfs ’n aanhaling uit
-