Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bybel
    Redenering uit die Skrif
    • ’n ligte velkleur gekies het, dan is dit sy saak. Maar die Bybel se boodskap is nie net vir Witmense nie.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Let op wat Jesus gesê het . . . (Joh. 3:16). “Elkeen” sluit persone van alle kleure in. En voor sy hemelvaart het Jesus die volgende afskeidswoorde tot sy dissipels gerig . . . (Matt. 28:19).’ (2) ‘Dit is interessant dat Handelinge 13:1 praat van ’n man genaamd Niger, en sy naam beteken “swart”. Hy was een van die profete en leraars van die gemeente in Antiochië, Sirië.’

      ‘Ek glo slegs die ou Afrikaanse Bybel’

      Jy kan antwoord: ‘As u u Bybel byderhand het, wil ek graag vir u iets wys wat ek baie bemoedigend gevind het.’

      Of jy kan sê: ‘Baie mense gebruik daardie Bybelvertaling, en ek het self een.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Het u geweet dat die Bybel oorspronklik in Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf is? . . . Kan u daardie tale lees? . . . Ons is dus dankbaar dat die Bybel in Afrikaans vertaal is.’ (2) ‘Het u geweet dat ongeveer 3 400 jaar verstryk het nadat Genesis geskryf is voordat die volledige Bybel in Afrikaans vertaal is (1933 G.J.)?’ (3) ‘Sedert die dertigerjare het Afrikaans veranderinge ondergaan, nie waar nie? . . . Ons waardeer gevolglik moderne vertalings wat dieselfde oorspronklike waarhede noukeurig weergee in die taal wat ons vandag praat.’

      ‘Julle het julle eie Bybel’

      Kyk onder “New World Translation”.

  • Dood
    Redenering uit die Skrif
    • Dood

      Definisie: Die einde van alle lewensfunksies. Wanneer asemhaling, hartklop en breinaktiwiteit ophou, hou die lewenskrag geleidelik op om in die liggaamselle te werk. Die dood is die teenoorgestelde van die lewe.

      Het God die mens geskep om dood te gaan?

      Inteendeel, Jehovah het Adam gewaarsku teen ongehoorsaamheid, wat tot die dood sou lei (Gen. 2:17). Later het God Israel gewaarsku teen gedrag wat vir hulle selfs ’n ontydige dood kon meebring (Eseg. 18:31). Mettertyd het hy sy Seun gestuur om vir die mensdom te sterf sodat diegene wat in hierdie voorsiening sou glo die ewige lewe kon geniet.—Joh. 3:16, 36.

      Psalm 90:10 sê dat die gewone lewensduur van die mens 70 of 80 jaar is. Dit was waar toe Moses dit geskryf het, maar dit was nie van die begin af so nie. (Vergelyk Genesis 5:3-32.) Hebreërs 9:27 sê dat “die mense bestem is om een maal te sterwe”. Dit was ook waar toe dit geskryf is. Maar dit was nie die geval voordat God sondige Adam gevonnis het nie.

      Waarom word ons oud en sterf ons?

      Jehovah het die eerste mensepaar volmaak geskape, met die vooruitsig om vir ewig te lewe. Hulle is met ’n vrye wil begaaf. Sou hulle hulle Skepper gehoorsaam uit liefde en waardering vir alles wat hy vir hulle gedoen het? Hulle was ten volle in staat om dit te doen. God het vir Adam gesê: “Van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.” Deur ’n slang as spreekbuis te gebruik, het Satan Eva verlei om Jehovah se gebod te oortree. Adam het sy vrou nie tereggewys nie, maar ook daardie verbode vrug geëet. Getrou aan sy woord het Jehovah die doodvonnis oor Adam uitgespreek, maar voordat Jehovah die sondige paar tereggestel het, het hy barmhartig toegelaat dat hulle kinders voortbring.—Gen. 2:17; 3:1-19; 5:3-5; vergelyk Deuteronomium 32:4 en Openbaring 12:9.

      Romeine 5:12, 17, 19, NAV: “Deur een mens [Adam] het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het. . . . Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer . . . Baie [het] deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword.”

      1 Kor. 15:22: “Almal [sterwe] in Adam.”

      Kyk ook onder “Noodlot”.

      Waarom sterf babas?

      Ps. 51:7: “In ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.” (Kyk ook Job 14:4; Genesis 8:21.)

      Rom. 3:23; 6:23: “Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God . . . Die loon van die sonde is die dood.”

      God “neem” nie kinders van hulle ouers af weg soos daar vir sommige gesê is nie. Hoewel die aarde genoeg voedsel voortbring, verhinder selfsugtige politieke en kommersiële elemente dikwels dat dit versprei word onder diegene met die grootste behoefte, met die gevolg dat mense van die honger omkom. Net soos volwassenes, sterf sommige kinders in ongelukke. Maar ons het almal sonde geërf; ons is almal onvolmaak. Ons is gebore in ’n stelsel waar almal—die goeies sowel as die slegtes—eindelik sterf (Pred. 9:5). Maar Jehovah ‘verlang’ daarna om kinders met hulle ouers te herenig deur middel van die opstanding, en hy het liefdevol voorsiening getref om dit te doen.—Joh. 5:28, 29; Job 14:14, 15; vergelyk Jeremia 31:15, 16; Markus 5:40-42.

      Waar is die dode?

      Gen. 3:19: “In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”

      Pred. 9:10: “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk [“die graf”, KJ, Kx; “Sjeool”, NW] waar jy heengaan nie.”

      Wat is die toestand van die dode?

      Pred. 9:5: “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie.”

      Ps. 146:4: “Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne [“planne”, RS, NAB, NAV; “gedagtes”, KJ, NW; “al sy denke”, NE] gedaan.”

      Joh. 11:11-14: “Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. . . . Toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.” (Ook Psalm 13:4)

      Is daar ’n deel van die mens wat voortleef wanneer die liggaam sterf?

      Eseg. 18:4: “Die siel [“siel”, NW, RS, NE, KJ, Dy, Kx; “mens”, NAV, JB; “persoon”, TEV] wat sondig, dié moet sterwe.”

      Jes. 53:12: “Omdat Hy sy siel [“siel”, RS, KJ, Dy; “lewe”, TEV; “homself”, JB, Kx, NAB] uitgestort het in die dood.” (Vergelyk Mattheüs 26:38.)

      Kyk ook onder “Siel” en “Gees”.

      Kan die dode die lewendes enigsins help of benadeel?

      Pred. 9:6: “Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.”

      Jes. 26:14: “Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie.”

      Wat van berigte deur persone wat bygebring is nadat hulle glo dood was en wat vertel het van ’n ander lewe?

      Nadat iemand opgehou het om asem te haal en die hart opgehou klop het, duur dit gewoonlik etlike minute voordat die lewenskrag die liggaamselle geleidelik begin verlaat. Indien die liggaam baie koud gehou word, kan daardie proses ure vertraag word. Daarom is dit soms moontlik om persone deur middel van kardiopulmonale resussitasie by te bring. Hulle was sogenaamd “klinies dood”, maar hulle liggaamselle het nog gelewe.

      Baie persone wat ná “kliniese dood” bygebring word, onthou niks. Ander sê dat dit vir hulle gevoel het asof hulle sweef. Sommige sê dat hulle pragtige dinge gesien het; ander is deur hulle ondervinding verskrik.

      Bestaan daar ’n mediese verklaring vir enige van hierdie ervaringe?

      Die mediese redakteur van The Arizona Republic het geskryf: “Wanneer ’n mens se liggaamlike vermoë op sy laagste peil is, soos onder narkose, of as gevolg van siekte of

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel