Lied 136
Lojale aanbidders loof Jehovah
(Psalm 18:25, NW)
1. Al die lojales,Heer,Sal u steeds loof en eer.
Geen vyand sal ons keer;Ons is toegewyd.
Ons sal u liefde prys,En doen wat u vereis.
So lewer ons bewys Van lojaliteit.
2. Ons wil u naam vereer En doen wat u begeer.
Sodoende raak ons weer Metons God versoen.
As ons u Woord studeer,Word ons ge loof steeds meer;
Dan kan ons ander leer Om u wil te doen.
3. Ons wil meer insig hêIn wat die Bybel sê,
Om dade bloot te lêWat u naam onteer.
Mag u u goedheid toon En by die mens kom woon,
Want ons dien voor u troon,Soewereine Heer.
4. Vader,versterk ons wil En maak ons vrese stil,
Dat ons geen tyd verspil Om u naam te prys.
Mag vrede ons oor straal Wyl ons u roem verhaal
In elke land en taal,En ons trou bewys.