Gebruik ’n verskeidenheid brosjures in jou bediening
1 Mense stel vandag in ’n verskeidenheid onderwerpe belang. Terwyl jy gedurende Julie aan die velddiens deelneem, kan jy ’n aantal verskillende brosjures by jou hê en ’n spesifieke een gebruik wat by mense in die gebied byval sal vind. Miskien wil jy een van hierdie aanbiedings probeer:
2 Wanneer jy die brosjure “Die regering wat die Paradys gaan bring” aanbied, kan jy vra:
◼ “Hoe dink jy sou die wêreld wees as God die enigste heerser was? [Laat die huisbewoner antwoord.] Wanneer ons Die Onse Vader bid, wat Jesus Christus ons geleer het, vra ons juis dat God die heerskappy oor die aarde moet oorneem. [Blaai na bladsy 3, en lees die eerste paragraaf, wat Matteus 6:10 aanhaal.] As jy graag in ’n wêreld soos hierdie wil lewe, moet jy hierdie brosjure lees.” Bied dit aan teen ’n bydrae van R1,00.
3 “Wanneer ’n geliefde sterf” kan soos volg aangebied word:
◼ “Dink jy die dag sal ooit aanbreek dat nie een van ons ’n geliefde aan die dood hoef af te staan nie? [Laat die huisbewoner antwoord.] Hierdie interessante brosjure het al miljoene mense vertroos met die Bybel se betroubare belofte dat daardie dag in die nabye toekoms sal aanbreek. [Blaai na bladsy 5, en lees die vierde paragraaf, asook 1 Korintiërs 15:21,22. Blaai dan na die prent op bladsy 30.] Hier het die kunstenaar die vreugde weergegee wat ons moontlik sal smaak wanneer ons ons geliefdes wat gesterf het in die opstanding terugverwelkom. Maar waar gaan hierdie gelukkige toneel hom afspeel? Hierdiebrosjure sal jou die Bybel se antwoord op daardie vraag gee.” As die huisbewoner die brosjure neem, kan jybyvoeg: “Ek sal graag wil terugkom om hierdie onderwerp verder te bespreek.”
4 Jy kan die brosjure “Kyk, Ek maak alles nuut” met hierdie direkte benadering gebruik om ’n Bybelstudie te begin:
◼ “Baie mense het vrae oor die Bybel. Jy het moontlik al oor die antwoord op een van hulle gewonder. [Maak by bladsy 30 oop.] Hierdie laaste vraag het al die belangstelling van baie gewek: ‘Hoe kan jy vir die ewige lewe in die Paradys voorberei?’” As jy paragrawe 57-8 op bladsye 29-30 bespreek en Openbaring 21:3,4 lees, het jy die grondslag gelê om ’n Bybelstudie te begin. Sluit af deur die brosjure by die huisbewoner te laat en reëlings te tref vir ’n herbesoek sodat jy van die ander vrae kan bespreek.
5 Jy sal dalk daarvan hou om hierdie eenvoudige aanbieding met die brosjure “Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan” te probeer:
◼ “Een van die eerste dinge wat ek in die Bybel geleer het, was God se naam. Weet jy wat dit is? [Laat die huisbewoner antwoord.] Kom ek wys jou. Dit is hier in die Engelse Bybel in Psalm 83:18. [Lees.] Hierdie brosjure toon hoe God se naam, Jehovah, in baie verskillende tale voorkom. [Wys na die venster op bladsy 8.] As jy meer omtrent Jehovah en sy voornemens wil leer, moet jy hierdie brosjure lees.” Gee die brosjure aan die huisbewoner.
6 Met so ’n verskeidenheid goeie brosjures om te gebruik, is ons beslis goed toegerus ‘om ’n blye boodskap aan die ootmoediges te bring’.—Jes. 61:1.