Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Dood
    Redenering uit die Skrif
    • besering, neem onwillekeurige beheer oor die liggaamsfunksies dienooreenkomstig af. Die neurohormone en katesjolamiene van die senuweestelsel word gevolglik in onbeheerde hoeveelhede vrygestel. Een van die gevolge is die hallusinasie, wat na die herwinning van die bewussyn gerasionaliseer word, dat jy gesterf en weer tot die lewe teruggekeer het.”—28 Mei 1977, bl. C-1; ook die Duitse mediese tydskrif Fortschritte der Medizin, nr. 41, 1979; Psychology Today, Januarie 1981.

      Maar word die getuienis van diegene wat bygebring is nie gestaaf deur mense aan wie afgestorwe dierbares verskyn en met wie hulle gepraat het nie?

      Lees asseblief weer die tekste wat vroeër aangehaal is oor die toestand van die dode. Wat sê God se Woord van waarheid vir ons oor die toestand van die dode?

      Wie wil hê dat mense iets anders moet glo? Wie het Jehovah weerspreek nadat Hy ons eerste ouers gewaarsku het dat ongehoorsaamheid die dood sou meebring? “Toe sê die slang [wat deur Satan gebruik is; kyk Openbaring 12:9] vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie” (Gen. 3:4). Later het Adam en Eva wel gesterf. Wie het dus die gedagte versin dat ’n geesdeel van die mens ná die dood van die liggaam voortleef? Soos ons reeds gesien het, is dit nie wat God se Woord sê nie. God se wet aan eertydse Israel het die gebruik om die dode te raadpleeg as ‘onrein’ en ’n “gruwel” veroordeel (Lev. 19:31; Deut. 18:10-12; Jes. 8:19). Sou ’n God van liefde hierdie gebruik veroordeel indien die lewendes bloot met afgestorwe dierbares gekommunikeer het? Maar gestel duiwelse geeste het hulle vir die dode uitgegee en die mensdom mislei deur indrukke by hulle te wek wat ’n leuen sou laat voortbestaan. Sou dit dan nie liefdevol van God wees om sy knegte teen sulke bedrog te beskerm nie?—Ef. 6:11, 12.

      Waarom doen Jehovah se Getuies nie aan tradisionele rougebruike mee nie?

      Dit is normaal om bedroef te wees en te treur oor die dood van ’n dierbare

      “Jesus het geween” na die dood van sy boesemvriend Lasarus (Joh. 11:35). Soms was die smart wat God se knegte as gevolg van iemand se dood ervaar het intens.—2 Sam. 1:11, 12.

      Maar as gevolg van die opstandingshoop word Christene meegedeel: “Ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.”—1 Thess. 4:13.

      Jehovah se knegte verwerp nie alle gebruike wat met die dood verband hou nie

      Gen. 50:2, 3, LB: “Toe gee Josef die lykbesorgers bevel om sy pa se liggaam te balsem. Vir veertig dae was hulle daarmee besig—hierdie proses het gewoonlik so lank geduur.”

      Joh. 19:40: “Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.”

      Mense wat God wil behaag, vermy gebruike wat in stryd is met sy Woord

      Sommige gebruike maak ’n mens se smart in die openbaar bekend. Maar Jesus het gesê: “Wanneer julle vas [weens droefheid], moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”—Matt. 6:16-18.

      Sekere gebruike weerspieël die geloof dat die mens ’n onsterflike siel het wat ná die dood van die liggaam voortleef en gevolglik bewus is van wat die oorlewendes doen. Maar die Bybel sê: “Die dooies weet glad niks nie” (Pred. 9:5). Ook: “Die siel wat sondig, dié moet sterwe.”—Eseg. 18:4.

      Baie gebruike spruit voort uit die opvatting dat die dode die hulp van die lewendes nodig het of uit vrees dat hulle die lewendes sal benadeel indien hulle nie gepaai word nie. Maar God se Woord toon dat die dode nòg pyn nòg genot ervaar. “Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.” (Ps. 146:4; kyk ook 2 Samuel 12:22, 23.) “Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.”—Pred. 9:6.

      As iemand sê—

      ‘Dit is God se wil’

      Jy kan antwoord: ‘Dit is ’n baie algemene opvatting. Maar ek het dit nuttig gevind om na te vors wat God self hieroor sê.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘(Lees Genesis 2:17.) As ’n vader sy seun waarsku dat ’n sekere daad hom sy lewe sal kos, sou u dan sê dat die vader wil hê dat die seun dit moet doen?’ (2) ‘Wat is dan werklik God se wil vir die mensdom? Jesus het gesê: “Dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou [dit wil sê, begryp en erken dat Jesus waarlik God se Seun is] en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag” (Joh. 6:40).’

      ‘Mense sal altyd sterf’

      Jy kan antwoord: ‘Dit is beslis wat tot vandag toe met mense gebeur, nie waar nie?’ Dan kan jy byvoeg: ‘Maar kyk na hierdie wonderlike belofte van God in Openbaring 21:3, 4 (of Jesaja 25:8).’

      ‘Dit gebeur wanneer jou tyd om is’

      Jy kan antwoord: ‘Baie mense dink so. Het u geweet dat baie van die eertydse Grieke dieselfde beskouing gehuldig het? Hulle het geglo dat daar drie godinne is wat bepaal het hoe lank elke mens sou leef. Maar die Bybel bied ’n heeltemal ander beskouing van die lewe.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘(Lees Prediker 9:11.) Ter toeligting: ’n Stuk beton kan van ’n gebou afbreek en op ’n voetganger val. Het God dit veroorsaak? Is dit dan redelik om die eienaar van die gebou van nalatigheid aan te kla? . . . Soos die Bybel sê, was dit onbeplan en onvoorsien dat die voetganger presies daar was net toe die beton geval het.’ (2) ‘Die Bybel deel ons mee dat indien ons slegte gedrag vermy, ons ons lewe bewaar (Spr. 16:17). Indien u ’n ouer is, is ek seker dat u daardie beginsel in verband met u kinders toepas. U waarsku hulle teen dinge wat die dood tot gevolg kan hê. Jehovah doen vandag dieselfde vir die hele mensdom.’ (3) ‘Jehovah weet wat die toekoms inhou. Deur middel van die Bybel deel hy ons mee hoe ons ’n veel langer lewe kan geniet as die mense wat ignoreer wat hy sê (Joh. 17:3; Spr. 12:28).’ (Kyk ook onder “Noodlot”.)

  • Doop
    Redenering uit die Skrif
    • Doop

      Definisie: Die woord “doop” vertaal die Griekse woord ba·ptiʹzein, wat beteken “indompel, onderdompel” (A Greek-English Lexicon, deur Liddell en Scott). Christelike waterdoop is ’n uiterlike simbool dat die dopeling hom volkome, onvoorwaardelik en sonder voorbehoud deur Jesus Christus toegewy het om die wil van Jehovah God te doen. Die Skrif praat onder meer ook van die doop van Johannes, doop met die heilige gees en doop met vuur.

      Huiwer mense wat werklik God se Woord glo om hulle te laat doop?

      Matt. 28:19: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

      Hand. 2:41: “Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop.”

      Hand. 8:12: “Toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.”

      Hand. 8:36-38: “Terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die [Ethiopiese] hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? . . . En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en . . . Filippus . . . het hom gedoop.”

      Christelike waterdoop—deur besprinkeling of algehele onderdompeling?

      Mark. 1:9, 10: “Jesus . . . is deur Johannes in die Jordaan

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel