Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/95 bl. 11
  • Doen alles tot heerlikheid van God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doen alles tot heerlikheid van God
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Gesellige vermaak—Geniet die voordele, vermy die strikke
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • “Doen alles tot eer van God”
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Die lieflike weg van gasvryheid — Iets wat dringend nodig is!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Heilsame ontspanning wat verkwik
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 9/95 bl. 11

Doen alles tot heerlikheid van God

1 Hoe verkwikkend is dit tog om met ons dierbare broers en susters om te gaan! (1 Kor. 16:17, 18). Ons doen dit by vergaderinge, by kring- en streekbyeenkomste en in die veldbediening. Ons assosieer ook tydens informele geleenthede, soos wanneer ons gaste in ons huis ontvang. Sodoende betoon ons gasvryheid en bemoedig ons mekaar (Rom. 12:13; 1 Pet. 4:9). Wanneer huweliksonthale gereël word, moet die goeie raad in Die Wagtoring van 1 Mei 1984 in gedagte gehou word.

2 Georganiseerde sosiale geleenthede: Hetsy ons “eet of drink of enigiets anders doen”, ons moet “alles tot heerlikheid van God” doen (1 Kor. 10:31-33). Party slaan nie ag op hierdie raad nie, en probleme ontstaan steeds omdat sosiale geleenthede so groot is dat daar nie behoorlik toesig daaroor gehou kan word nie. Partykeer word honderde mense na oordadige funksies genooi waar wêreldse vermaak geniet word. Soms word diegene wat dit bywoon, gevra om toegangsgeld of ander fooie te betaal. Sulke gesellighede kom baie met wêreldse geleenthede ooreen, waarvan die gees onwelvoeglik en in stryd met Bybelbeginsels is.—Rom. 13:13, 14; Ef. 5:15-20.

3 Daar is berig dat groot huweliksonthale, met meer as 1 000 gaste by party, al gereël is. In ander gebiede is huweliksuitnodigings uitgestuur waarin slegs volwassenes, nie kinders nie, na die onthaal genooi is. Party het huweliksonthale ongenooid bygewoon. Strook dit met riglyne wat in die verlede gegee is? Beslis nie! Omdat dit so moeilik is om behoorlik oor sulke groot groepe toesig te hou, het probleme ontstaan. Dit het soms tot luidrugtigheid, die oormatige gebruik van sterk drank en selfs onsedelikheid aanleiding gegee (Ef. 5:3,4). Dit het tot gevolg gehad dat party uitgesit of regterlik tereggewys is en dat party ouer manne en bedieningsknegte selfs hulle diensvoorreg verloor het. Sulke gesellighede strek Jehovah beslis nie tot eer nie. Dit bring eerder oneer op die goeie naam van die gemeente en laat ander struikel.—1 Kor. 10:23, 24,29.

4 Christene word aangemoedig om gasvryheid te betoon, maar die klem moet op die geestelike uitwisseling gelê word (Rom. 1:11, 12). Klein gesellighede is gewoonlik die beste. Die Ons bediening-boek sê op bladsye 135-6: “Soms word verskeie gesinne na ’n huis genooi vir Christelike omgang. ... Dit is redelik dat diegene wat by sulke geleenthede die gashere is persoonlik verantwoordelik moet voel vir wat plaasvind. Met die oog daarop het oordeelkundige Christene dit wys geag om die grootte van sulke groepe en die duur van die gesellighede te beperk.” Jesus het getoon dat niks oordadigs nodig is wanneer ons ons vriende geestelik wil bemoedig nie.—Luk. 10:40-42.

5 Dit is goed om gasvryheid teenoor mede-Christene te betoon. Maar daar is ’n groot verskil tussen ’n beskeie geselligheid in ons huis en ’n oordadige geleentheid wat ’n wêreldse gees weerspieël in ’n gehuurde fasiliteit. Wanneer jy ander nooi om jou gaste te wees, moet jy seker wees dat jy volle verantwoordelikheid kan aanvaar vir wat plaasvind.—Sien Die Wagtoring van 15 Augustus 1992, bladsye 17-20.

6 Jehovah het ons waarlik met ’n broederskap geseën van wie ons verkwikkende bemoediging ontvang, wat ons beweeg om met voortreflike werke voort te gaan (Matt. 5:16; 1 Pet. 2:12). Deur beskeidenheid en redelikheid ten opsigte van sosiale aktiwiteite aan die dag te lê, sal ons altyd ons God verheerlik en ander opbou.—Rom. 15:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel