Lied 187
Alles word nuut gemaak
1. Die teken des tyds toon die Seun is bekroon.
Met glorie en mag is hy nou beloon.
’n Stryd maak die hemel weer rein en skoon.
Geregtigheid sal weer op aarde woon.
(Refrein)
2. Die Nuwe Jerusalem is klaar getooi.
Die Bruid van die Lam skitter wondermooi.
Met edelgesteentes is sy versier.
Die tyd vir haar huwelik is nou hier.
(Refrein)
3. Die heerlike stad word met vreugde verwag.
Haar poorte is oop beide dag en nag.
Sy gee aan die nasies ’n helder lig.
O knegte vanGod,laat jul daardeur rig.
(Refrein)
Wees bly,Want God woon by die mens,
En hy vervul hul laaste wens.
Geen pyn of smart sal daar meer wees nie,
Geen dood of droef- heid word gevrees nie,
Want God maak alles nuut en wonderbaar.
Sy woord is ge trou en waar.