Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wederkoms
    Redenering uit die Skrif
    • Dan. 7:13, 14: “Met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ’n mens [Jesus Christus], en Hy het gekom tot by die Oue van dae [Jehovah God], en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer.”

      1 Thess. 4:15, 16: “Dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.” (Diegene wat saam met Christus gaan regeer, sal dus opgewek word om saam met hom in die hemel te wees—eers diegene wat voor sy wederkoms gesterf het en dan diegene wat ná die Here se wederkoms sou sterf.)

      Matt. 25:31-33: “Wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.”

      2 Thess. 1:7-9: “Aan julle wat verdruk word, verligting . . . saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte.”

      Luk. 23:42, 43, NW: “Hy [die simpatieke kwaaddoener wat langs Jesus aan die paal gehang is] sê verder: ‘Jesus, dink aan my wanneer u in u koninkryk kom.’ En hy sê vir hom: ‘Voorwaar, ek sê vandag vir jou: Jy sal saam met my in die Paradys wees.’” (Onder Jesus se heerskappy sal die hele aarde ’n paradys word; die dode wat in God se geheue is, sal opgewek word met die geleentheid om vir ewig volmaakte lewe op aarde te geniet.)

  • Wegraping
    Redenering uit die Skrif
    • Wegraping

      Definisie: Die opvatting dat getroue Christene liggaamlik van die aarde af weggeraap sal word, skielik uit die wêreld weggeneem sal word, om “in die lug” met die Here verenig te word. Sommige meen dat 1 Thessalonicense 4:17 die “wegraping” beskryf. Die woord “wegraping” kom nie in die geïnspireerde Skrif voor nie.

      Watter onderwerp was onder bespreking toe die apostel Paulus gesê het dat Christene “weggevoer” sou word om by die Here te wees?

      1 Thess. 4:13-18: “Broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes [“die wat in die dood slaap”, NE; “diegene wat gesterf het”, TEV, JB] nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.” (Sommige lede van die Christengemeente in Thessalonika het klaarblyklik gesterf. Paulus het die oorlewendes aangespoor om mekaar met die opstandingshoop te troos. Hy het hulle daaraan herinner dat Jesus uit die dood opgewek is; net so sou die getroue Christene onder hulle wat gesterf het by die koms van die Here opgewek word om by Christus te wees.)

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel