Lied 156
“Ek wil”
1. God se Seun het liefde so skoon
Aan diemens op aarde betoon.
Hy’t die hemel verlaat Om in woord en in daad
God se wil met sukses te bekroon.
Omdat mense siek word en ly,
Het hy hul so jammer gekry.
Weens sy deernis was Jesus dus nooit traag
Om aan siekes te sê:‘Ek wil graag.’
2. Watter hulp gee God mense nou
Deur ’n ‘dienskneg,wys en getrou’!
Hy gee voedsel op tyd Aan Gods volk wêreldwyd
Om geloof hier op aarde te bou.
Selfs dieswakkes moet kan besef
Dat ons hul wil help en verhef.
As daar wese en weduwees opdaag,
Sal jy dadelik sê:‘Ek wil graag’?
3. Ons sal preek om mense te red;
Teen Gods opdrag ons nie verset.
Die wat sug en wat steun,Wat benoud is en ween,
Moet ons troos met Gods Woord en sy wet.
Ons is bly as hul vinnig leer,
Reine Bybelwaarheid waardeer,
En dan vrede met God yw’rig najaag.
Dit spruit voort uitons woord:‘Ek wil graag.’