Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ssb lied 138
  • O gaan met God!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • O gaan met God!
  • Sing lofliedere voor Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • O, wandel met Jehovah God!
    Sing vir Jehovah
  • Sal jy met God wandel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • O, wandel met Jehovah God!
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Miga 6:8 – “Wandel met jou God”
    Verduidelikings van Bybelverse
Sien nog
Sing lofliedere voor Jehovah
Ssb lied 138

Lied 138

O gaan met God!

(Miga 6:8)

1. O gaan met God in ned’righeid,

Beskeie en opreg.

Behou steeds jou onkreukbaarheid,

En wandel op sy weg.

Bewaar die waarheid soos ’n pand,

En laat jou nie verblind;

Dan reik Jehovah jou die hand

Soos ons doen met ’n kind.

2. O gaan met God in vlekloosheid,

Vermy die kwaad voortaan.

Verkry sy guns deur deurentyd

Tot rypheid voort te gaan.

Bedink wat rein en lieflik is,

Regverdig,loflik,waar.

Deur toetse heen bly jy gerus

Met God as steunpilaar.

3. O gaan met God,wees toegewyd,

Dien hom met hart en sin.

Want godsvrug en tevredenheid

Strek jou tot groot gewin.

O gaan met God;wees altyd bly.

Besing sy heerlikheid.

Die grootste vreugde word verkry

In Koninkryksarbeid.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel