Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 9/22 bl. 32
  • Waar gasvryheid aan vreemdelinge betoon word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar gasvryheid aan vreemdelinge betoon word
  • Ontwaak!—1995
Ontwaak!—1995
g95 9/22 bl. 32

Waar gasvryheid aan vreemdelinge betoon word

In September 1994 het ’n man van Michigan, VSA, aan die gemeente van Jehovah se Getuies in Lebanon, Tennessee, geskryf. Hy het verduidelik:

“Ek het Sondag, 6 Junie 1993, julle openbare toespraak en Wagtoring-studie bygewoon. Dit was die heel eerste keer wat ek binne ’n Koninkryksaal was, en ek was werklik beïndruk deur al die glimlaggende gesigte en die opregte liefde wat aan my betoon is. Ek het ’n paar minute laat gekom, en toe ek ingaan, het ek alleen gaan sit. ’n Jong egpaar in dieselfde ry het vir my ’n Bybel en uiteindelik ’n eksemplaar van Die Wagtoring geleen vir die studie.

“Ná die vergaderinge het die meeste van julle met my gesels, my hand geskud en my besoek ’n baie aangename ondervinding gemaak. Toe ek julle Koninkryksaal uiteindelik verlaat, het ek drie boeke saamgeneem—die Bybel, Die grootste mens wat nog geleef het en Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe. Daardie nag het ek byna die hele Paradys op aarde-boek gelees, en ek het ’n nuwe naam vir my God leer ken, Jehovah. . . .

“Ek wil hê julle moet almal weet hoeveel ek julle wonderlike gasvryheid teenoor ’n algehele vreemdeling waardeer het en ek wil veral hê julle moet weet dat . . . ek op 9 Julie 1994 op die jeugdige ouderdom van 70 gedoop is.”

As jy graag hartlike gasvryheid wil ontvang van diegene wat dit geniet om God te dien, skryf gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5. Hulle sal jou met die Koninkryksaal naaste aan jou in aanraking bring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel