Lied 10
Wees standvastig, onbeweeglik!
1. Hier in die “tyd van die einde”vol smart
Moet ons ons God dien met ons hele hart.
Sterk,onbeweeglik wil ons altyd bly,
Anders sal ons skade ly.
(Refrein)
2. Satan se stelsel bied baie vermaak.
God se beginsels moet ons nooit versaak.
Bly ons standvastig,aan God altyd trou,
Sal ons die lewe behou.
(Refrein)
3. Kom ons dien God met groot ywer en krag.
Laat ons in hoop en geloof op Hom wag.
Laat ons die Goeie Nuus oral vertel,
Want dit is God se bevel.
(Refrein)
Standvastig moet almal bly; Trou hierdie wêreld vermy,
Wyl ons God se wet hou en so sy seën verkry!