Lied 21
Loof Jehovah se Koninkryk!
1. Loof Jehovah se regering
Wat vir ewig sal bestaan.
Selfs die Satan en sy duiwels
Is deur Migael reeds verslaan.
Weldra word die Duiwel,Satan,
Duisend jaar lank vasgebind.
Loof Jehovah en sy Christus,
Want hul voer oor al’s bewind.
2. Laat die ‘broers’van onse Koning
Onbevrees die weg nou baan.
Hul verwelkom Gods regering,
Want hul het ’n deel daaraan.
Laat die ‘skape’wat die hoop het
Op ’n aardse paradys
Met die dapper ‘dienskneg’saamwerk
En die Koninkryk bly prys.
3. Loof die Koninkryk met vreugde;
Laat ons trou die boodskap dra.
Maak van allerhande mense
‘Mense van sy welbehae’.
Loof die Koninkryk van vrede;
Ja,verkondig dit tesaam.
Want dit seën die mens vir ewig
En verheerlik God se naam.