Lied 41
Loof Jehovah, die Rots
1. ‘Slaan ag op my woord,o hemel en aard’;
Ja,luister met sorg,aandagtig,bedaard.
My leer drup soos reën,my woorde soos dou;
Soos sagte reën kom God se waarheid na jou.’
2. Kom,mense,verhef Jehovah se naam;
Vertel wyd en syd van God se groot faam.
Sy werk is volkome en trou is sy weg.
Prys God om sy grootheid,want hy is opreg.
3. Regverdig en trou is ons God en Heer;
Volmaak is sy wet en wys is sy leer.
Personifikasie van waarheid en reg,
Jehovah ons Rots haat ’n sondige weg.
4. Vrees God,ons sterk Rots,en hou sy gebod.
Sy woord en bevel verskaf groot genot.
Mag ons nie verderf saai wat lei tot ons smart,
Maar Hom getrou dien met lojale,rein hart.