Lied 93
Jehovah se lieflike plek van aanbidding
1. Hoe lieflik is u tempel,Heer,
Dit word gebruik om u te eer!
Net daarheen is my hunkering,
Ja,daar wil ek my loflied sing,
Ja,daar wil ek my loflied sing.
2. Jehovah,as ons kom na u
Dat u ons kragte kan hernieu,
Dan maak u ons deur liefde sterk,
Weer jonk en kragtig vir u werk,
Weer jonk en kragtig vir u werk.
3. ’n Dag by u bring meer genot
As duisend ander weg van God.
Ek sal veel eerder hier wil staan
As om met boosaards om te gaan,
As om met boosaards om te gaan.
4. Jehovah is ’n son en skild,
Hy is vol liefde en geduld.
Daar is niks goeds wat hy weerhou
Van ‘skape’ wat op Hom vertrou,
Van ‘skape’wat op Hom vertrou.