Lied 34
Laat ons ons naam waardig bly
(Jesaja 43:10-12, NW)
1. Vader Jehovah,almagtig en ewig,
Liefde en reg—dit betoon u volmaak.
Bron van die waarheid, on eindig in wysheid,
U sal as Koning oor u skepping waak.
Tallose engele dien u met vreugde;
U skeppings dade voeg eer vir u by.
U noem ons self u geseënde Getuies;
O,mag ons altyd ons naam waardig bly!
2. Help ons,o Heer,om by elke geleentheid
U naam te loof en u “skape”te voed,
En trou te volg in die spore van Jesus
Wyl ons sy voorskrifte volg soos ons moet.
Ons wil ook daagliks opreg voor u wandel
Dat nooit deur ons u naam oneer sou ly.
As u Getuies het ons ’n groot voorreg.
O,mag ons altyd ons naam waardig bly!
3. Wyl ons steeds voortgaan in u diens so kosbaar,
Liefde en vrede met blydskap bewaar,
Is vergenoegdheid ons daaglikse erfdeel;
Dit maak ons bly om u lof te verklaar.
Mag ons u naam altyd eer en verheerlik;
Spreek oor die waarheid wat lewe kan gee;
Want so verskaf ons Jehovah groot vreugde;
Blydskap vir hom bring dit sekerlik mee!