-
Weeklikse deelname aan die bediening verskaf groter vreugdeKoninkryksbediening — 1987 | April
-
-
neem. Jou boekstudiehouer sal bly wees om jou die nodige hulp te verleen om ’n praktiese rooster op te stel wat by jou omstandighede pas. Onthou die goeie nuus ‘moet aan al die nasies verkondig word’ (Mark. 13:10). Oorweeg gerus hierdie wenke biddend sodat jy ook elke week aan hierdie belangrike werk kan deelneem.
SEËNINGE WAT JY KAN GENIET
6 Jy kan moontlik nie die goeie nuus verkondig in dieselfde mate as pioniers nie. Maar as jy gereeld elke week daaraan deelneem, sal jou bediening effektiewer wees en jou vreugde sal ooreenstemmend toeneem. Toe die 70 deur Jesus uitgestuur is, het hulle “met blydskap teruggekom” en hulle ondervindinge vertel (Luk. 10:17). Gereelde deelname aan die predikingswerk selfs onder moeilike omstandighede sal jou vreugde laat toeneem.
7 Almal word aangespoor om tyd af te staan om elke week die goeie nuus met ander te deel. As jy dit doen, sal jy ’n bekwamer onderrigter word en sal jou vreugde toeneem, en dit alles strek Jehovah tot eer.
-
-
Diensrapport vir JanuarieKoninkryksbediening — 1987 | April
-
-
Diensrapport vir Januarie
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 322 9 33
Lesotho 892 87 68
St. Helena (Des.) 110 2 -
SWA 412 10 23
Swaziland 919 21 175
Suid-Afrlka 39 378 1 261 3 189
-
-
Bied die Goeie Nuus Aan—Op ’n doeltreffende en ordelike wyseKoninkryksbediening — 1987 | April
-
-
Bied die Goeie Nuus Aan—Op ’n doeltreffende en ordelike wyse
1 Jesus het sy dissipels beveel: “In watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is” (Matt. 10:11). Vandag volg ons ’n soortgelyke metode, en dit verg groot inspanning en miljoene ure om diegene te soek wat graag wil luister. Hoe kan ons die Koninkryksboodskap wêreldwyd op ’n ordelike wyse aanbied?
2 Gemeentes ontvang gebiedstoewysings van die takkantoor, hetsy in stedelike of in plattelandse gebiede (1 Kor. 14:40). Dit strook met die patroon wat in die eerste-eeuse Christengemeente gevolg is (2 Kor. 10:13; Gal. 2:9). Dit is noodsaaklik om goed afgebakende gebiedstoewysings te hê as daar op ’n doeltreffende en ordelike wyse na die Koninkrykswerk omgesien moet word.
GEBALANSEERDE DEKKING
3 Die diensopsiener het toesig oor al die reëlings wat die dekking van gemeentelike gebied behels. Maar ’n bedieningskneg kan die gebied uitgee. Hy moet die verslae van tyd tot tyd nagaan en gebiede waarin lank nie gewerk is nie, aanteken. Hy sal diegene wat gebied aanvra, meedeel watter gebiede gedek moet word en sal ’n betekenisvolle verslag hou van die werk wat gedoen word. Ons doelwit is om alle gebiede ten minste een keer per jaar te dek. Elke keer wanneer ’n gebied gedek is, moet die persoon aan wie die gebied uitgereik is die broer wat na die gebiedsverslae omsien daarvan in kennis stel.
4 Wat behels dit nog om die gemeente se gebied op ’n doeltreffende en ordelike wyse deeglik te dek? Ons wil soveel mense moontlik bereik. Kan jy die goeie nuus verkondig aan iemand in elke huis in die gebied waarin jy werk? Goeie huis-tot-huisverslae moet gehou word sodat verdere pogings aangewend kan word om te praat met diegene wat by die eerste besoek nie tuis was nie of wat besig was. Sommige in julle gebied sal moontlik per brief, telefoon of op ander maniere, soos straatwerk, bereik moet word. (Kyk kmAF 10/76 bl. 8; kmAF 5/84 bl. 5; kmAF 6/84 bl. 7.) Die diensopsiener en Gemeentelike Boekstudiehouers sal wenke gee in ooreenstemming met plaaslike toestande en individue se omstandighede.
5 Omdat ons opreg daarin belangstel om almal wat in ons gebied woon te help om die Koninkryksboodskap te hoor, moet ons vasbeslote wees om hulle herhaaldelik te besoek en verskillende benaderings saam met die voorgeskrewe lektuur- en tydskrifaanbiedings te gebruik. Wanneer ons belangstelling vind, wil ons teruggaan en dit ontwikkel.
6 Opregte liefde vir Jehovah en vir ons medemens moet ons beweeg om ten nouste saam met die diensopsiener en Gemeentelike Boekstudiehouers te werk sodat ons goed kan omsien na die deel van die veld wat aan ons sorg toevertrou is. Jehovah sal ons opregte poging om die goeie nuus op ’n doeltreffende en ordelike wyse aan te bied, seën.
-
-
Gemeentelike BoekstudieKoninkryksbediening — 1987 | April
-
-
Gemeentelike Boekstudie
Rooster vir gemeentelike studies in die boek Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”:
29 Maart: Hoofstuk 1
5 April: Hoofstuk 2
12 April: Hoofstuk 3
19 April: Hoofstuk 4
26 April: Hoofstuk 5
-
-
VraebusKoninkryksbediening — 1987 | April
-
-
Vraebus
• Hoe moet ’n begrafnis gehou word?
Alle teokratiese aktiwiteite, asook begrafnisse wat ons hou, moet “welvoeglik en ordelik” geskied (1 Kor. 14: 40). Ons moet teokratiese prosedure noukeurig volg en nie die gebruike van die wêreld navolg nie.
Die Genootskap het ’n skets vir ’n begrafnistoespraak voorsien en het afskrifte aan alle gemeentes gestuur. Ons beveel aan dat die liggaam van ouere manne een of twee ouere manne aanwys om die skets noukeurig te bestudeer ingeval hierdie toespraak gehou moet word. Wanneer daar ’n begrafnis is, sal die ouere manne besluit wie die diens sal hou, tensy die familie van die oorledene hulle keuse aangedui het. Die toespraak moet goed voorberei word met die oorledene in gedagte. Die spreker moet so streng moontlik by die Genootskap se skets bly. Hy moet nie valse godsdiens aanval nie, maar eerder by die Bybel se hoop vir die dode hou. Die skets maak nie voorsiening vir ’n openingslied of -gebed nie. Maar die toespraak moet met gebed afsluit. ’n Lied kan voor die gebed gesing word. Die spreker moet die aanwysing onderaan die skets volg.
In die geval van ’n begrafnis met ’n toespraak by die Koninkryksaal of elders, sal die spreker moontlik ’n paar ekstra woorde by die graf wil sê wat die aandag op die Koninkryk en die opstandingshoop vestig. Dit moet kort wees. Die spreker sal die vriende bedank vir hulle teenwoordigheid, wat ’n bron van vertroosting vir die bedroefdes is. As ligte verversings berei is, kan die aanwesiges genooi word om dit te geniet. Vermy wêreldse gebruike deur nie ’n oordadige feesmaal te berei nie. Sommige Christengesinne het heidense gebruike nagevolg en buitensporige feesmale by begrafnisse gereël. Hierdie gebruik moet gestaak word! Hou in gedagte dat die doel van die geleentheid nie is om te eet en te drink nie, maar om Jehovah as ’n God van genade te loof, om die bedroefdes te vertroos en om ’n getuienis vir die waarheid te lewer. Net een spreker sal die diens hou. ’n Ander broer, nie noodwendig ’n ouere man nie, kan die gebed doen.
Wanneer die lyk veras word, verkies party om net ’n gedenkdiens by die Koninkryksaal te hê. In hierdie soort toespraak kan meer besonderhede oor die getroue diens van die oorledene verstrek word, indien toepaslik. Dit is dan ook nie nodig om die lyk daar te hê nie. In so ’n geval kan die nabestaandes ’n kort diens by die krematorium hê. Met ’n gewone begrafnis wil net die familie moontlik na die graf gaan en dan ’n gedenkdiens agterna laat hou. Die toespraak hoef nie langer as 30 minute te wees nie. Dit moet met lied en gebed afgesluit word.
Wanneer ’n begrafnis ooreenkomstig teokratiese prosedure gehou word, lewer dit ’n goeie getuienis vir Jehovah, die God van liefde en genade. Dit vertroos ook die bedroefdes. Ons moet nooit swig voor druk van diegene wat wêreldse gebruike of gebede deur valse geestelikes wil insluit nie. Laat ons lojaal deur die beginsels van Jehovah se Woord en sy organisasie gelei word.
-