Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rq les 1 bl. 3
  • Hoe jy kan uitvind wat God vereis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe jy kan uitvind wat God vereis
  • Wat vereis God van ons?
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel is God se boodskap aan ons
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Kom die goeie nuus regtig van God?
    Goeie nuus wat van God kom!
  • Waarom moet ons by God leer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • ’n Brief van ’n liefdevolle God
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Wat vereis God van ons?
rq les 1 bl. 3

Les 1

Hoe jy kan uitvind wat God vereis

Watter belangrike inligting bevat die Bybel? (1)

Wie is die outeur van die Bybel? (2)

Waarom moet jy die Bybel bestudeer? (3)

1. Die Bybel is ’n kosbare geskenk van God af. Dit is soos ’n brief van ’n liefdevolle vader aan sy kinders. Dit vertel ons die waarheid omtrent God—wie hy is en wat hy voorstaan. Dit verduidelik hoe probleme die hoof gebied kan word en hoe ware geluk gevind kan word. Net die Bybel vertel ons wat ons moet doen om God te behaag.—Psalm 1:1-3; Jesaja 48:17, 18, NW.

2. Die Bybel is oor ’n tydperk van 1 600 jaar, van 1513 v.G.J. af, deur ongeveer 40 verskillende manne geskryf. Dit bestaan uit 66 boekies. Diegene wat die Bybel geskryf het, is deur God geïnspireer. Hulle het sy gedagtes neergeskryf, nie hulle eie nie. God in die hemel, nie enige mens op die aarde nie, is dus die Outeur van die Bybel.—2 Timoteus 3:16, 17; 2 Petrus 1:20, 21.

3. God het seker gemaak dat die Bybel noukeurig oorgeskryf is en behoue gebly het. Meer Bybels is al gedruk as enige ander boek. Nie almal sal bly wees om te sien dat jy die Bybel bestudeer nie, maar moenie dat dit jou keer nie. Jou ewige toekoms hang daarvan af of jy God leer ken en sy wil doen ten spyte van enige teenstand.—Matteus 5:10-12; Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel