Lied 189
Roep Jehovah se dag van wraak uit
1. Die mensdom word gewaarsku;
Hul hoor die Godsbesluit:
Sy dag van wraak snel nader,
En niemand kan dit stuit.
Vrymoedig spreek ons daaroor
Al word ons nie waardeer.
Ons moet die mensdom waarsku;
Gods Koninkryk regeer.
2. Jehovah kom die wraak toe,
En Jesus lei sy leër.
Geregtigheid sal seëvier
En waarheid triomfeer.
Die strategie van Satan
Sal heeltemal misluk.
Ons God maak ons slagvaardig,
Gereed om op te ruk.
3. Gods wagte waarsku mense.
Eenstemmig roep hul uit.
Nie een verlaat sy pos nie,
Maar doen wat God besluit.
God reël die tyd vir sake;
Daar’s bitter min tyd oor
Vir evangelisasie
Voor mense al’s verloor.