Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/98 bl. 1
  • Jehovah gee krag wat bo die normale is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah gee krag wat bo die normale is
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Vra na Jehovah en sy sterkte’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Jehovah gee die vermoeide krag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • ’n Werk wat deur God gesteun word
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • “Jehovah . . . het groot krag”
    Kom nader aan Jehovah
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 1/98 bl. 1

Jehovah gee krag wat bo die normale is

1 ’n Kosbare voorreg van heilige diens—die Christelike bediening—is aan al Jesus se dissipels toevertrou (Matt. 24:14; 28:19, 20). Maar menslike onvolmaaktheid en die druk van hierdie stelsel van dinge kan soms daartoe lei dat ons onsself as taamlik onbekwaam beskou.

2 Wanneer dit gebeur, kan ons bemoedig word deur die apostel Paulus se brief aan die gesalfde Christene in Korinte. Hy het geskryf: “Ons het . . . hierdie skat in erdehouers” (2 Kor. 4:7). Paulus was oortuig: ‘Aangesien ons hierdie bediening het, gee ons nie moed op nie’ (2 Kor. 4:1). Ja, dit is vir elkeen van ons, hetsy van die gesalfde klas of van die “ander skape”, ’n uitdaging om aan te hou om die goeie nuus te verkondig en ‘nie moed op te gee nie’. Ons het krag nodig van God, wat ‘krag bo die normale’ voorsien.—Joh. 10:16; 2 Kor. 4:7b.

3 Dit is bemoedigend dat talle Getuies ywerige evangeliedienaars is ondanks die feit dat hulle met hewige teenstand, ernstige gesondheidsprobleme of beperkte finansies te kampe het. Ons almal moet besef dat ons predikingstoewysing Jehovah se steun geniet. Ons moenie toelaat dat ontmoediging of vrees ons voorneme om te preek, verswak nie, maar laat ons eerder “[aanhou] om krag te verkry in die Here en in die mag van sy sterkte”.—Ef. 6:10; Spr. 24:10, NW.

4 Hoe om God se krag te verkry: Hou vol met gebed en vra vir God se hulp en krag (Rom. 12:12; Fil. 4:6, 7). Vertrou dan met jou hele hart op Jehovah om jou krag te gee wat bo die normale is (Spr. 3:5). Lees die hedendaagse lewensverhale in ons tydskrifte, want hulle lewer bewys dat Jehovah sy knegte vandag help om beproewinge te verduur. Bly na aan die broers in die gemeente en moenie die gemeentelike vergaderinge nalaat nie.—Rom. 1:11, 12; Heb. 10:24, 25.

5 Mag ons alles in ons vermoë doen om in aanmerking te kom om Jehovah se krag te ontvang—’n krag wat bo die normale is en wat ons sal help om nie moed op te gee met hierdie allerbelangrikste werk om die Koninkryk te verkondig nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel