Lied 81
Dankbaarheid vir God se geduld
1. Jehovah God,u grote mag
Het alles voortgebring in prag.
Hiervan getuig die heel natuur,
Hemel en aarde,uur na uur.
Al sal die skoonheid vreugde gee
Aan diéwat wandel in u weë,
Sal skoner wees as al diéprag
Die sege van u oppermag.
2. U ywer vir geregtigheid
Kan kwaad laat eindig voor die tyd;
Maar dat ons ook in redding deel,
Het u geen slagting nog beveel.
Almal wat lief is vir u naam
Loof,eer en dank u nou tesaam
Vir u geduld en u groot dag
—Die sege van u oppermag.
3. U groot geduld benut ons bly;
Ons sal die goeie nuus versprei,
En al u eienskappe prys,
Waarop u Woord so duid’lik wys.
Help ons die weg gelyk te maak
Dat baie ander reddingsmaak,
En met ons saam ook kan verwag
Die sege van u oppermag.