Lied 15
Uiteindelik, die ewige lewe!
1. Kyk met jou oog van geloof.
Sien jy hoe volke saamwoon?
Vrede gedy.Niemand ly.
Daar is geen smart en pyn.
(Refrein)
2. Mens en dier woon almal saam,
Doen mekaar nie meer leed aan.
Niemand sal swoeg.Daar’s genoeg
Voedsel vir al wat leef.
(Refrein)
3. Grysaards keer t’rug tot hul jeug;
Vlees word fris nes ’n kind s’n.
Pyne verdwyn.Niemand kwyn.
Nooit word daar weer geween.
Refrein
4. Almal in Gods paradys
Sal bly spreek oor sy glorie,
En elke dag Met hul mag
Dank aan ons Maker bring.
(Refrein)
Sing met ’n blye hart.
Nooit weer ervaar jy smart.
God sal beskik:
“Eindelik Mag jy vir ewig leef!”