Lied 29
Voorwaarts, Getuies!
1. Trou en onwrikbaar in hierdie laaste dag
Verdedig Gods knegte sy boodskap met hul mag.
Wyl Satan Gods volk wil laat twyfel,
Laat krag van hul God hul nooit weifel.
(Refrein)
2. Waarheid en reg is nou vinnig aan die kwyn.
Die naam van Jehovah wil mense laat verdwyn.
Dit moet nou in ere herstel word.
Die waarheid moet oral vertel word.
(Refrein)
3. Stryders van Jah is nie lui of bang of traag.
Die wêreld en konings probeer hul nie behaag.
Maar vlekloos bly hulle gedurig;
Hul hoed hul onkreukbaarheid vurig.
(Refrein)
Gaan voorwaarts,Getuies,bly immer sterk van hart.
Wees bly in Jehovah,sy diens bring ons geen smart.
Vertel wyd en syd God se Konink ryk is hier.
Kort voor lank sal geregtigheid seëvier!