Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • My geslag—Uniek en hoogs bevoorreg!
    Die Wagtoring – 1987 | Augustus 1
    • Ek antwoord sonder aarseling: “Om te sien hoe die Bybelprofesieë wat eeue gelede deur geïnspireerde en toegewyde manne neergeskryf is, in my geslag vervul word.”’

      Lede van my geslag buite die teokratiese organisasie het natuurlik geword presies soos die Fotodrama van die Skepping in 1914 gesê het hulle sou word: behep met geld, genot en eer. Dié van ons in die Here se organisasie het op elke moontlike manier probeer om hulle aandag op die boodskap van die lewe te vestig. Ons het gebruik gemaak van slagspreuke, volblad-advertensies, die radio, klankmotors, grammofone, reusebyeenkomste, informasie-optogte van verkondigers wat plakkate dra en ’n groeiende leër van bedienaars wat die predikingswerk van huis tot huis doen. Hierdie bedrywigheid het gehelp om mense te skei—diegene wat ten gunste van God se opgerigte Koninkryk is aan die een kant, diegene wat dit teenstaan aan die ander kant. Dit is die werk wat Jesus vir my geslag voorspel het!—Mattheüs 25:31-46.

      Totdat my “moeë hart” ophou klop, sal dit met waardering bly klop vir die voorreg wat ek geniet het om ’n lid van ’n unieke geslag te wees. Dit sal aanhou om met opgewondenheid te klop oor die voorreg wat ek nou het om miljoene glimlaggende gesigte te sien wat die vooruitsig het om vir ewig aan te hou glimlag.

  • ’n Kind loof Jehovah
    Die Wagtoring – 1987 | Augustus 1
    • ’n Kind loof Jehovah

      KINDERS het baie geleenthede om te getuig as hulle ’n sterk begeerte het om Jehovah te dien. Dit blyk uit die ondervinding van ’n vyfjarige seuntjie in westelike Kenia.—Prediker 12:1.

      Sy moeder het hom gevra: “Wat wil jy word wanneer jy groot is?” Die seuntjie het ’n spesiale pionier in die gemeente opgemerk en het geantwoord: “Ek wil ’n spesiale pionier word soos broer F——.” Die moeder het geantwoord: “Maar dis nie moontlik nie; jy kan nie eers ’n gewone pionier wees nie, want jy het nie ’n Bybelstudie nie.” Die seuntjie het gevra: “Wat kan ek doen?” Sy moeder het hom aangeraai om sy maatjies met behulp van sy eksemplaar van My boek met Bybelverhale te leer.

      Die vyfjarige seuntjie het sy Bybelverhale-boek geneem, sy vriende gaan besoek en hulle genooi om die Bybel saam met hom te bestudeer. Die gevolg?

      Hy het ’n groepie van tien bymekaargebring met wie hy kon studeer. Hy het die prentjies goed gebruik, het talle deurdringende vrae gestel en aan die einde van die studie hersieningsvrae gevra. As hulle nie kon onthou nie, het hy die materiaal weer met hulle behandel. Die moeder het verduidelik dat dit werklik ’n genot is om te sien hoe al hierdie kinders op die grond voor haar huis sit en studeer! Haar vyfjarige seun stel die vrae, en dan steek almal die hand op om te antwoord.

      Die moeder, sowel as die gemeente, was verder verheug toe agt van hierdie kinders gemeentelike vergaderinge bygewoon het. Die ander twee was nog te klein. Dit het alles gebeur omdat ’n vyfjarige Jehovah wou loof en ander wou help.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel