Lied 191
Kry die waarheid lief
1. Jehovah se weg is die beste vir men se;
Geen beter weg sal ons ooit vind.
Sy hand maak hy oop en vervul al ons wense.
Deur liefde word ons saamgebind.
Kry die waarheid lief.
Dan sien almal jou motief.
As jy volgens God se wette leef,
Het jy waarheid beslis innig lief.
2. Deur God te ver eer,sal jy ook ongetwyfeld
Die wêreld se vriend- skap verloor.
Maar die wat nie glo,vind dit uiters verbasend
Dat God se smal weg jou bekoor.
Kry die waarheid lief.
Wêreldneigings moet jou grief.
As jy egter nader kom aan God,
Het jy waarheid beslis innig lief.
3. Die Dui wel laat lyk hierdie wêreld be geer lik;
Hy maak van mis-leiding gebruik.
Die skild van geloof is gewis on ontbeerlik
As ons al sy planne wil fnuik.
Kry die waarheid lief.
Satan handel soos ’n dief.
As jy God se wapenrusting neem,
Het jy waarheid beslis innig lief.
4. Die vlees is so swak en die hart is ver dorwe—
Dis waarteen die Christen moet stry.
Met God as jou Vriend en met deugde verworwe,
Sal jy wel die oorhand kan kry.
Kry die waarheid lief.
Dink en handel positief.
As jy selfbeheersing openbaar,
Het jy waarheid beslis innig lief.