Lied 122
Gedra jou soos “’n mindere”
(Lukas 9:48, NW)
1. Gelukkig is diéwat vandag
Op God se woorde ag gee.
Hul werk geniet die Heer se seën;
Sy gees sal hulle krag gee.
Maar ons is almal onvolmaak,
Dus moet ons ned’rig strewe
Om ons aan God te onderwerp,
Want hy is so verhewe.
2. ‘Gedra jou soos ’n min de re’,
Sê Jesus aan sy knegte.
Dit werk groot eenheid in die hand
En dit voorkom gevegte.
Hy laat ’n goeie voorbeeld na.
Niks gee hom groter vreugde
As onderdanigheid aan God
Van weë Sy vele deugde.
3. Ons hoort mekaar dan voor te gaan
In ware eerbetoning.
Selfs Jesus het homself verlaag,
Dus het ons geen verskoning.
Die laaste broer behoort aan God,
En elkeen het ’n gawe.
Laat ons voortaan die minste wees;
Ons is tog immers slawe.
4. Die hoofskapreëling toon dat ons
Net liefde moet beklemtoon.
Ja,nooit moet ons onsself verhoog
Deur woord of daad of stemtoon.
God gee sy gees om ons te help;
Sy liefde is oorvloedig.
As ons intiem met God verkeer,
Word ons steeds meer ootmoedig.