-
VelddiensvergaderingeKoninkryksbediening — 1987 | November
-
-
Velddiensvergaderinge
2-8 NOVEMBER
Hoe sal jy
1. nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’ inlei?
2. die huisbewoner by bespreking van tekste betrek?
9-15 NOVEMBER
Aanbieding van die Ware Vrede-boek
1. Hoe sal jy ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik?
2. Watter gedagtes uit die boek kan beklemtoon word?
3. Gestel die huisbewoner het reeds een. Wat dan?
16-22 NOVEMBER
Aanbieding van die Ware vrede-boek
1. Hoe sal jy die boek aanbied?
2. Watter glanspunte kan jy beklemtoon?
23-29 NOVEMBER
Getuieniswerk gedurende vakansietyd
1. Hoe gaan jy lektuur aanbied?
2. Watter tydskrifartikels gaan jy beklemtoon?
-
-
Onderwerp vir GesprekkeKoninkryksbediening — 1987 | November
-
-
Onderwerp vir Gesprekke
Godsdiens wat werklik waarde het.
2 Tim. 3:1, 2, 5—’n Blote gedaante van aanbidding is nie genoeg nie.
Joh. 4:23—Godsdiens wat God goedkeur.
-
-
Soek eers die KoninkrykKoninkryksbediening — 1987 | November
-
-
Soek eers die Koninkryk
1 Elke redelike mens wil ’n lang lewe onder vreedsame toestande geniet. Dit is ’n normale begeerte wat verwesenlik kan word deur ‘eers die koninkryk te soek’ (Matt. 6:33). Maar pleks van die Koninkryk te soek, doen mense vandag soveel dinge wat die lewe minder genotvol maak. Onmatigheid en uitspattighede is skynbaar aan die orde van die dag. Bedreigings vir die lewe self is volop. Ontwrigtende geweld en burgerlike onluste het na dele van die aarde versprei wat eens vir ’n rustiger leefwyse bekend was.
2 Ons weet nogtans dat as ’n persoon ‘eers die koninkryk soek’, sy lewe vir altyd beïnvloed sal word. Jehovah sal sy dae verleng en jare tot sy lewe voeg.—Spr. 3:1, 2.
WAARDEVOLLE HULP
3 Gedurende November sal ons ons daarop toelê om mense te help om die Koninkryk te soek en die lewe as doelwit na te street deur die boek Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R2,00 vir hulle aan te bied. Wat ’n voorreg het ons om ander op hierdie manier te help! Ons wil voorberei wees met gesprekpunte wat regskapenes se belangstelling kan wek en daartoe kan bydra dat hulle sien hoe hierdie publikasie hulle sal help om eers die Koninkryk van God te soek en om blywende vrede te verkry. Wat kan ons sê?
4 As die huisbewoner godsdienstig voorkom, kan jy, nadat jy jouself voorgestel het, moontlik sê: “Mense wat daarin belangstel om hulle lewenswyse te verbeter, toon dit moontlik deur ’n spesifieke godsdiens aan te hang. Maar baie wat dit doen, is steeds ongelukkig. Waarom is dit so? Die Bybel gee ons hierdie antwoord: [Lees 2 Timotheus 3:1, 2, 5.] Dit is duidelik uit wat ons hier lees dat ’n blote gedaante van aanbidding nie genoeg is nie. Wat verwag God dus van ons? Let op die antwoord wat hier in Johannes 4:23 gegee word: [Lees.] Die boek Ware vrede en veiligheid —Hoe kan jy dit vind?, sal jou help om meer te leer oor die godsdiens wat werklik betekenis het. Kan ek hierdie boek teen R2,00 by jou laat?”
5 Wanneer die Ware Vrede-boek aangebied word, kan jy dalk die voorwoord van die uitgewers lees. Of jy kan kortliks na hoofstuk 3 gaan om die aanbieding van die boek by die ‘Onderwerp vir gesprekke’ in te skakel. Aangesien miljoene mense wêreldwyd aan vrede en veiligheid dink, is hierdie aanbieding hoogs tydig.
6 Jy vind miskien ’n huisbewoner wat taamlik besig is. In hierdie geval kan jy sê: “Die najaging van vrede en veiligheid sal waarlik ’n belangrike deel wees van die godsdiens wat God goedkeur. Kan ek jou hierdie boek aanbied wat daarop gemik is om jou vertroud te maak met die talle verwysings na blywende vrede en veiligheid wat in die Bybel gevind word? Dit is joune vir net R2,00.”
ONS DOEL
7 Ons doel is om opregte mense te help om van Jehovah te leer en hulle te beweeg om eers die Koninkryk te soek en ware vrede en veiligheid te vind. Dit sal hulle hoop op die lewe onder regverdige toestande versterk. Die aanbieding van die Ware vrede-boek met sy duidelike, direkte en nogtans aantreklike styl sal ons help om ons doel te bereik. Laat ons ons bediening met geesdrif vervul!
-
-
Help onbedrywige personeKoninkryksbediening — 1987 | November
-
-
Help onbedrywige persone
1 Een van Jesus se gelykenisse handel oor ’n herder wat 99 skape laat staan om een wat verdwaal is te gaan soek. Onthou jy wat hy gesê het sou gebeur as die een wat verdwaal is, gevind word? “En as [die herder] hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die negen-en-negentig wat nie verdwaal het nie” (Matt. 18:13). Talle gemeentes het sulke blydskap ervaar toe onbedrywige persone na die kudde van God teruggekeer het.
2 Gedurende die afgelope paar jaar is ekstra pogings aangewend om diegene wat onbedrywig geword het te help. Opsieners het die verantwoordelikheid om op die hele kudde ag te gee (Hand. 20:28). Daarom het hulle die inisiatief geneem om onbedrywige persone te besoek. Baie het gevolglik op hierdie liefdevolle pogings gereageer en het weer bedrywige Koninkryksverkondigers geword. Is daar nog party in julle gemeente wat in die laaste jare onbedrywig geword het? Wat kan gedoen word om hulle te help?
WAT GEDOEN KAN WORD
3 Die diensopsiener en die sekretaris gee die leiding in die koördinering van pogings om na onbedrywige persone om te sien. Die ouere manne moet hulle sake so reël dat hulle die eerste besoek kan doen. In sommige gevalle sal die onbedrywige persoon dit moontlik waardeer dat iemand ’n Bybelstudie met hom hou. Dan kan die diensopsiener besluit wie aangewys moet word om die studie te hou. Miskien sal die een wat oorspronklik met die persoon gestudeer het of iemand wat hy geken en gerespekteer het in ’n goeie posisie wees om te help. As dit ’n hele gesin is, kan ’n ouereman
-