Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/99 bl. 4
  • Bedieningsknegte lewer waardevolle diens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bedieningsknegte lewer waardevolle diens
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Bedieningsknegte lewer waardevolle diens
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Bedieningsknegte—’n Seën vir Jehovah se volk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Bedieningsknegte—Behou ’n voortreflike reputasie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Watter rol speel die bedieningsknegte?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 3/99 bl. 4

Bedieningsknegte lewer waardevolle diens

1 “Hulle [het] getoon dat hulle waarlik toegewyde manne is wat hulle geloof geopenbaar het in ywerige Koninkryksdiens en in hulp aan ander sodat dié sterk in die geloof kan wees.” Dit is wat Georganiseer om ons bediening te vervul, op bladsy 57, oor bedieningsknegte sê. Die geestelike voorbeeld wat ons bedieningsknegte stel, is inderdaad navolgenswaardig. As ons saam met hulle en met die ouer manne werk, bevorder dit “die groei van die liggaam vir sy eie opbouing in liefde”.—Ef. 4:16.

2 Bedieningsknegte verrig ’n noodsaaklike funksie in die gemeente. Dink aan al hulle waardevolle dienste! Hulle sien om na die rekeninge, lektuur, tydskrifte, intekeninge en gebied; dien as saalwagters, behartig die klanktoerusting en help om die Koninkryksaal in stand te hou. Hulle behartig dele op die Teokratiese Bedieningskool en die Diensvergadering. Van hulle hou selfs openbare toesprake of neem die leiding met party van die gemeentelike vergaderinge. Soos lede van die fisiese liggaam verrig bedieningsknegte dienste wat ons nodig het.—1 Kor. 12:12-26.

3 As ander sien hoe bedieningsknegte met wedersydse respek en begrip harmonies met die ouer manne saamwerk as deel van ’n liggaam van knegte, moedig dit hulle aan om dieselfde te doen (Kol. 2:19). Deur week na week getrou hulle verantwoordelikhede na te kom en deur ’n persoonlike belangstelling in ander te toon, dra hulle by tot ’n gemeente wat geestelik vooruitgaan.

4 Wat kan ons doen om ons waardering vir die hardwerkende bedieningsknegte te toon? Ons moet weet wat hulle toegewese pligte is en toon dat ons gewillig is om saam te werk wanneer ons hulp nodig is. Ons kan deur woord of daad vir hulle wys dat ons hulle werk waardeer (Spr. 15:23). Diegene wat ten behoewe van ons hard werk, verdien opregte erkenning.—1 Tess. 5:12, 13.

5 God se Woord sit die rol en vereistes van bedieningsknegte uiteen (1 Tim. 3:8-10, 12, 13). Hulle waardevolle heilige diens is onontbeerlik vir die werking van die gemeente. Sulke manne verdien ons voortdurende aanmoediging terwyl hulle “volop het om in die werk van die Here te doen”.—1 Kor. 15:58.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel