-
AankondigingsKoninkryksbediening — 1999 | Januarie
-
-
Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R19,00, of saam met Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R11,50. Februarie: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek, of enige ouer boek met 192 bladsye wat julle in voorraad het teen ’n bydrae van R1,00. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek, of enige ouer boek met 192 bladsye wat julle in voorraad het teen ’n bydrae van R1,00. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies met die Kennis-boek te begin. April: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou Vereis-brosjures byderhand vir belangstellendes en probeer om tuisbybelstudies te begin.
◼ Alle gedoopte verkondigers wat die week van 18 Januarie by die Diensvergadering is, sal ’n “Advance Medical Directive/Release”-kaart ontvang en hulle kinders ’n “Identity”-kaart.
◼ “Hoe werklik is God vir jou?” is die tema van die nuwe openbare toespraak wat kringopsieners vanaf Februarie, en nie later as 1 Maart nie, sal hou.
◼ Gemeentes moet reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Donderdag, 1 April, ná sononder te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die Gedenkmaalembleme om te stuur. Doen by plaaslike bronne navraag om te bepaal hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit dalk nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes dalk ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Ons wil voorstel dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen programme gelaat word sodat daar tyd sal wees om besoekers te groet, nuwe belangstellendes aan te moedig en sodat ons ten volle by die geleentheid baat kan vind. Daar moet ook aandag geskenk word aan verkeers- en parkeerprobleme, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal werk.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 1999-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 18 April, gehou word. Die onderwerp van die toespraak sal wees: “Ware vriendskap met God en jou naaste”. ’n Skets sal voorsien word. Gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Die spesiale toespraak moenie voor 18 April 1999 in enige gemeente gehou word nie.
◼ Die Genootskap wil hulle opregte waardering uitspreek vir almal wat verlede jaar, gedurende die politieke onrus in Lesotho, so vinnig gereageer het en mildelik noodlenigingsvoorrade vir ons broers voorsien het.
Ons spesiale Tydskrifdag sal op 10 April 1999 wees. In die verlede het baie dit geniet om aan die bedrywighede op ons spesiale Tydskrifdag deel te neem. Begin gerus nou al reëlings tref sodat julle vanjaar ’n volle deelname daaraan kan hê. Gemeentes moet spesiale tydskrifbestellings so gou moontlik instuur.
-
-
Aanpassing in die uurvereistes vir pioniersKoninkryksbediening — 1999 | Januarie
-
-
Aanpassing in die uurvereistes vir pioniers
1 Ons almal waardeer dit om hardwerkende gewone en hulppioniers in die gemeente te hê. Selfs waar die gebied beperk is en gereeld gedek word, stel die pioniers ’n goeie voorbeeld deur hulle ywerige Koninkryksdiens. Hulle moedig al die verkondigers aan om te bly soek na diegene wat die ‘regte gesindheid het’.—Hand. 13:48.
2 Die Genootskap is bewus van die toenemende probleme waarvoor pioniers te staan kom, veral om ’n deeltydse werk te kry wat hulle in staat sal stel om goed in hulle eie behoeftes te voorsien, sodat hulle in die voltydse diens kan bly. Die huidige ekonomiese situasie in baie lande het dit ook vir ander al hoe moeiliker gemaak om die pionierdiens te betree, al is dit hulle opregte begeerte. Gedurende die afgelope maande is hierdie en ander faktore noukeurig ondersoek.
3 In die lig hiervan het die Genootskap die uurvereiste vir gewone en hulppioniers verminder. Met ingang van die 1999-kalenderjaar sal die uurvereiste vir gewone pioniers 70 uur elke maand wees, of altesaam 840 uur vir die jaar. Die maandelikse vereiste vir hulppioniers sal 50 uur wees. Die uurvereiste vir spesiale pioniers en sendelinge bly onveranderd, aangesien die Genootskap in hulle basiese materiële behoeftes help voorsien. Hulle kan dus meer aandag aan hulle predikings- en dissipelmaakwerk skenk.
4 Ons vertrou dat hierdie aanpassing in die uurvereistes meer pioniers sal help om aan hierdie kosbare diensvoorreg vas te hou. Dit sal ook baie meer verkondigers in staat stel om die gewone en hulppionierdiens te betree. Wat ’n seën sal dit tog nie vir almal in die gemeente wees nie!
-