Lied 140
Wag op Jehovah
1. Dis deur u goedertierenheid,
O Heer,dat ons bestaan!
O,mag u goedheid ons oorstraal
Wyl ons op u weg gaan.
2. U barmhartigheid,o God,
Is elke môre nuut.
Oorvloedig is die tere sorg
Wat u u knegte bied.
3. Dis goed dat ’n gesonde man
Die juk dra in sy jeug.
Dat hy in stilte wag op God
En Hom aanbid met vreug.
4. Jehovah God,u is ons deel.
Mag ons u altyd dien
Met liefde en sagmoedigheid,
En so die lewe sien.