Lied 175
Die hemele vertel die eer van God
1. Die hem’le roem die glorie van Jehovah.
Die uitspansel ver-tel van God se heerlikheid.
Dag stort vir dag ’n boodskap uit;
Nag spreek tot nag van kennis,mag en majesteit.
2. Volmaak is al die wette van Jehovah,
En sy getui’nis gee ons wysheid van omhoog.
Sy voorskrif maak die hart so bly.
Die rein gebod van onse God verlig ons oog.
3. Die vrees vir God is rein en bly vir ewig.
Jehovah se ver- ordeninge bly steeds waar;
Dis beter as die fynste goud.
Dit sal ons voed soos heuning soet,en is nooit swaar.
4. Ons dank u vir u wette,woord,bevele,
Want in die onder- houding daarvan is groot loon.
O,mag ons denke en ons spraak
U hart verbly en seën verkry,Heer op die troon.