Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Liefde met die eerste oogopslag—en vir altyd daarna!
    Ontwaak! – 1991 | September 22
    • hierdie wetenskaplike gegewens te voorskyn kom, is seker dat dit van die grootste belang is dat ’n patroon van liefde en vertroue en aanvaarbare perke in elke gesin ingestel word en dat ’n klomp tegniese besonderhede nie werklik saak maak nie. Die ware doel van dissipline, ’n woord wat van dieselfde Latynse grondwoord as dissipel afgelei is, is nie om weerbarstige kinders te straf nie, maar om hulle te leer en te lei en hulle te help om innerlike perke by hulle in te prent.”

      Hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen wat jy doen

      ’n Artikel oor dissipline in The Atlantic Monthly het met hierdie woorde begin: “’n Mens kan verwag dat ’n kind hom goed gedra slegs as sy ouers leef volgens die waardes wat hulle die kinders leer.” Die artikel het verder die waarde van innerlike perke getoon: “Tieners wat hulle goed gedra, het dikwels ouers wat self verantwoordelik, eerlik en gedissiplineerd is—wie se lewe strook met die waardes wat hulle voorstaan en wat hulle kinders aanmoedig om hulle voorbeeld te volg. Toe die goeie tieners, as ’n deel van die ondersoek, aan probleemtieners blootgestel is, was daar nie ’n permanente uitwerking op hulle gedrag nie. Hulle ouers se waardes was te diep by hulle ingeskerp.” Dit is soos die spreuk sê: “Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.”—Spreuke 22:6.

      Ouers wat probeer het om onvervalste waardes by hulle kinders in te skerp, maar wat self nie daarvolgens lewe nie, het geen sukses gehad nie. Hulle kinders “kon nie daardie waardes deel van hulle maak nie”. Die studie het bewys dat “die mate waarin die ouers self die waardes toepas wat hulle hulle kinders probeer leer die deurslaggewende faktor is”.

      Dit is soos die skrywer James Baldwin gesê het: “Kinders het nog nooit baie goed na hulle ouers geluister nie, maar hulle het hulle nog altyd nagevolg.” As jy jou kinders liefhet en jy hulle die beste waardes wil leer, moet jy die heel beste metode gebruik: Wees jy die voorbeeld van jou eie onderrigting. Moenie soos die skrifgeleerdes en die Fariseërs wees wat deur Jesus as huigelaars veroordeel is nie: “Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie” (Mattheüs 23:3). Of soos diegene aan wie die apostel Paulus beskuldigend hierdie vrae gestel het: “Jy dan, wat ’n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy?”—Romeine 2:21.

      Baie mense beskou die Bybel vandag as uitgedien en sy riglyne as onprakties. Jesus het daardie standpunt betwis met hierdie woorde: “Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders” (Lukas 7:35). Die volgende verhale van gesinne uit baie lande bewys dat hierdie woorde waar is.

  • Kinderopvoeding in alle wêrelddele—ouersorg deur liefde, dissipline, voorbeeld en geestelike waardes
    Ontwaak! – 1991 | September 22
    • Kinderopvoeding in alle wêrelddele—ouersorg deur liefde, dissipline, voorbeeld en geestelike waardes

      OUERS uit verskeie lande het verslae ingestuur oor hoe hulle hul kinders suksesvol van kleins af tot ná hulle tienderjare grootgemaak het. Hulle is almal Getuies van Jehovah en daarom beklemtoon hulle verslae die behoefte daaraan om aandag te skenk aan die vier gebiede wat in die titel hierbo gemeld word. Die uittreksels wat hier weergegee word, illustreer net ’n paar aspekte van gesinsopvoeding.

      Uit Hawaii

      “Soos die Bybel sê, is liefde die ‘grootste’ eienskap. Liefde in al sy kosbare fasette moet in die huis en die gesin uitgestraal word. Ek en Carol het hierdie goddelike eienskap in ons huwelik aan die dag gelê. Ons is na aan mekaar. Ons hou daarvan om bymekaar te wees. Ek kan dit nie oorbeklemtoon dat die vernaamste sleutel tot suksesvolle kinderopvoeding ’n gelukkige egpaar is nie.

      “Ek onthou vandag nog die sterk gevoelens wat in my hart opgekom het gedurende die dae en die weke ná ons

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel