Vrae van lesers
▪ Laat Jehovah se Getuies die gebruik van outoloë bloed (selfoortapping) toe, soos wanneer hulle eie bloed bewaar en later weer in hulle teruggetap word?
Medici tref dikwels ’n onderskeid tussen homoloë bloed (wat van ’n ander persoon kom) en outoloë bloed (die pasiënt se eie bloed). Dit is alom bekend dat Jehovah se Getuies nie bloed van ander mense aanvaar nie. Maar wat van die gebruik van outoloë bloed, ’n term wat in verband met verskeie prosedures gebruik word?
Party van hierdie prosedures is onaanvaarbaar vir Christene, omdat hulle onteenseglik met die Bybel bots, maar ander laat vrae ontstaan. Toe die Bybel geskryf is, was oortappings en ander soortgelyke mediese gebruike van bloed natuurlik onbekend. God het nogtans riglyne gegee wat sy knegte in staat stel om te besluit of sekere mediese prosedures waarby bloed betrokke is hom moontlik sal mishaag.
God se beslissing is dat bloed lewe voorstel en dus heilig is. Hy het beveel dat geen mens sy ]ewe meet onderhou deur bloed in te neem nie. God het byvoorbeeld gesê: “Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel woes. . . . Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie” (Genesis 9:3, 4; Levitikus 7:26, 27). Volgens die Lewegewer was die enigste aanvaarbare gebruik van bloed dié vir offerdoeleindes: “Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie.”—Levitikus 17:11, 12.
Hoewel Christene nie onder die Mosaïese Wet is nie, sê die Bybel dat dit ‘noodsaaklik’ is dat ons ons ‘van bloed onthou’ en dit as heilig beskou (Handelinge 15:28, 29). Dit is verstaanbaar, want die offerandes onder die Wet het Christus se bloed, God se voorsiening waardeur ons die ewige lewe kan verkry, afgeskadu.—Hebreërs 9:11-15, 22.
Wat moes volgens die Wet met bloed gedoen word as dit nie vir offerdoeleindes gebruik is nie? Ons lees dat wanneer ’n jagter ’n dier doodgemaak het vir kos, hy “die bloed daarvan [moes] laat uitloop en dit met grond [moes] toemaak” (Levitikus 17:13, 14; Deuteronomium 12:22-24). Die bloed moes dus nie vir voeding of ander doeleindes gebruik word nie. As dit uit ’n lewende wese geneem en nie vir offerdoeleindes gebruik is nie, moes dit weggedoen word deur op die aarde, God se voetbank, uitgegooi te word.—Jesaja 66:1; vergelyk Esegiël 24:7, 8.
Dit skakel ongetwyfeld een algemene gebruik van outoloë bloed uit—dat ’n pasiënt se eie bloed voor ’n operasie getap, bewaar en later in hom teruggetap word. So ’n prosedure behels die volgende: Voor elektiewe chirurgie word ’n paar eenhede van ’n persoon se heelbloed in ’n bloedbank geberg of word die rooi selle geskei, bevries en bewaar. Wanneer dit dan lyk asof die pasiënt gedurende of na die operasie bloed nodig het, kan sy eie bewaarde bloed weer in hom teruggetap word. Kommer wat tans oor bloedgedrae siektes heers, het hierdie gebruik van outoloë bloed gewild gemaak. Jehovah se Getuies aanvaar egter NIE hierdie prosedure nie. Ons besef al lank dat sulke bewaarde bloed beslis nie meer ’n deel van die persoon is nie. Dit is geheel en al uit hom verwyder, en daarom meet dit weggedoen word ooreenkomstig God se wet: “Op die grond meet jy dit uitgooi soos water.”—Deuteronomium 12:24.
In ’n ietwat verskillende proses kan outoloë bloed van ’n pasiënt na ’n bloeddialiseapparaat (kunsnier) of ’n hartlongpomp afgekeer word. Die bloed vloei deur ’n buis na die kunsorgaan wat dit pomp en filtreer (of oksigeneer), waarna dit na die pasiënt se bloedvatstelsel terugkeer. Party Christene laat dit toe mits die toerusting nie met bewaarde bloed voorgevoer word nie. Hulle beskou die eksterne buise as ’n verlenging van hulle bloedvatstelsel sodat bloed deur ’n kunsorgaan kan vloei. Hulle meen dat die bloed in hierdie geslote stroomkring steeds ’n deel van hulle is en dat dit nie nodig is om dit ‘uit te gooi’ nie.a
Maar sê nou die sirkulasie van sulke outoloë bloed word kortliks onderbreek, soos wanneer ’n hartlongmasjien afgeskakel word terwyl die chirurg koronêre-omleidingsoorplantings nagaan?
In werklikheid val die Bybelse klem nie op die kwessie van ononderbroke sirkulasie nie. Selfs wanneer iemand nie ’n operasie ondergaan nie, kan sy hart ’n rukkie gaan staan en dan weer begin klop.b Dit sal nie nodig woes om sy bloedvatstelsel leeg te tap en sy bloed weg te doen net omdat die bloedsirkulasie tydens die hartstilstand onderbreek is nie. ’n Christen wat moet besluit of hy sal toelaat dat sy bloed deur die een of ander eksterne apparaat afgekeer word, meet dus nie die moontlikheid van ’n kort onderbreking in die sirkulasie as die hoofsaak beskou nie, maar eerder of sy gewete hom sal toelaat om die afgekeerde bloed steeds as ’n deel van sy bloedvatstelsel te beskou.—Galasiërs 6:5.
Wat van geïnduseerde bloedverdunning? Party chirurge glo dat dit voordelig is dat ’n pasiënt se bloed tydens ’n operasie verdun word. Wanneer die operasie begin keer hulle dus ’n sekere hoeveelheid bloed na opgaarsakke buite ’n pasiënt se liggaam of en vervang hulle dit met bloedvrye vloeistowwe; later word die bloed toegelaat om uit die sakke na die pasiënt terug te vloei. Aangesien Christene nie toelaat dat hulle bloed bewaar word nie, het party dokters hierdie prosedure aangepas en die toerusting in ’n stroomkring opgestel wat voortdurend aan die pasiënt se bloedvatstelsel gekoppel is. Party Christene het dit aanvaar, ander het dit geweier. Weer eens moet elke individu besluit of hy die bloed wat in so ’n bloedverdunningstroomkring afgekeer word as soortgelyk aan die bloed sal beskou wat deur ’n hartlongmasjien vloei, en of hy dit as bloed sal beskou wat hom verlaat het en dus weggedoen moet word.
’n Laaste voorbeeld van hoe outoloë bloed gebruik kan word, behels die herwinning en hergebruik van bloed tydens ’n operasie. Toerusting word gebruik om bloed uit die wond op te suig, dit uit te pomp deur ’n filter (om klonte of weefselpuin te verwyder) of ’n sentrifugeermasjien (om vloeistowwe te elimineer) en dit dan in die pasiënt te laat terugvloei. Talle Christene was baie bekommerd oor die moontlikheid dat die bloedsirkulasie tydens sulke herwinning kortliks onderbreek kan word. Maar soos reeds gemeld, is dit van groter Bybelse belang of die bloed wat in ’n snywond inloop steeds ’n deel van die persoon is. Beteken die feit dat die bloed uit die bloedvatstelsel in die wond ingeloop het dat dit ‘uitgegooi’ moet word, soos die bloed wat in Levitikus 17:13 gemeld word? As ’n individu meen dat dit die geval is, sal hy waarskynlik nie sulke bloedherwinning toelaat nie. Maar ’n ander Christen (wat ook nie sal toelaat dat bloed uit hom uitvloei, ’n tyd lank bewaar word en later weer in hom teruggetap word nie) besluit dalk dat ’n stroomkring met herwinning uit ’n chirurgiese wond en voortdurende terugtapping nie sy opgeleide gewete sal skend nie.
Soos ons kan sien, neem die toerusting of tegnieke vir die gebruik van outoloë bloed voortdurend toe. Ons kan nie en moenie probeer om kommentaar op elkeen te lewer nie. Dit is elke Christen se verantwoordelikheid om besonderhede by medici te verkry en dan ’n persoonlike besluit te neem wanneer hy voor ’n vraag op hierdie gebied te staan kom.
Hoewel ons hier heelwat oor die mediese aspekte gesê het, is die godsdienstige kwessies die belangrikste. Wanneer ’n Christen helderheid probeer kry oor enige twyfel of vrae aangaande mediese prosesse waarby bloed betrokke is, moet die belangrikste faktore wees dat hy geloof toon, dat hy God se bevel eerbiedig om hom ‘te onthou van bloed’ en dat hy ’n goeie gewete behou. Waarom? Omdat die mees fundamentele manier waarop lewens met bloed gered kan word nie deur die mediese tegnologie is nie, maar deur die reddingskrag van Christus se bloed. Die apostel Paulus het geskryf: “Deur die bloed van sy Seun is ons verlos” (Efesiërs 1:7, NAV; Openbaring 7:14, 17). Terwyl die moderne geneeskunde ons kan help om ons lewe ’n ruk lank te verleng, sal ons beslis nie ons huidige lewe wil verleng deur enigiets te doen wat ons Christengewete sal skend of ons Lewegewer sal mishaag nie.—Mattheüs 16:25; 1 Timotheüs 1:18, 19.
[Voetnote]
a Kyk The Watchtower van 15 Junie 1978, bladsy 30.
b Dit kan die gevolg woes van ’n hartaanval, ’n elektriese skok of ernstige hipotermie, soos wat deur onderdompeling in yskoue water veroorsaak kan word.
[Prent op bladsy 31]
Met ’n hartlongapparaat behels die stroomkring die volgende: (1) buis vanaf die pasiënt se bloedvatstelsel; (2) herwinningsuigpompe; (3) borrel-oksigeneerder; (4) holvesel-hemofilter; (5) hoofrolpomp; (6) terugvoerbuis na pasiënt se bloedvatstelsel