-
Diocletianus val die Christelike godsdiens aanDie Wagtoring – 1992 | Junie 15
-
-
veral die tweede edik, duidelik toon (2 Thessalonicense 2:3, 4, NW; Handelinge 20:29, 30; 2 Petrus 2:12). Teen die vierde eeu was afvallige gebruike ’n algemene verskynsel. ’n Aansienlike aantal beweerde Christene was lede van die Romeinse leër. Was daar op daardie tydstip geen Christene wat getrou was aan “die patroon van gesonde woorde” wat hulle van die apostels ontvang het nie?—2 Timotheüs 1:13, NW.
Eusebius noem sommige van die slagoffers van die vervolging by name en beskryf op aanskoulike wyse selfs hulle marteling, lyding en uiteindelike marteldood. Ons weet nie op die oomblik of al hierdie martelare getrou gesterf het aan die geopenbaarde waarheid wat destyds beskikbaar was nie. Sommige het ongetwyfeld gehoor gegee aan Jesus se waarskuwings om sektes en onsedelikheid te vermy en om onder geen omstandighede hulle onkreukbaarheid prys te gee nie (Openbaring 2:15, 16, 20-23; vgl. NW; 3:1-3). Sommige getroues wat die vervolging oorleef het, het ongetwyfeld, sover dit die geskiedenis betref, onbekend gebly (Mattheüs 13:24-30). Die pogings om openbare Christelike aanbidding te smoor was inderdaad so geslaag dat ’n Spaanse monument van daardie tyd Diocletianus vereer as die een wat ‘die Christus-bygeloof vernietig het’. Pogings om kopieë van die Skrif te konfiskeer en te vernietig, wat ’n belangrike aspek van Diocletianus se aanval op die Christelike godsdiens was, het nietemin nie daarin geslaag om God se Woord heeltemal uit te roei nie.—1 Petrus 1:25.
Omdat Satan die Duiwel, die owerste van die wêreld, nie daarin kon slaag om die Christelike godsdiens heeltemal uit te wis nie, het hy sy slinkse dade deur middel van keiser Konstantyn, wat vanaf 306 tot 337 G.J. geregeer het, voortgesit (Johannes 12:31; 16:11; Efesiërs 6:11, voetnoot in NW). Heidense Konstantyn het nie die Christene beveg nie. Hy het dit eerder raadsaam geag om heidense en Christelike opvattings in ’n nuwe staatsgodsdiens saam te smelt.
Wat ’n waarskuwing bevat dit tog vir ons almal! Wanneer ons voor wrede vervolging te staan kom, sal ons liefde vir Jehovah ons help om nie ons onkreukbaarheid ter wille van enige tydelike fisiese verligting prys te gee nie (1 Petrus 5:9). Ons sal eweneens nie toelaat dat ’n tydperk van vrede ons Christelike lewenskrag verswak nie (Hebreërs 2:1; 3:12, 13). As ons streng by Bybelbeginsels hou, sal ons lojaal bly aan Jehovah, die God wat sy volk kan verlos.—Psalm 18:25, 48, NW.
-
-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 1992 | Junie 15
-
-
Vrae van lesers
Hoe beskou Jehovah se Getuies die koop van gesteelde goedere?
Christene vermy dit om doelbewus enige aandeel te hê in die koop van gesteelde handelsware of materiale.
Om te steel, is beslis verkeerd. God se Wet aan Israel het onomwonde gesê: “Jy mag nie steel nie” (Exodus 20:15; Levitikus 19:11). As ’n dief gevang is, moes hy, na gelang van die omstandighede, tweevoudig, viervoudig of vyfvoudig daarvoor vergoed.
Van die vroegste tye af het diewe al probeer om van gesteelde goedere ontslae te raak om ’n vinnige wins te maak en om nie met die bewys van hulle skuld betrap te word nie. Gevolglik verkoop hulle dikwels gesteelde goedere teen ’n lae prys wat baie kopers moeilik vind om van die hand te wys. So ’n praktyk was dalk betrokke by wat ons in Exodus 22:1 lees: “As iemand ’n bees of ’n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ’n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir ’n stuk kleinvee.”
Rabbi Abraham Chill besef die implikasies in sulke wette en skryf: “Om gesteelde goedere te koop of te aanvaar word verbied selfs al weet jy nie dat dit gesteel is nie. Daarom moet ’n mens nie ’n bok van ’n
-