Lied 83
Sion se rede tot vreugde
1. Jehovah het ’n nasie;
Dis onlangs eers gebaar.
’n “Land”is ook gebore;
Daar vrees ons geen gevaar.
Die Sion in die hemel
Het skielik seuns gebaar.
Bevry van ba rens weë
Het sy geen pyn ervaar.
(Refrein)
2. Die koms van hierdie nasie
Bring vreugde ongekend.
Hul sorg vir God se kudde
En maak Sy wil bekend.
Die seuns van hierdie Sion
Moet beef vir God se woord.
Hul preek en leer vrymoedig;
En lewe onverstoord.
(Refrein)
3. God het besluit om nasies
In hierdie dag te skud.
Die skatte van die nasies
Moet nou Gods guns benut.
Vir hul is dit ’n voorreg
Om God se naam te prys.
Hul lewe met die hoop op
’n Aardse paradys.
(Refrein)
Wees bly en juig saam met die vrou van God,
Want aan haar Man verskaf sy net genot.
Haar seuns op aarde moet as teken dien
Wyl God se “dienskneg”spys op tyd voorsien.sien.