Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sal jy aan die waarheid vaskleef?
    Die Wagtoring – 1987 | Maart 15
    • vgl. NW). Wat was die oorsaak van hierdie slegte gesindheid?

      Die mense het toegelaat dat hulle opinie van Jesus gevorm word deur die godsdiensleiers wat hom gehaat het omdat hy hulle aan die kaak gestel het as valse leraars wie se dade nie geklop het met hulle bewerings dat hulle die ware God verteenwoordig nie. Jesus het reguit vir hulle gesê: “Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering? Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.”—Mattheüs 15:3, 7-9.

      Die godsdiensleiers het Jesus en die waarhede wat hy verkondig het so intens gehaat dat hulle saamgesweer het om hom dood te maak. Hulle het ook alles in hulle vermoë gedoen om die mense teen hom op te stook. Vandag staan talle godsdiensleiers Jehovah se Getuies net so heftig teë. En soos in die geval van die vroeë Christene word daar ook oral ‘gespreek teen’ die Getuies. Maar is dit verstandig om toe te laat dat hierdie algemeen verbreide teenstand jou denke beïnvloed?

      Dieselfde Skriftuurlike waarhede oor God se Koninkryk wat Jesus en sy apostels verkondig het, word vandag deur Jehovah se Getuies bekendgemaak. Honderdduisende mense dwarsoor die wêreld aanvaar hierdie goeie nuus ondanks hewige teenstand van vriende, familie en godsdiensleiers. Diegene wat die Koninkryksboodskap aanvaar, het hulle daarvan vergewis dat dit die waarheid is, en hulle is vasbeslote om daaraan vas te kleef.

      Waarom sal jy dan soos daardie persone in die eerste eeu wees wat hulle deur ander laat beïnvloed het om die lewegewende Skriftuurlike waarhede wat die ongewilde volgelinge van Jesus Christus aan hulle verkondig het te verwerp? Gaan eerder voort om die Bybel saam met die Getuies te bestudeer en gebruik die geskrewe Woord van God om jou daarvan te vergewis dat wat jy leer inderdaad die waarheid is (Johannes 8:32). En kleef met God se hulp aan die waarheid vas.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1987 | Maart 15
    • Vrae van lesers

      ■ Wat word bedoel in 2 Samuel 18:8, wat sê: “Die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het”?

      Koning Dawid se aantreklike seun Absalom het die troon wederregtelik in besit geneem en sy vader gedwing om uit Jerusalem te vlug. In die bos van Efraim (moontlik oos van die Jordaanrivier) het daar toe ’n geveg plaasgevind tussen Absalom se magte en dié wat lojaal was aan Jehovah se gesalfde koning, Dawid. Die verhaal in 2 Samuel 18:6, 7 berig dat Dawid se manne 20 000 rebelle in die verwoede stryd gedood het. Die volgende vers 2Sa 18:8 voeg ten dele by: “En die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het.”

      Sommige het aan die hand gedoen dat dit betrekking het op hoe wilde diere wat in die bos woon die opstandige soldate verslind het (1 Samuel 17:36; 2 Konings 2:24). Maar dit hoef nie op so ’n letterlike vertering deur diere te sien nie, net so min as wat “die swaard” die gesneuweldes letterlik verteer het. Die geveg is in werklikheid “uitgebrei oor die oppervlakte van die hele land”. ’n Waarskynliker verklaring is gevolglik dat Absalom se manne wat op die vlug gejaag is en wat paniekbevange deur die rotsagtige bos gevlug het moontlik in kuile en versteekte skeure geval en in die digte ruigte verstrengel geraak het. Dit is interessant dat die verhaal verder vertel hoe Absalom self ’n slagoffer van die bos geword het. Dit was klaarblyklik as gevolg van sy baie hare dat sy kop in ’n groot boom vasgehaak het sodat hy hulpeloos blootgestel is aan ’n noodlottige aanval deur Joab en sy manskappe. Absalom se lyk is ‘in die bos in ’n groot kuil gegooi en ’n baie groot hoop klippe is bo-op hom gestapel’.—2 Samuel 18:9-17.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel