Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/97 bl. 10
  • Leer ander wat God vereis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer ander wat God vereis
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Vertrou op Jehovah om dinge te laat groei
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Verkondig die goeie nuus van die koninkryk met brosjures
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 4/97 bl. 10

Leer ander wat God vereis

1 Baie mense kan nog gevind word wat geestelik daarvan beroof is “om die woorde van die HERE te hoor” (Amos 8:11). Hoewel party glo dat God bestaan, is hulle onbewus van sy voorneme en vereistes. Dit is dus nodig dat ons hulle lewensreddende Koninkrykswaarhede leer. As ons behoorlik toegerus en voorbereid is om by elke geleentheid te getuig, kan ons diegene bereik wat wil leer wat Jehovah vereis.

2 Gedurende April en Mei sal ons baie tydige nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! hê om te versprei. Laat ons ’n intekening by elke geleentheid aanbied. Daarbenewens sal ons vir die eerste keer die brosjure Wat vereis God van ons? aanbied. Die treffende prente en gedagteprikkelende vrae laat hierdie brosjure by baie ingang vind. Die volgende wenke word gegee om ons te help om ons uitstekende publikasies doeltreffend te gebruik.

3 Soek na mense: In gebiede waar baie mense nie tuis is wanneer ons van huis tot huis gaan nie, blyk dit voordelig te wees om mense te soek en met hulle te praat waar hulle ook al gevind word. Die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 1996 het ons aangespoor om die goeie nuus oral te verkondig—op straat, op openbare vervoer en in parke, parkeerterreine en sakegebied. Dit het ons ook bewus gemaak van die nodigheid om geleenthede te skep om informeel te getuig. As ’n voorbeeld hiervan het ’n pioniersuster na die dieretuin toe gegaan en ’n voorraad van die Ontwaak! van 8 Augustus 1996 saamgeneem met die reeks “Bedreigde spesies—Waarom besorgd wees?” Binne ’n uur het sy 40 eksemplare by ’n hele paar baie waarderende diereliefhebbers gelaat! Watter welslae het jy tot dusver behaal terwyl jy die goeie nuus oral verkondig? Die Wagtoring en Ontwaak! sowel as die Vereis-brosjure is veral geskik vir alle soorte getuieniswerk omdat hulle inligting bevat wat mense se lewens raak en denkvermoë stimuleer.

4 Hoe om gesprekke te begin: Die agterste bladsy van Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996 gee besonderhede oor hoe om jou eie aanbieding van Die Wagtoring en Ontwaak! voor te berei. Dieselfde wenke sal goed werk wanneer jy jou aanbieding van die Vereis-brosjure voorberei. Wat ons sê, kan so kort wees soos ’n paar sinne of lank genoeg om ’n skriftuurlike gedagte in te sluit. Dit is belangrik om die inleidende woorde versigtig te kies, aangesien dit kan bepaal of die persoon wat jy nader, sal aanhou luister. Party het met hierdie inleidende kommentaar sukses behaal: “Ek het ’n artikel gelees wat vir my aanmoedigend was, en ek sal dit ook graag vir jou wil wys.” Of ’n interessante vraag kan gevra word om die persoon in ’n gesprek te betrek.

5 As dit in jou gebied gepas is, kan jy hierdie maand vrae soos die volgende in jou aanbiedings probeer vra:

◼ “Deesdae sien ons soveel graffiti, vullis en besoedeling. Wat sal dit verg om die aarde skoon te maak en dit ’n beter plek te maak om in te lewe?” Wag vir ’n antwoord, en verduidelik dan dat jy inligting het wat ons verseker van hoe en wanneer die aarde ’n aardwye tuin gaan word. Verwys na ’n spesifieke kommentaar, ’n kort teks en ’n kleurvolle prent uit een van die jongste tydskrifte, en bied dit dan saam met die medetydskrif vir die persoon aan om te lees teen ’n bydrae van R2,00. Meld dat baie mense wat dit geniet om ons tydskrifte te lees daarop inteken. Verduidelik die intekeningreëling. Voordat jy die gesprek beëindig, moet jy probeer reël om dit op ’n ander tyd voort te sit.

◼ “Dink jy dat dit God se voorneme was dat ons ’n lewe lei wat gevul is met die soort probleme waarvoor ons vandag te staan kom?” Nadat die persoon geantwoord het, kan jy sê: “Jy ken waarskynlik die gebed wat Jesus sy volgelinge leer bid het waarin ons vra dat God se Koninkryk moet kom. Het jy al nagedink oor presies wat die Koninkryk van God werklik is?” Blaai na les 6 in die Vereis-brosjure en lees die vrae wat aan die begin van die les gevra word. Wys dan die antwoord op die eerste vraag terwyl jy paragraaf 1 lees. Verduidelik dat die res van die vrae op net so ’n bondige wyse beantwoord word. Bied die brosjure teen ’n bydrae van R1,20 aan en reël om hom weer te besoek om meer inligting oor die Koninkryk te bespreek.

◼ “Baie denkende mense begin die godsdienste van die wêreld beskou as die oorsaak van die mens se probleme eerder as die oplossing daarvan. Wat dink jy daarvan?” Nadat jy na die persoon se beskouing geluister het, kan jy iets uit een van die jongste tydskrifte wys wat dalk sy belangstelling sal wek in die mislukking van valse godsdiens of die naderende ondergang daarvan. Vra of hy dit graag wil lees. Gee hom jou naam en vra wat syne is, en bied aan om weer met hom in aanraking te kom sodat jy kan verduidelik waarom die ware godsdiens die mensdom nie in die steek gelaat het nie.

◼ “Met soveel probleme in die gesinslewe vandag, het jy al ooit gewonder wat die geheim is om gesinsgeluk te verkry?” Wag vir ’n antwoord, en verduidelik dat God in die Bybel die ware geheim van gesinsgeluk openbaar. Jy kan dalk Jesaja 48:17 lees. Blaai dan na les 8 in die Vereis-brosjure en vestig die aandag op ’n paar van die Bybelverse wat aangegee is en wat betroubare leiding vir elke lid van die gesin voorsien. Lees die lys vrae aan die begin van die les. Vra of die persoon graag die antwoorde daarop wil lees. Indien wel, kan jy vir hom die brosjure teen ’n bydrae van R1,20 aanbied. Bied aan om op ’n ander keer terug te kom om nog van die Bybel se praktiese raad vir ’n gelukkige gesinslewe met hom te bespreek.

6 Die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 1997 het ons aangespoor om vrymoedigheid bymekaar te skraap om herbesoeke te doen. Dit het aanbeveel dat ons die Vereis-brosjure gebruik om Bybelstudies, indien nie met die eerste besoek nie, dan tydens die herbesoek te begin. Die mensdom se grootste behoefte is om te leer wat God vereis en dit dan te doen (Kol. 1:9, 10). Ons sal ander gedurende April en Mei grootliks bevoordeel as ons hulle kan begin leer wat ons weet omtrent Jehovah se vereistes vir lewe.—1 Kor. 9:23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel