Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/01 bl. 8
  • Jehovah gee krag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah gee krag
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah gee die vermoeide krag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • ‘Vra na Jehovah en sy sterkte’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Jehovah sal jou krag gee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Kry nuwe krag, moenie moeg word nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 2/01 bl. 8

Jehovah gee krag

1 Wat is jou indrukke van die apostel Paulus? Wanneer ons die boek Handelinge lees, besef ons hoe ywerig hy in Jehovah se diens was. Hoe het Paulus dit reggekry om soveel te doen? Hy het gesê: “Vir alles is ek sterk genoeg deur hom wat my krag gee” (Fil. 4:13). Ons kan ook baat vind by die krag wat Jehovah gee. Hoe? Deur gebruik te maak van ses voorsienings wat hy vir ons maak om geestelik verkwik en versterk te word.

2 God se Woord: Net soos ons moet eet om fisies sterk te bly, moet ons ons met God se Woord voed om geestelik aan die lewe te bly (Matt. 4:4). Die Bybel gee ons die krag om voort te gaan. As ons ons ywer en geesdrif vir die waarheid wil behou, moet ons elke dag, indien moontlik, betekenisvolle persoonlike studie doen en daaroor peins.—Ps. 1:2, 3.

3 Gebed: Dit is belangrik om na aan Jehovah te kom, veral wanneer ons beproef word. Deur middel van sy gees gee hy versterkende krag aan diegene wat hom in gebed daarvoor vra (Luk. 11:13; Ef. 3:16). Die Skrif moedig ons aan om ‘vol te hou met gebed’ (Rom. 12:12). Doen jy dit?

4 Die gemeente: Ons put ook krag en bemoediging uit gemeentelike vergaderinge en uit die hartlike assosiasie wat ons daar met ons broers en susters geniet (Heb. 10:24, 25). Wanneer ons verontrus is, bemoedig hulle ons en staan hulle ons liefdevol by.—Spr. 17:17; Pred. 4:10.

5 Die veldbediening: Gereelde deelname aan die bediening help ons om ons gedagtes gerig te hou op die Koninkryk en die seëninge daarvan. Dit beur ons op wanneer ons ander help om van Jehovah te leer (Hand. 20:35). Nie almal van ons kan verhuis om te gaan dien waar daar hulp nodig is of aan die voltydse bediening deelneem nie, maar ons kan op ander maniere ’n betekenisvolle deelname aan die bediening hê.—Heb. 6:10-12.

6 Christenopsieners: Ons vind baat by die aanmoediging en die hulp wat die ouer manne voorsien. Jehovah het hulle die toewysing gegee om as herders toesig te hou oor die kudde van God wat onder hulle sorg is (1 Pet. 5:2). Reisende opsieners bou die gemeentes op wat deur hulle bedien word, net soos Paulus in sy dag gedoen het.—Rom. 1:11, 12.

7 Voorbeelde van getroues: Dit versterk ons om die positiewe voorbeelde te ondersoek van getroue medewerkers, van die ou tyd en vandag (Heb. 12:1). Lees gerus een van die bemoedigende lewensverhale in ons tydskrifte, ’n opbouende verslag in die jaarboek of van die opwindende verslae van die hedendaagse geskiedenis van Jehovah se Getuies in die Verkondigers-boek wanneer jy versterking nodig het.

8 Een broer, wat nou in sy middelnegentigerjare is, het die waarheid as ’n jong seun aangeneem. Hy was nog jonk toe sy geloof op die proef gestel is. Eerstens het party ywerige lede van die gemeente Jehovah se organisasie verlaat. Dan was daar die huis-tot-huis-getuieniswerk, wat vir hom moeilik was. Hy het nogtans altyd op Jehovah vertrou. Hy het spoedig die bediening begin geniet. En vandag? Ondanks swak gesondheid is hy steeds ’n lid van die Bethelgesin in Brooklyn en dien hy op die Bestuursliggaam. Hy is glad nie spyt dat hy by Jehovah se organisasie gebly het nie.

9 ’n Suster wat ’n lid van die Bethelgesin in Brittanje is, is gedoop toe sy 13 jaar oud was. Die volgende jaar het sy saam met haar broer aan die pionierdiens begin deelneem, en die jaar daarna is haar pa weens sy neutraliteit gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die tronk gesit. Sy het aangehou om haar tot Jehovah te wend vir krag, en sy het voortgegaan om die ware God te dien. Mettertyd het sy met ’n getroue broer getrou, en saam het hulle aangehou om Jehovah se wil te doen. Ná 35 jaar van getroude lewe het haar man skielik gesterf. Sy het haar weer eens tot Jehovah gewend vir krag, en sy volhard nog steeds terwyl sy daarna uitsien om vir ewig as ’n lid van Jehovah se aardse gesin te dien.

10 Jehovah ondersteun en versterk sy getroue knegte. “Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.” Ons kan krag uit hierdie onbeperkte bron put deur gebruik te maak van al ses voorsienings wat hierbo genoem word. Onthou: “Die wat op die HERE wag, kry nuwe krag. . . . Hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie” (Jes. 40:29-31). Paulus het volkome op Jehovah vertrou vir krag, en ons moet ook.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel