Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 12/15 bl. 28-29
  • “Seën Jehovah”—Waarom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Seën Jehovah”—Waarom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Moenie die goddeloses beny nie
  • Gehoorsaam “die Allerhoogste”
  • Nader God
  • ‘Jehovah het Koning geword!’
  • “Halleluja!”
  • Glanspunte uit die Derde en Vierde Boek van Psalms
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Bybelboek nommer 19—Psalms
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Glanspunte uit die Eerste Boek van Psalms
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Geïnspireerde liedere wat vertroos en onderrig
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 12/15 bl. 28-29

Bybelglanspunte Psalm 73 tot 106

“Seën Jehovah”​—Waarom?

Wie van ons kan ondankbaar wees wanneer ons dink aan alles wat Jehovah vir ons gedoen het, steeds doen en nog gaan doen? Ons harte behoort ons inderdaad te beweeg om ons God te seën. Dat ons oorgenoeg rede het om Jehovah te seën, word goed beklemtoon in Boeke Drie en Vier van die Psalms. Terwyl ons nou Psalm 73 tot 106 bespreek, kan jy jouself afvra: ‘Watter redes het ek persoonlik om Jehovah te seën?’

Moenie die goddeloses beny nie

Lees asseblief Psalm 73 tot 77. Hierdie psalms word toegeskryf aan Asaf, klaarblyklik met inbegrip van sy seuns. Asaf erken dat hy die goddeloses beny het​—totdat hy tot besinning gekom het (Psalm 73). Daarna word Jerusalem se vernietiging betreur (Psalm 74). Daarna volg dankbetuigings aan die God wat vrees inboesem’, gevolg deur ’n gebed tot die “groot God” om sy geteisterde volk te onthou.​—Psalm 75-77, vgl. NW.

♦ 73:24​—In watter “heerlikheid” het Jehovah die psalmis opgeneem?

Totdat die psalmis besef het dat ‘dit goed is om naby God te wees’, het hy gemeen dat die goddeloses beter daaraan toe is as die regverdiges (Psalm 73:2-12, 28). Omdat hy hom deur God se “raad” laat lei het, is hy opgeneem in “heerlikheid”, dit wil sê, guns by Jehovah, ’n geseënde verhouding met Hom.

♦ 76:6, NW (Vers 7 in Afrikaanse Bybel)​—Hoe het “die strydwaryer” en “die perd” ‘aan die slaap geraak’?

Die Israeliete is geleer om op Jehovah te vertrou pleks van op perde en strydwaens (Psalm 20:8; Spreuke 21:31). Hulle het geen rede gehad om die perde en strydwaens met sense van hulle vyande te vrees nie, want Jehovah kon hulle vyande kragteloos maak, hulle ‘aan die slaap laat raak’. Dit sinspeel hier op “’n ewige slaap”​—die dood self (Jeremia 51:39). Dit behoort ’n waarskuwing te wees vir hedendaagse wêreldleiers wat op hulle wapens vertrou.​—Psalm 76:13.

Les vir ons: Psalm 75 bevat ’n waarskuwing teen hoogmoed wanneer dit sê: “Verhef julle horing nie” (Vers 6). Die horing was ’n simbool van krag, mag (Deuteronomium 33:17). As ’n mens jou horing verhef het, het jy hoogmoedig opgetree. Die psalmis waarsku die goddeloses hier om nie aanmatigend en verwaand te raak weens hulle oënskynlik veilige magsposisie nie, want Jehovah sal “die horings van die goddelose mense stukkend breek” (Psalm 75:11). Hierdie wete spoor God se knegte aan om getrou aan hom te bly ondanks die oënskynlike voorspoed van die goddelose.​—Vergelyk Psalm 144:11-15a.

Gehoorsaam “die Allerhoogste”

Lees asseblief Psalm 78 tot 83. Hier is nog van Asaf se psalms. Die lesse van Israel se geskiedenis word verhaal (Psalm 78). Dan word die verwoesting van die tempel betreur, gevolg deur ’n gebed dat Israel herstel moet word (Psalm 79, 80). Na ’n lied wat vertel van verlossing deur God en wat sy volk aanspoor om hom te gehoorsaam, is daar smeekbedes dat Jehovah oordeel aan verdorwe regters en aan Israel se vyande moet voltrek.​—Psalm 81-83.

♦ 82:1​—Hoe hou God gerig “te midde van die gode”?

“Die gode” was klaarblyklik die regters van Israel. Hulle is gode genoem omdat hulle baie regterlike mag besit het. Jehovah, as die Opperregter, het die goddelike reg gehad om tussen sulke regters in te kom en hulle tereg te wys omdat hulle nie volgens sy wet geoordeel het nie.​—Jesaja 33:22; Psalm 82:2-4.

♦ 83:10-16​—Was die psalmis wraaksugtig?

Glad nie. Hy het gebid dat Jehovah die oordeel moet voltrek aan sy “haters” (Vers 3). Ander nasies sou aldus leer dat die God wie se naam Jehovah is inderdaad ‘die Allerhoogste oor die hele aarde is’ (Vers 19). Hierdie magsvertoon sou meebring dat God se naam, Jehovah, oor die hele aarde verheerlik word.

Les vir ons: Die feit dat Jehovah diegene wat hom gehoorsaam ryklik beloon, word aangedui deur die verwysing na “die vet van die koring” (Psalm 81:16, NW; vers 17 in Afrikaanse Bybel). Hier word die woord “vet” figuurlik gebruik om die beste aan te dui. (Vergelyk Psalm 63:6.) As die Israeliete ‘na Jehovah se stem geluister het’, sou hy hulle geseën het met “die vet van die koring”​—die beste, die keurigste dinge (Psalm 81:12; Deuteronomium 32:13, 14). As ons eweneens ‘na Jehovah se stem luister’, sal hy ons ryklik seën.​—Spreuke 10:22.

Nader God

Lees asseblief Psalm 84 tot 89. Die psalmis spreek ’n hunkering na God se huis uit (Psalm 84). Dan vra ballinge wat teruggekeer het dat God se toorn teruggetrek word (Psalm 85). Dawid bid om leiding en beskerming, met die vertroue dat Jehovah sy gebede sal verhoor (Psalm 86). ’n Lied oor diegene wat ‘in Sion gebore is’, word gevolg deur die smeekbede van ’n geteisterde (Psalm 87, 88). Dan is daar ’n psalm wat Jehovah se goedertierenheid, soos getoon in die verbond met Dawid, beklemtoon.​—Psalm 89.

♦ 84:4​—Waarom word voëls gemeld?

Die psalmis, ’n Levitiese afstammeling van Korag, het na Jehovah se “grootse tabernakel” gesmag (Verse 1,2, NW). Maar daar was tienduisende Leviete. Slegs een keer elke ses maande sou ’n afdeling van die Leviete die toewysing ontvang om ’n week by die tabernakel te werk. Selfs voëltjies het daarenteen ’n meer permanente tuiste by die heiligdom gehad deur hulle neste daar te bou. Hoe bly sou die psalmis tog wees om Jehovah te loof deur eweneens permanent in Jehovah se huis te woon!

♦ 89:50​—Wat is hierdie “goedertierenhede”?

Die uitdrukking “goedertierenhede” sien op die Koninkryksverbond met al sy aspekte. In moeilike tye was dit gepas dat Israeliete Jehovah se aandag op hierdie beloftes vestig, nie omdat hulle aan die verbond getwyfel het nie, maar deur op grond daarvan beroepe op God te doen.

Les vir ons: Psalm 85 beklemtoon die dinge wat ons na God se nuwe stelsel moet laat smag. Materiële seëninge word slegs kortliks gemeld (Vers 13). Die vernaamste klem is op geestelike seëninge: goedertierenheid, trou, geregtigheid en vrede (Verse 11-14). Jehovah probeer nie ons materialistiese begeertes aanwakker nie, maar toon dat die geestelike seëninge van die nuwe stelsel die sterkste dryfkrag vir ons moet wees.

‘Jehovah het Koning geword!’

Lees asseblief Psalm 90 tot 100. Moses vergelyk God se ewigheid met die mens se kort lewensduur, en dan beklemtoon hy Jehovah as ons bron van veiligheid (Psalm 90, 91). Jehovah se voortreflike hoedanighede word geprys, en daaropvolgende psalms beklemtoon God se mag, goedertierenheid en geregtigheid, sowel as die Koninkrykstema.​—Psalm 92-100.

♦ 90:10​—Het Moses dan nie baie langer as 80 jaar gelewe nie?

Moses, wat 120 jaar geleef het, was nie tipies van mense in die algemeen nie. Die geteldes “van twintig jaar oud en daarbo” van die ongelowige geslag wat uit Egipte gekom het, sou binne 40 jaar sterf, ver binne die perke wat deur Moses gemeld is (Numeri 14:29-34). Die kommentaar dat Moses se ‘oog nie verswak was en sy krag nie vergaan het’ ten tye van sy dood nie, toon dat hy God se onderskragende krag geniet het.​—Deuteronomium 34:7.

♦ 95:3​—Hoe is Jehovah ’n “Koning bo al die gode”?

As die Universele Soewerein is Jehovah oppermagtig en Koning oor al die valse gode in die sin dat hy ver bo hulle verhewe is. Daar is eenvoudig geen vergelyking tussen Jehovah God en enige engele of enigiets anders, met inbegrip van denkbeeldige valse gode, wat deur sommige aanbid word nie.

Les vir ons: Psalm 91 beklemtoon nog ’n rede wat ons het om Jehovah te seën​—“die skuilplek van die Allerhoogste” (Vers 1). Dit is ’n plek van geestelike veiligheid, van beskerming teen geestelike skade, vir diegene wat die vereistes nakom wat in hierdie psalm gemeld word. Die mense van die wêreld, diegene wat nie geestelike insig het nie, weet nie daarvan nie. Die feit dat dit die skuilplek “van die Allerhoogste” is, toon dat ons alleen daar skuiling sal vind as ons Jehovah se kant van die geskil oor universele heerskappy verdedig.

“Halleluja!”

Lees asseblief Psalm 101 tot 106. Dawid beskryf hier die wyse waarop hy landsake behartig het (Psalm 101). ’n Geteisterde bid tot Jehovah om ‘Sion op te bou’ (Psalm 102). Beroepe om ‘Jehovah te seën’ volg in psalms wat die aandag vestig op God se barmhartigheid, grootsheid en skeppingswerke. Ons vind hier ook die eerste van meer as 20 plekke in die Psalms waar die uitdrukking “halleluja” of “loof Jah!” voorkom (Psalm 103, 104). Laastelik loof twee geskiedpsalms Jehovah vir sy dade ten behoewe van sy volk.​—Psalm 105, 106.

♦ 102:26​—Wie het “die aarde gegrondves”?

Die psalmis het van God gepraat, maar die apostel Paulus het hierdie woorde op Jesus Christus toegepas (Hebreërs 1:10, 11). Hierdie woorde is in werklikheid ook op Jesus van toepassing, want hy het as Jehovah se Agent opgetree by die skepping van die heelal (Kolossense 1:15, 16). Daar kan dus ook gesê word dat Jesus “die aarde gegrondves” het.

♦ 103:14​—Wat word deur “maaksel” aangedui?

Die woord wat hier met “maaksel” weergegee word, hou verband met die werkwoord “om te formeer”, wat in Genesis 2:7 gebruik word, en met die selfstandige naamwoord “pottebakker”, wat gebruik word vir iemand wat met klei werk (Jesaja 29:16; Jeremia 18:2-6). Die psalmis herinner ons gevolglik aan die feit dat Jehovah, die Groot Pottebakker, ons sagkens hanteer met die wete dat ons so broos soos erdekruike is.​—Vergelyk 2 Korinthiërs 4:7.

♦ 104:4, NW​—Hoe maak Jehovah ‘sy engele geeste’?

Aangesien engele reeds geesskepsele is, kan dit nie op geesliggame betrekking hê nie. Die woord “gees” kan egter ook “wind” of “werkende krag” beteken. God kan gevolglik sy engele as magtige werkers gebruik om sy wil te laat geskied. Hulle kan ook as skerpregters gebruik word​—as “vuurvlamme”. Dit is gerusstellend vir Christene om te weet dat hulle predikingswerk deur sulke magtige engele gesteun word.​—Vergelyk Openbaring 14:6, 7.

Les vir ons: Psalm 106 help ons om te besef dat opstandige Korag, Datan en Abiram Moses se posisie as administrateur van God se nasie beny het (Psalm 106:16; Numeri 16:2-11). Op die ou end is die opstand verpletter deur “’n vuur” wat onder die rebelle “gebrand” het (Psalm 106:18). Die gevare van hoogmoed en afguns word hier beslis duidelik getoon. As iemand vandag opkom teen Jehovah se aangestelde knegte kan hy hom eweneens Sy misnoeë op die hals haal.​—Hebreërs 13:17; Judas 4, 8, 11.

Jehovah het ons voorwaar baie gegee om voor dankbaar te wees. Moet ons nie, wanneer ons al die seëninge in ag neem wat hy op ons uitgestort het, doen wat die psalmis ons aangespoor het om te doen nie: “Seën Jehovah, o my siel”?​—Psalm 103:1, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel