Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • New World Translation
    Redenering uit die Skrif
    • N[ieu]-T[estamentiese] skrywers die Tetragram in die Bybelteks behou het wanneer hulle uit die Skrif aangehaal het.”—Journal of Biblical Literature, Maart 1977, bl. 77.

      Waarom is sommige verse oënskynlik weggelaat?

      Daardie verse, wat in sommige vertalings aangetref word, kom nie in die oudste beskikbare Bybelmanuskripte voor nie. As ons ander moderne vertalings, soos die nuwe Afrikaanse vertaling van 1983, The New English Bible en die Katolieke Jerusalem Bible nagaan, vind ons dat ander vertalers ook besef het dat die betrokke verse nie in die Bybel hoort nie. In sommige gevalle is woorde uit ’n ander deel van die Bybel geneem en by die teks gevoeg wat ’n afskrywer oorgeskryf het.

      As iemand sê—

      ‘Julle het julle eie Bybel’

      Jy kan antwoord: ‘Watter vertaling van die Bybel gebruik u? Is dit . . . (noem verskeie in jou taal)? Daar is baie vertalings.’ Dan kan jy byvoeg: ‘Ek sal met graagte die vertaling gebruik wat u verkies. Maar u sal dalk daarin belangstel om te weet waarom ek veral van die New World Translation hou. Dit is as gevolg van sy moderne, maklike taal, en ook omdat die vertalers die Bybelteks in die oorspronklike tale so getrou weergee.’

      Of jy kan sê: ‘U het seker ’n Bybel in die huis. Watter vertaling van die Bybel gebruik u? . . . Wil u dit gaan haal?’ Dan kan jy byvoeg: ‘Ongeag watter vertaling ons gebruik, in Johannes 17:3 het Jesus beklemtoon wat die belangrike ding is wat ons almal in gedagte moet hou, soos u hier in u eie Bybel kan sien. . . . ’

      ’n Ander moontlikheid: ‘Daar is baie vertalings van die Bybel. Ons Genootskap spoor ons aan om verskeie Bybels te gebruik sodat ons hulle met mekaar kan vergelyk en studente kan help om die werklike betekenis van die Skrif te snap. Soos u moontlik weet, is die Bybel oorspronklik in Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf. Ons waardeer dus wat vertalers gedoen het om dit in ons taal oor te sit. Watter Bybelvertaling gebruik u?’

      Nog ’n wenk: ‘U is klaarblyklik lief vir God se Woord. Daarom is ek seker dat u graag sou wou weet wat een van die groot verskille tussen die New World Translation en ander vertalings is. Dit staan in verband met die naam van die allerbelangrikste persoon wat in die Skrif gemeld word. Weet u wie dit is?’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Het u geweet dat sy persoonlike naam nagenoeg 7 000 keer in die oorspronklike Hebreeus in die Bybel voorkom—meer as enige ander naam?’ (2) ‘Maak dit saak of ons die persoonlike naam van God gebruik of nie? Wel, het u boesemvriende wie se naam u nie ken nie? . . . As ons ’n persoonlike verhouding met God wil hê, is dit belangrik om sy naam te ken. Kyk wat het Jesus in Johannes 17:3, 6 gesê (Ps. 83:18, NW).’

  • Noodlot
    Redenering uit die Skrif
    • Noodlot

      Definisie: ’n Onvermydelike en dikwels ongunstige lot. Die noodlotsleer, of fatalisme, is die opvatting dat alle gebeure deur die goddelike wil of deur ’n bomenslike mag bepaal word, dat elke gebeurtenis moet plaasvind soos dit plaasvind omdat dit voorbestem is. Nie ’n Bybelwoord of -leerstelling nie.

      Het almal ’n voorbestemde “tyd om te sterwe”?

      Hierdie opvatting was gewild onder die Grieke en Romeine. Volgens heidense Griekse mitologie was daar drie Skikgodinne wat die lewensdraad gespin, die lengte daarvan bepaal en dit afgeknip het.

      Prediker 3:1, 2 praat van “’n tyd om te sterwe”. Maar Prediker 7:17 toon dat dit nie ’n voorbestemde, vasgestelde oomblik vir die individu is nie wanneer dit vermaan: “Wees nie alte goddeloos, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd?” Spreuke 10:27 sê: “Die jare van die goddelose word verkort.” En Psalm 55:24 voeg by: “Manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie.” Wat beteken Prediker 3:1, 2 dan? Dit bespreek bloot die voortdurende lewe-en-dood-kringloop in hierdie onvolmaakte stelsel. Daar is ’n tyd wanneer mense gebore word en ’n tyd wanneer hulle sterf—gewoonlik nie op ’n hoër

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel