Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Jy het dit van kleintyd af geken’
    Die Wagtoring – 1998 | April 15
    • ‘Jy het dit van kleintyd af geken’

      AS ’N mens met klein kindertjies praat, het dit volgens onlangse wetenskaplike studies ’n diepgaande uitwerking op die ontwikkeling van hulle verstand, en dit vorm hulle vermoë om te dink, te redeneer en probleme op te los. Dit is veral die geval gedurende die eerste jaar van ’n baba se lewe. Die International Herald Tribune berig dat party navorsers nou van mening is dat “die aantal woorde wat ’n klein kindjie elke dag hoor op sigself die belangrikste aanwyser van latere intelligensie, sukses op skool en sosiale bevoegdheid is”.

      Die woorde moet egter deur iemand geuiter word. ’n Televisie of ’n radio is blykbaar nie ’n plaasvervanger nie.

      ’n Neurowetenskaplike aan die Universiteit van Washington in Seattle, VSA, het gesê: “Ons weet nou dat senuverbindings baie vroeg in die lewe gevorm word en dat die baba se brein letterlik wag op ondervindinge om te bepaal hoe verbindings tot stand gebring word. Ons het tot kort gelede nie besef hoe vroeg hierdie proses begin nie. Babas het byvoorbeeld die klanke van hulle moedertaal al teen die ouderdom van ses maande geleer.”

      Navorsing betwis die algemene opvatting dat babas intellektueel sal floreer as hulle bloot baie liefde kry. Dit beklemtoon ook die belangrikheid van ouers in ’n kind se ontwikkeling.

      Dit herinner ons aan die woorde van die geïnspireerde brief van die apostel Paulus aan Timoteus: “Jy [het] van kleintyd af die heilige geskrifte geken . . . , wat jou wys kan maak tot redding.” Hierdie heilige geskrifte, wat aan die kindjie Timoteus oorgedra is deur sy gelowige moeder en grootmoeder, het heel waarskynlik ’n vername rol in sy ontwikkeling as ’n voortreflike kneg van God gespeel.—2 Timoteus 1:5; 3:15.

  • Sal jy ’n besoek verwelkom?
    Die Wagtoring – 1998 | April 15
    • Sal jy ’n besoek verwelkom?

      Jy kan selfs in hierdie wêreld vol probleme geluk vind deur juiste Bybelkennis aangaande God, sy Koninkryk en sy wonderlike voorneme vir die mens op te doen. As jy graag meer inligting wil hê of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis Bybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 2.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel