Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/02 bl. 1
  • Hou aanom die Koninkryk eerste te stel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou aanom die Koninkryk eerste te stel
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Hou aan om eers die koninkryk te soek’
    Aanbid die enigste ware God
  • Bedieningsknegte—’n Seën vir Jehovah se volk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Stel Koninkryksbelange eerste
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Bedieningsknegte—Behou ’n voortreflike reputasie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 1/02 bl. 1

Hou aanom die Koninkryk eerste te stel

1 Dit is nie maklik om God se Koninkryk eerste in ons lewe te stel en dit daar te hou wanneer ons ekonomiese druk en ander probleme ondervind nie. Hoe hou ons aan om die Koninkryk eerste te stel wanneer probleme opduik? Sê nou ons word ’n werk aangebied wat vereis dat ons van die vergaderinge af wegbly of wat met ons velddiens inmeng? Moet die Koninkryk dan die tweede plek in ons lewe inneem?

2 Sterk geloof is nodig: Wanneer ons geloof onder sulke omstandighede getoets word, moet ons nie vergeet van Jehovah se belofte en Jesus se versekering dat God ons sal ondersteun as ons die Koninkryk eerste stel nie (Ps. 37:25; Matt. 6:31-34). Wêreldse invloede en druk kan ons hiervan laat vergeet en keer dat die Koninkryk vir ons van die allergrootste belang bly. Party het toegelaat dat vooruitsigte op vernaamheid by die werk of op finansiële gewin die belangrikste ding in hulle lewe word. Maar soos Paulus moet ons noukeurig bepaal wat werklik in die lewe tel.—Fil. 3:7, 8.

3 Is aanpassings nodig? ’n Verkondiger het gesê: “My hart was in my sakeonderneming—dit was my grootste liefde. Ek het gevoel dat ek nog steeds ’n Getuie kon wees, al het ek die meeste van my tyd aan sakebelange gewy.” Maar sy het die hele tyd gevoel dat sy meer in Jehovah se diens kon doen. Later het sy van die onderneming ontslae geraak wat ’n struikelblok tot haar geestelike vordering was. Toe sy haar heeltemal op die Koninkrykswerk toegespits het, kon sy sê: “Nou voel ek dat my lewe in Jehovah se oë suksesvol is, en dit is wat werklik saak maak.”

4 Dit is prysenswaardig dat baie broers loopbane in die wêreld en vooruitsigte op groter finansiële wins prysgegee het, hulle lewe vereenvoudig het en die voltydse diens betree het. Jong, ongetroude bedieningsknegte en ouer manne wat die Bedieningsopleidingskool bywoon, het dit gedoen en geniet uitstekende diensvoorregte. Hulle volg die voortreflike voorbeeld van Paulus na deur werklik tevrede te wees met basiese materiële dinge.—1 Kor. 11:1; 1 Tim. 6:6-8; Heb. 13:5.

5 Hoewel ons beskouing van die lewe dalk deur die wêreld bespot word, geniet ons Jehovah se seën (1 Kor. 1:26-31). Is dit nie bemoedigend om te weet dat hy ons soveel moontlik sal gebruik en ons sal help om sy werk te verrig nie? Ons sal nooit weer hierdie geleentheid hê om God se opgerigte Koninkryk te verkondig nie. Dit is dus nou die tyd om aan te hou om die Koninkryk eerste in ons lewe te stel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel